VAKKE EN VAKKEUSES

Dit is vir ons belangrik dat elke leerder nie net vakke kies wat vir hulle interessant is nie, maar ook dié wat hulle gaan help om hul drome en loopbaandoelwitte te bereik.

Die vakke wat jy nou kies, kan ‘n groot invloed hê op jou toekoms – of jy wil gaan studeer, ‘n beroep volg of selfs jou eie besigheid begin. Daarom is dit belangrik om goed te dink oor jou keuses en seker te maak dat dit by jou sterkpunte en planne pas.  Ons is hier om jou te help en te ondersteun sodat jy selfvertroue het in jou keuses en voorbereid is vir wat na skool kom. Kies slim – dit is jou toekoms!

Beplan jou toekoms met Eduvelopment!
Ons skool gebruik Eduvelopment om leerders te ondersteun met vakkeuses, beroepsrigting en loopbaanontwikkeling. Alle leerders kan en behoort toegang te hê tot hierdie platform.   Volg die skakel vir die stappe om te registreer.

Hoe werk die proses?

Wat jy in ag moet neem wanneer jy vakke kies

  • Jou belangstellings: Waarvan hou jy regtig? Wat laat jou opgewonde voel? Jou vakke moet iets wees wat jy geniet en waarin jy belangstel.
  • Jou sterkpunte en vaardighede: Is jy goed met syfers? Hou jy van tale, sport, of dalk kook en bak? Jou sterk punte kan jou help om ‘n vakkeuse te maak wat by jou pas – en dalk selfs jou toekomstige beroep vorm.
  • Loopbaanrigtings: Sommige van julle het dalk al ‘n duidelike idee van wat julle ná skool wil doen, terwyl ander nog onseker is – en dis heeltemal reg so! Dit is slim om jou vakke só te kies dat jy steeds verskillende opsies oop hou. As jy byvoorbeeld oorweeg om iets in die mediese rigting te doen, kies vakke wat vir daardie moontlikheid werk.

Waardeur moet jou keuse nie beïnvloed word nie

  • Wat jou vriende neem: Moenie ‘n vak kies net omdat jou vriende dit neem nie. Julle mag dalk later in verskillende klasse wees, en dan sit jy met ‘n vak waarvan jy nie hou nie.
  • Watter vak makliker is: Maklike opsies is nie altyd die beste vir jou toekoms nie. Enige vak verg harde werk, en dis ‘n goeie gewoonte om nou al die regte ingesteldheid te hê.

Onthou: Al jou vakke (behalwe Lewensoriëntering) tel vir universiteitstoelating. Sekere kursusse het spesifieke vakke nodig, so maak seker jy doen betyds jou navorsing!

Watter vakke word aangebied en watter vakke kan jy kies

 

Verandering van vakke

Dit gaan ‘n uitdaging wees om in graad 11 of graad 12 vakke te verander, aangesien jy dan reeds agter gaan wees met die vakinhoud.  Probeer sover moontlik die regte keuse van die begin af maak deur jou belangstellings, aanleg en die loopbane waarin jy in belangstel in ag te neem.

Wat moet jy in ag neem?
Jy sal die geleentheid kry om jou vakke (uitsluitend die verpligte vakke) te kies uit die keusevakke wat die skool aanbied.  Oordink en oorweeg jou keuse dus baie goed.

Graad 10 en 11

  • ‘n Leerder mag ‘n maksimum van twee vakke verander in die tydperk van graad 10 en 11. 
  • Die sluitingsdatum vir vakveranderings is soos volg: 30 Junie (graad 10) en 31 Maart (graad 11).
  • In uitsonderlike gevalle mag ‘n graad 11-leerder een vak aan die einde van graad 11 (voor 15 Desember) verander.

Graad 12

Geen vakveranderings.

Onthou dat die onderwyser die reg het om op grond van hul kennis van die vak, wat dit vereis en of dit volgens hulle moontlik is vir jou om die agterstallige werk in te haal, jou toegang tot die vak kan weier.

VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans

Engels

Waarom Afrikaans Huistaal

Afrikaans is by ons meer as net ’n vak. As Afrikaansmediumskool is dit die sleutel tot sukses in alle vakke en help dit jou om met selfvertroue te kommunikeer.

Beroepe

Akteur, aanbieder, nuusleser, skrywer, joernalis, redakteur, kopieskrywer, kommunikasiespesialis, bemarking, skakelwerk (PR), vertaler, tolk, uitgewer, onderwyser, dosent, navorser, regte (prokureur, advokaat), besigheid en korporatiewe kommunikasie.

Assesserings:  Mondelinge take, skryfwerk, toetse en eksamens

Slaagvereiste: 50% (Graad 8–12)

Why English First Additional Language

We empower learners to think critically, communicate with confidence, and express ideas with impact.

Careers

Media, broadcasting & journalism, writing, publishing & content creation, marketing, branding & public relations, law, business & corporate communication, education & training, digital media & global industries.

Assessment:  Writing, speaking, reading & understanding, Tests, exams & projects

Pass requirements: Grade 8–9: 40% and grade 10–12: As per promotion requirements

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Hoekom Wiskunde

Wiskunde is die grondslag van logiese denke, probleemoplossing en innovasie. Dit help jou om patrone raak te sien, besluite te neem en komplekse probleme met selfvertroue aan te pak.

Wat doen ons?

Ons ontwikkel jou vermoë om analities te dink, probleme sistematies op te los en konsepte diep te verstaan – deur algebra, meetkunde, funksies, datahantering en meer.

Beroepe

Wiskunde is ’n vereiste vir baie studierigtings en maak deure oop na hoë-aanvraag beroepe:  Ingenieurswese & argitektuur, IT, datawetenskap & programmering, Rekeningkunde, finansies & ekonomie, Medies & gesondheidswetenskappe, Aktuariële wetenskappe & statistiek, Natuurwetenskappe & navorsing

Assessering:  Toetse en eksamens, probleemoplossingstake, deurlopende assessering

Slaagvereistes:  Graad 8–9: 40% en graad 10–12: Volgens bevorderingsvereistes

Hoekom Wiskundige Geletterdheid

Wiskundige Geletterdheid rus jou toe met praktiese vaardighede om alledaagse probleme op te los – van begrotings en bankstate tot tariewe en belasting.

Wat doen ons?

Ons leer jou om Wiskunde in die regte wêreld toe te pas – deur praktiese situasies, probleemoplossing en realistiese scenario’s wat jy elke dag sal gebruik bv. begrotings, belasting, bankwese, kaarte en beplanning, meting (lengte, volume, ens.), datahantering en waarskynlikheid.

Beroepe in die volgende velde:  Besigheid, bemarking & entrepreneurskap, Toerisme & gasvryheid, joernalistiek & media, gesondheidsdienste & administrasie, kreatiewe bedrywe & ontwerp, landbou & bestuur.  Ideaal vir leerders wat nie Wiskunde benodig vir spesifieke tegniese rigtings nie.

Assessering:  Toetse en eksamens, praktiese take en toepassings, deurlopende assessering.

Slaagvereistes: Graad 8–9: 40% en graad 10–12: Volgens bevorderingsvereistes

Wiskunde versus Wiskundige Geletterdheid

Wiskunde

Fokus op teorie en abstrakte denke, vereis vir ingenieurswese, medies en  IT, meer kompleks en uitdagend, werk met formules, algebra en trig,  ideaal vir akademiese/tegniese beroepe.

Kies Wiskunde as jy:  tegniese of wetenskaplike loopbane oorweeg en/of sterk is in abstrakte denke.

Wiskundige Geletterdheid

Fokus op praktiese toepassing, nie nodig vir tegniese rigtings nie, meer toeganklik en prakties, werk met regte lewensituasies, ideaal vir algemene en praktiese beroepe.

Kies Wiskundige Geletterdheid as jy:  praktiese vaardighede wil ontwikkel en/of nie Wiskunde vir jou loopbaan benodig nie.

