
Me F Gratz (d6)
admin@oos-moot.co.za
Wat is Google Classroom?
Google Classroom is ‘n gratis webtoepassing wat deur Google ontwikkel is om opvoeders te help om dokumente te bestuur en klasinteraksie aanlyn te fasiliteer. Dit gebruik Google Workspace for Education Fundamentals, ‘n stel produktiwiteits- en opvoedkundige toepassings wat ‘n veilige basis bied vir onderrig, samewerking en kommunikasie.
📚 Hoe werk dit by Oos-Moot?
-
Toegang tot klasse: Elke leerder word deur die verskillende vakke se onderwysers uitgenooi om die aanlynklas te aanvaar. Sommige klasse is per wisselklas, en sommige klasse is per graad – dit hang af van die onderwyser, maar dit sal aan die leerders in die klasse gekommunikeer word.
-
Toegang tot die platform: Leerders kan op hul rekenaar (laptop), selfoon of beide aanteken vir Google Classroom.
-
Aanmelding: Leerders teken aan met hul skool e-posadres wat saamgestel is uit hul toelatingsnommer gevolg deur @oos-moot.co.za. Geen ander e-posadres word aanvaar nie. Die toelatingsnommer is ‘n 6-syfer getal en is beskikbaar op die d6-toep.
-
Wagwoorde: Leerders moet asseblief nie hul wagwoorde (OMleerder) verander nie.
📌 Belangrike punte vir Oosies
-
Toegang: Leerders moet hul skool e-posadres gebruik om aan te meld.
-
Wagwoorde: Moet asseblief nie die standaardwagwoord verander nie.
-
Toestelle: Toegang is beskikbaar via rekenaar, selfoon of beide.
-
Kommunikasie: Onderwysers sal kommunikeer oor hoe klasse gestruktureer is (per wisselklas of per graad).
🎥 Hulpbronne
Volg die skakels (blou knoppies) vir video’s en notas om jou te help om op Google Classroom in te teken.