Produksies
Oor die afgelope dekade het Oos-Moot van die wêreld se mees geliefde verhoogstukke op die planke gebring:
-
Peter Pan
-
Oklahoma
-
Beauty and the Beast
-
Fame
-
The Sound of Music
Elke produksie was ’n getuigskrif van harde werk, uithouvermoë en die buitengewone talent wat ons in ons skool se gange huisves.
Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat – 2023
In 2023 het ons kultuurharte vinniger begin klop toe Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat op Oos-Moot se verhoog tot lewe gebring is.
Hierdie wêreldbekende musiekblyspel deur Andrew Lloyd Webber en Tim Rice vertel die inspirerende Bybelverhaal van Josef – sy drome, sy veelkleurige kleed en die pad van verwerping tot oorwinning.
Na maande van voorbereiding, ure se repetisies en opoffering het die produksie oortref aan verwagtinge. Leerders het hulself oortref in sang, dans en toneelspel – ’n toonbeeld van toewyding en kreatiwiteit.
Wat lê voor?
By Oos-Moot is ons trots op ons kultuurerfenis en beplan ons reeds aan toekomstige produksies wat weer sal verras, inspireer en die Oosie-gees vier. Hier leef talent en passie nie net op papier nie, maar op die planke – in elke noot, beweging en reël.
By Oos-Moot sing en dans ons nie net vir applous nie – ons bou karakters, ontdek drome en laat stories lewe kry.