Lewensoriëntering

Hoekom Lewensoriëntering

Lewensoriëntering help jou om jouself en die wêreld beter te verstaan. Jy leer om goeie besluite te neem, gesond te leef en met selfvertroue jou plek in die samelewing te neem.  Ons ontwikkel jou om krities te dink, verantwoordelik op te tree en voorbereid te wees vir die lewe ná skool.

Hoewel LO nie vir universiteitstoelating tel nie, ondersteun dit rigtings soos:  Sielkunde en berading, onderwys, gesondheidsdienste, regte en politiek, media en joernalistiek, sport en afrigting, maatskaplike werk.

Assessering:  Deurlopende assessering, praktiese deelname, toetse en take

Slaagvereistes: Graad 8: 40% en graad 10–12: Volgens bevorderingsvereistes

KEUSEVAKKE

Wat om in ag te neem wanneer jy vakkeuses doen.

Vakke wat saam met Wiskunde geneem moet word
Fisiese Wetenskap
Inligtingstegnologie (IT)

Vakke wat nie saam geneem mag word nie
Gasvryheidstudies en Verbruikerstudies
Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid
Kuns en Ontwerp

Wiskunde as vak
Leerders wat  Wiskunde kies, moet in graad 9 ‘n rapportpunt (Junie rapport) van ten minste 50% behaal.

Ander vakke
‘n Leerder moet ten minste 40% (3) aan die einde van graad 9 in ‘n vak behaal om dit in graad 10 te kies.
Minstens 30 leerders moet ‘n vak kies alvorens dit aangebied sal word.

Besigheidstudie

Hoekom Besigheidstudies?

Dit is ‘n praktiese vak wat jou voorberei vir die werkswêreld en alledaagse lewe. Leer hoe om besighede te begin, groei en funksioneer.  Ontwikkel entrepreneurskap, probleemoplossing en leierskapvaardighede.  Help jou om finansies, bemarking en wetgewing te verstaan en bou ’n sterk basis vir verskeie loopbane en verdere studies

Wat leer jy?

Besigheidsbestuur en entrepreneurskap, bemarking en marknavorsing, finansiële bestuur en begrotings, menslike hulpbronne en wetgewing, etiek en maatskaplike verantwoordelikheid.

Studierigtings

Algemene besigheidBCom (Algemeen), BCom Bestuurswetenskappe, BCom Ondernemingsbestuur

Finansiële rigtingsBCom Rekeningkunde,BCom Finansiële Bestuur, BCom Bestuursrekeningkunde, BCom Belasting

Bemarking & bestuurBCom Bemarking, BCom Bemarkingsbestuur, BCom Menslike Hulpbronbestuur (HR)

Logistiek & bedryf: BCom Logistiek / Voorsieningskettingbestuur, BCom Operasionele Bestuur

Ekonomie & analise: BCom Ekonomie, BCom Ekonometrie, BCom Data-analise / Besigheidsanalise

Tegnologie & besigheid:  BCom Inligtingstelsels, BCom Besigheidsinformatika

Loopbaanmoontlikhede

Bestuur & AdministrasieBestuurder (algemeen / takbestuurder), Kantoorbestuurder, Projekbestuurder

FinansiesFinansiële bestuurder, Rekenmeester / boekhouer, Bankier, Beleggingskonsultant

Bemarking & verkopeBemarkingsbestuurder, Verkoopsbestuurder, Handelsmerkbestuurder, Digitale bemarker

Menslike hulpbronneHR-bestuurder, Werwingskonsultant, Opleidings- en ontwikkelingsbeampte

Logistiek & bedryfLogistieke bestuurder, Voorsieningskettingbestuurder, Operasionele bestuurder

Besigheid & tegnologieBesigheidsontleder, Inligtingstelselsbestuurder, Data-ontleder

Entrepreneurskap:  Begin eie besigheid, Konsultant / sake-adviseur, Franchise-eienaar

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kolleges: Diplomas in Besigheidsbestuur, Bemarking, Finansies en HR.  Dit is praktiese en korter studierigtings.

