Die gedragskode dien as ‘n riglyn vir die optrede van leerders. ‘n Oosie se gedrag kan dus gemeet word aan die mate waarin hy/sy die skool se gedragskode onderskryf en respekteer.
Die gedragskode van ‘n skool word verskans deur die Skolewet (Wet 84 van 1995 en die wysigings daarvan) en daar word verwag dat ‘n leerder wat by die skool inskryf en sy/haar ouers/voogde hulle vergewis van die skool se gedragskode en die bepalings daarvan.
Verder impliseer inskrywing by die skool dat die leerder en sy/haar ouer/voog die gedragskode aanvaar en nougeset sal nakom. Indien ‘n leerder die gedragskode oortree of minag, sal daar dienooreenkomstig teenoor hom/haar opgetree word.