RUGBY

Oos-Moot se rugby is gesond en word versterk deur bekwame en gekwalifiseerde afrigters.   Ons rugbyspelers begin met ‘n nuwe kondisioneringsprogram onder leiding van Danie Coetzee (Springbok haker). ʼn Gimnasium op ons terrein dra by tot ons spelers se ontwikkeling. Kondisionering word 11 maande van die jaar gedoen om te verseker dat ons spelers optimaal presteer.

Ons het 11 rugbyspanne en speel jaarliks in onder andere die PUK-reeks waar ons oor die jare wenners in die verskeie oudersdomsgroepe gelewer het, die Virsekerbeker Skild afdeling en toer jaarliks na Naboomspruit vir die Hansie Week (Mauritz Hansen week) te Hans Strijdom waar ons as skool die toernooi nou 14 keer in verskeie ouderdomsgroepe gewen het. Die eerste span toer in hierdie jaar na Oakdale Landbouskool vir hulle toernooi gedurende die Maart/April skoolvakansie.  Ons het in 2014 begin om in verskeie 7’s toernooie te kompeteer.  Ons lewer ook gereeld provinsiale spelers op.

Ons bedank ons borg ABE MIDAS wat hierdie jaar die rugbyspelers se klere borg.

Die klere is op 6 April 2022 deur mnr André Potgieter, eienaar van ABE MIDAS, aan die spelers oorhandig.

Tjaart Naudé
Organiseerder
t.naude@oos-moot.co.za

HOOFBORG