Learnerships & internskappeLeer en werk terselfdertyd, geleenthede in banke, kleinhandel en administrasie.

Kort kursusse: Digitale bemarking, projekbestuur, boekhouding – aanlyn of deeltyds beskikbaar.

Entrepreneurskap:  Begin jou eie besigheid, freelance of aanlyn ondernemings

Direk werk toe: Verkope, kliëntediens, administrasie.  Groei na bestuursvlakke met ervaring.

Onthou: Baie rolle fokus op vaardighede en ervaring.

Waar kan jy studeer?

Privaat kolleges: Damelin, Boston City Campus, Rosebank College (IIE), Varsity College (IIE), Richfield Graduate Institute, Milpark Education

TVET Kolleges: Tshwane South TVET College, Tshwane North TVET College, Central Johannesburg TVET College, Ekurhuleni TVET Colleges

Professionele instansies:  ICB (Boekhouding), Sage Pastel, CIMA (Bestuursrekeningkunde)

Aanlyn leer:  GetSmarter (UCT Online), Coursera / Udemy / Alison

Onthou: Maak seker die kursus is geakkrediteer (SAQA/DHET) en kies praktiese kursusse met werksgeleenthede.

Ekonomie

Hoekom Ekonomie?

Help jou om te verstaan hoe markte en die ekonomie werk. Dit ontwikkel sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede, bou ’n goeie grondslag vir universiteit en die werkswêreld en is toepaslik in besigheid én ander sektore.

Wat leer jy?

Mikro- en makro-ekonomie, die sakesiklus en markte, publieke sektor en fiskale en monetêre beleid

Studierigtings

Kern ekonomie-grade:  BCom Ekonomie, BA Ekonomie

Gevorderde en analitiese rigtings: BCom Ekonometrie, BSc Ekonomie (by sommige universiteite), BCom Data-analise / Besigheidsanalise

Toegepaste ekonomieBCom Ontwikkelingstudies, BCom Internasionale Handel, BCom Landbou-ekonomie

Finansiële en verwante rigtingsBCom Finansiële Ekonomie, BCom Beleggingsbestuur

Ander verwante gradeBCom Politiek, Filosofie en Ekonomie (PPE), BEd (Onderwys – Ekonomie), BCom-rigtings (Beleggingsbestuur, Rekeningkunde, Bemarking), Regte en Landbou-ekonomie, Ook: Politiek, Filosofie en Omgewingsstudies

Loopbaanmoontlikhede

Ekonomie & analise:  Ekonoom, Ekonometrikus, Data-ontleder, Beleidsontleder

Finansiële sektor:  Beleggingsontleder, Bankier, Finansiële konsultant, Risikobestuurder

Regering & ontwikkeling:  Staatsamptenaar (Tesourie, SARB, departemente), Ontwikkelingskonsultant, Beleidsbeplanner

Besigheid & korporatiewe wêreld:  Besigheidsontleder, Strategiese beplanner, Marknavorsingsontleder

Internasionale geleenthede:  Werk by organisasies soos Wêreldbank, IMF, VN

Unieke beroepe:  Gedrags-ekonoom (bestudeer menslike besluite), Ontwikkelingsekonoom (armoede en groei), Omgewingsekonoom (klimaat en hulpbronne)

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat instansies: Diplomas en kursusse in Besigheidsbestuur, Finansiële bestuur / boekhouding, Bemarking en verkope, Entrepreneurskap kursusse, Bankwese en finansiële dienste.

Waar kan jy studeer?

Damelin, Boston City Campus, Varsity College, IIE (The Independent Institute of Education)

Praktiese/werksgerigte opleiding

Jy kan ook leer terwyl jy werk deur middel van internskappe by maatskappye, learnerships (veral in banke en finansiële instellings) en vakleerlingskappe in administrasie of finansies.

Dit gee jou praktiese ervaring, ’n inkomste terwyl jy leer en erkende kwalifikasies (in baie gevalle).

