DIGITALE REVOLUSIE
Ons kombineer tradisionele waardes met die nuutste tegnologie sodat leer nooit ophou nie.
-
Google Classroom: Jou klaskamer in jou sak. Toegang tot notas, opdragte en hulpbronne – enige tyd, enige plek.
-
Die Wolkskool: ’n Wêreldklas aanlyn platform vir ekstra hulp of om op te vang as jy ’n klas gemis het. Gratis vir al ons leerders.
-
Die “Omgekeerde Klaskamer” (Gr. 10–12): Ons verander die manier van leer! Leerders verken inhoud tuis via videolesse (insluitend mnr. Drico Snyman se kundige video’s) en gebruik klastyd vir praktiese probleemoplossing en diep dink.
EKSTRA ONDERSTEUNING
Niemand word agtergelaat nie. Ons bied persoonlike aandag waar dit die meeste tel.
Akademiese Uur (Woensdae 14:00 – 15:00)
Elke Woensdag is ons personeel beskikbaar. Geen afspraak nodig nie, stap net in vir gratis hulp met moeilike konsepte of om jou selfvertroue ‘n hupstoot te gee.
Wiskundesentrum (Maandae 14:00 – 15:00)
Wiskunde is die taal van die toekoms. Sedert 2016 bied ons gratis ekstra klasse aan wat fokus op praktiese oefeninge en onmiddellike terugvoer.
Matriek-Fokus
Ons matrikulante kry daardie ekstra voorsprong met:
-
Kwartaallikse Verrykingsure: Intensiewe sessies om leerinhoud te verdiep.
-
Eksklusiewe Winterskool: ‘n Fokusweek in die Junie-vakansie vir sleutelvakke soos Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde en meer.
JOU KOMPAS VIR DIE TOEKOMS
Ons help jou om die regte keuses te maak lank voordat jy die skoolhekke verlaat.
-
Vakkeuses met Visie: In Graad 9 help ons jou met aanlegtoetse, loopbaanuitstallings en inligtingsaande om die regte pad vir Graad 10 te kies.
-
Loopbaangereedheid: Van studiemetodekursusse tot besoeke deur universiteite en motiveringsprekers – ons berei jou voor vir die lewe ná skool.
-
Akademiese Olimpiades: Vir die leerders wat hulself teen die bestes in die land wil meet.
Adv. Johann vd Westhuizen (Oud-Oosie)
- Voormalige regter van die Konstitusionele Hof en gerespekteerde akademikus
- Speel ’n sleutelrol in die opstel van Suid-Afrika se 1996-Grondwet
- 1999: Aangestel as regter van die Hoër Hof deur president Nelson Mandela
- 2004–2016: Regter van die Konstitusionele Hof (aangestel deur president Thabo Mbeki)
- 2016–2019: Inspekterende Regter van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste
Sjef Nic van Wyk (Oud-Oosie)
- Bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse sjef (Kaapstad)
- Bekend as beoordelaar op die Kokkedoor-reeks
- 2004: Mede-eienaar van restaurant Terroir saam met sjef Michael Brighton
- 2014: Open Diemersdal Farm Eatery
- 2017: Open Haute Cabrière
- 2022: Publiseer kookboek “Nic van Wyk – Brood & Botter: ’n Lewe van kook”
- Werk tans as gasvryheidskonsultant en is betrokke by verskeie restaurantprojekte
Alex van Houwelingen (Oud-Oosie)
- Bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder
- Wenner van die ATKV-Woordveertjie (2019) vir illustrasies in Spaghetti tussen jou tone deur Jaco Jacobs
- Werk saam met bekende Afrikaanse skrywers – Jaco Jacobs
- Illustreer verskeie kinder- en jeugboeke
- Bekend vir sy kreatiewe en veelsydige illustrasiestyl (waterverf, ink, ens.)
- Vryskut-illustreerder ná studies in Inligtingsontwerp aan UP
- Een van die talentvolste illustreerders in Afrikaanse kinderboeke
- Oorlede in 2020 ná ’n stryd teen kanker
Lynette ten Krooden (Oud-Oosie)
- Voltydse Suid-Afrikaanse kunstenaar (skilderkuns en keramiek)
- Internasionaal uitgestal, o.a Majlis Gallery (Dubai)
- Werk 20+ jaar saam internasionale galerye
- Sy fokus op temas soos aarde, geologie, fossiele en antieke beskawings
- Haar uitstalling “The Golden Year” het haar 60ste verjaardag gevier en haar lewensreis en kuns verken
- Meer as 30 solo-uitstallings gehou en wêreldwyd uitgestal
- Haar werk is in talle plaaslike en internasionale versamelings opgeneem