Kort kursusse (aanlyn of deeltyds)

Ideaal as jy vinnig vaardighede wil opbou:  finansiële geletterdheid, beleggings en handel (trading), data-analise / besigheidsanalise, entrepreneurskap en startup bestuur

Platforms: GetSmarter / UCT Online, Coursera / Udemy, Shaw Academy

Onthou:  Jy kan baie besigheids- en finansiële rolle betree met diplomas of ervaring.

Fisiese Wetenskap

Hoekom Fisiese Wetenskappe?

Ontwikkel kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede.  Help jou om die wêreld en wetenskaplike beginsels te verstaan, moedig nuuskierigheid en ondersoekende leer aan en berei jou voor vir universiteit en tegniese loopbane.

Wat leer jy?

Kombinasie van Chemie en Fisika.  In Chemie – molberekeninge, reaksies, sure en basisse, elektrochemie en in Fisika – momentum, Newton se wette, stroombane, lig en beweging.

Studierigtings

Kern wetenskaplike rigtingsBSc Fisika, BSc Chemie, BSc Toegepaste Fisika, BSc Materiaalwetenskap

Gespesialiseerde rigtingsBSc Astrofisika / Sterrekunde, BSc Kernfisika, BSc Analitiese Chemie, BSc Industriële Chemie

IngenieursrigtingsBEng Meganiese Ingenieurswese, BEng Elektriese Ingenieurswese, BEng Chemiese Ingenieurswese, BEng Siviele Ingenieurswese

Omgewings- en toegepaste rigtingsBSc Omgewingswetenskap, BSc Geologie, BSc Atmosferiese Wetenskappe

Ander verwante grade: BSc Farmaseutiese Wetenskappe, BSc Metallurgie, BSc Energie-studies

Loopbaangeleenthede

Fisiese Wetenskap:  Chemie, Fisika, Biochemie, Mikrobiologie, Omgewingswetenskappe

Ingenieurswese:  Meganiese ingenieurswese, Siviele ingenieurswese, Elektriese ingenieurswese, Chemiese ingenieurswese

Mediese en Gesondheidsrigtings:  Geneeskunde (dokter), Fisioterapie, Apteker (Pharmacy), Radiografie, Tandheelkunde, Dieetkunde

Tegnologie en Spesialisvelde:  Astrofisika, Lugvaart (aviation), Datawetenskap (party universiteite vereis dit), IT/Ingenieurs-verwante velde

Landbou en Omgewing:  Plantteling (Plant Breeding), plantproduksie, Horti-kultuur (Horticulture), Agronomie, Veekunde (Animal Science), Dierevoeding, Pluimveewetenskap, Landbou-biotechnologie, Grondkunde (Soil Science), Besproeiing en waterbestuur, Omgewingsbestuur, Bosbou, Besigheid en bestuur in landbou, Landboubestuur, Landbou-ekonomie, Navorsing en ontwikkeling.

Praktiese/tegniese beroepe:  Elektrisiën, Tegnikus, Bou- en konstruksievelde

Aanbevelings:  Minstens 50% in Wiskunde en Wetenskap.  Goeie begrip van konsepte en deursettingsvermoë.

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

TVET Kolleges (praktiese opleiding):  Diplomas en sertifikate in Elektriese ingenieurswese, Meganiese ingenieurswese, Bou- en siviele konstruksie, Instrumentasie en tegniese werk.  Dit is baie prakties en werksgerig.

Vakleerlingskappe (Apprenticeships):  Leer terwyl jy werk as elektrisiën, Werktuigkundige (mechanic), Fitter & Turner, Boilermaker, Koel- en lugversorging tegnikus.  Jy kry praktiese ervaring, ’n salaris en ‘n erkende kwalifikasie.

Tegniese en laboratorium werk:  Met kort kursusse of diplomas as laboratorium assistent, Kwaliteitsbeheer (quality control), produksie- en fabriekswerk.

Kort kursusse en sertifikate:  Elektriese installasies, Sonkrag (solar) tegnologie, Tegniese teken (CAD), Basiese ingenieursvaardighede.

Industriële en praktiese beroepe:  Tegnikus, Operateur (masjiene), Mynbedryf, Energie sektor.

Entrepreneurskap: Met praktiese vaardighede kan jy jou eie tegniese besigheid begin en/of dienste lewer (elektries, herstelwerk, installasies).

Gasvryheidstudie

Hoekom Gasvryheidstudies?

Praktiese vak wat jou voorberei vir die werkswêreld.  Leer waardevolle lewensvaardighede soos dissipline, spanwerk en verantwoordelikheid.  Ideaal vir leerders met ’n liefde vir kos en kreatiwiteit en die skool bied werklike restaurant-ervaring by ons eie restaurant Bonne Cuisine.

Wat leer jy?

Voorbereiding en aanbieding van restaurantgehalte disse, spyskaartbeplanning en kosteberekening, kombuis- en restaurantbestuur, higiëne, veiligheid en kliëntediens.  Praktiese ervaring by restaurantaande waar leerders rolle vervul (sjef, kelner, ens.), ontwikkel spanwerk, kliënteverhoudings en krisisbestuur.

Studierigtings (universiteite/privaat instansies)

Hotel- en Gasvryheidsbestuur:  BCom of Hospitality Management – Bestuur van hotelle, oorde en gastehuise en fokus op finansies, personeel en bedrywighede.

Restaurant- en Besigheidsbestuur:  BCom of Hospitality Management – Bestuur van restaurante of franchises.  Kombinasie van koskennis en besigheid. 

Voedselwetenskap:  BSc-graad – Ontwikkel en toets voedselprodukte.  Werk vir maatskappye soos Woolworths of Checkers.

Dieetkunde / Voeding:  BA/BSc Dietetics graad – Werk met gesondheid en dieetbeplanning.

Onderwys:  BEd – Gasvryheidstudies-onderwyser

Wynkunde / Sommelier (gevorderd):  Soms universiteit of gespesialiseerde instansies – hoër vlak wynstudies en internasionale kwalifikasies

Loopbaanmoontlikhede

Sjef / patissier / chocolatier, restaurant- en hotelbestuur, spyseniering en, entrepreneurskap, voedseljoernalistiek, fotografie en stilering, voedselwetenskap en dieetkunde, sommelier of privaat sjef.

Aanbevelings: Goeie tydsbestuur en selfdissipline, gewillig om lang ure tydens restaurantaande te werk.

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kolleges:  Capsicum Culinary Studio, HTA School of Culinary Art, Prue Leith Culinary Institute, Kursusse in kookkuns, patisserie en gasvryheid.

Internskappe & werkservaring:  Werk by restaurante, hotelle en lodges. Begin as kelner, kombuisassistent of junior sjef.

Kort kursusse: Kook en bak, Kosaanbieding en stilering,Spyseniering en funksiebeplanning.

Entrepreneurskap:  Begin jou eie besigheid (koeke, spyseniering, kosaflewering) en werk van die huis of klein skaal.

Internasionale geleenthede: Werk op skepe, oorde en hotelle oorsee.

Spesialis vaardighede:  Barista (koffiekuns), Sommelier (wynkennis), Voedselstilering en fotografie.

Onthou:  Vaardighede en ervaring is baie belangrik in hierdie bedryf. Jy kan opwerk tot bestuursvlak sonder universiteitsopleiding.

Geografie

Hoekom Geografie?

Interessante en relevante vak wat met ander vakke skakel  Help jou om die wêreld en omgewingsvraagstukke te verstaan.  Ontwikkel analitiese en probleemoplossingsvaardighede en berei jou voor vir ’n wye en moderne reeks loopbane.

Wat leer jy?

Interaksie tussen mense en die omgewing, bevolking, verstedeliking en ekonomiese aktiwiteite, wêreldvraagstukke (rampe, besoedeling, hulpbronbestuur), kaartwerk, lugfoto’s en GIS (digitale kaarte).

Studierigtings (universiteit)

Algemene Geografie-grade: BA Geografie, BSc Geografie, BA/BSc Omgewingswetenskappe

Omgewings- en natuurfokus:  BSc Omgewingsbestuur, BSc Natuurbewaring, BSc Klimaat- en Atmosferiese Wetenskappe

Tegnologie & data:  BSc Geoinformatika, BSc GIS (Geografiese Inligtingstelsels), BSc Kartografie

Beplanning & ontwikkeling: BStads- en Streekbeplanning (Urban & Regional Planning), BA Ontwikkelingstudies

Ander verwante grade:  BCom Toerismebestuur, BSc Landbou / Grondkunde, BEd (Onderwys – Geografie)

Loopbaanmoontlikhede

Omgewing & Natuur:  Omgewingsbestuurder, Natuurbewaarder / Parkbestuur, Klimaatveranderingspesialis, Waterhulpbronbestuurder

Tegnologie & Data:  GIS-spesialis, Kartograaf (kaartmaker), Remote sensing-ontleder (satellietdata), Data-ontleder (ruimtelike data)

Beplanning & Ontwikkeling:  Stads- en streekbeplanner, Ontwikkelingskonsultant, Behuisings- en infrastruktuurbeplanner

Besigheid & Toerisme:  Toerismebeplanner, Omgewingskonsultant, Risiko- en volhoubaarheidsontleder

Onderwys & NavorsingOnderwyser (Geografie), Navorser, Akademikus

Unieke beroepe:  Rampbestuurspesialis (vloede, brande, rampe), Klimaatdata-ontleder, Wild- en bewaringsbeplanner, Ruimtelike data-ontleder (GIS), GIS-spesialis (digitale kaarte en data – bv. Google Maps), Omgewingsimpak-assessor, Stads- en streeksbeplanner, Klimaatveranderingspesialis, Vervoer- en verkeersbeplanner.

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Kort kursusse en diplomas:  GIS en kaartwerk, Omgewingsbestuur, Toerisme en gasvryheid.

Instansies

TVET kolleges, Privaat instansies, Aanlyn platforms.

Loopbaanmoontlikhede

Toerisme en reisbedryfToergids, Reisagentskap werk, Toerismebestuur (kort kursusse).

Kaartwerk en GIS (intreevlak): Basiese GIS-kursusse by privaat instansies, Kaartdata-insameling, Werk by munisipaliteite of maatskappye.

Omgewings- en veldwerk:  Veldwerker / data-insamelaar, Bewaringsprojekte, Natuurreservate en wildplase.

Stads- en ontwikkelingsprojekte:  Assistent by bou- of beplanningsprojekte, Gemeenskapsontwikkelingswerk.

Weer en omgewing: Weerwaarnemer (entry-level poste), Werk met omgewingsmonitering.

Logistiek en vervoer:  Roetebeplanning, Vervoer- en verspreidingswerk.

Entrepreneurskap:  Begin ’n toerismebesigheid, Avontuur- of ekotoere, Omgewingsdienste.

Onthou:  Sommige hoër poste vereis universiteit maar baie geleenthede begin met ervaring en kort kursusse.

Ingenieursgrafika en -ontwerp

Hoekom Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO)?

Praktiese vak – min memorisering, fokus op doen. Leer om presiese en tegniese tekeninge te skep. Ontwikkel kreatiwiteit, akkuraatheid en probleemoplossing. Belangrike kommunikasievaardigheid in die tegnologiese wêreld.

Wat leer jy?

Siviele en meganiese tekenwerk, 2D (ortografies) en 3D (isometries en perspektief) tekeninge, ontwerp van vaste liggame en tegniese komponente en basiese ingenieurs- en argitektoniese konsepte.

Studierigtings

Ingenieursrigtings: BEng Siviele Ingenieurswese, BEng Meganiese Ingenieurswese, BEng Elektriese Ingenieurswese, BEng Industriële Ingenieurswese

Bou- en konstruksierigtings:  BSc Bourekenkunde (Quantity Surveying), BSc Konstruksiebestuur, BSc Eiendomsontwikkeling

Ontwerp & tegniese rigtings: BArch (Argitektuur), BSc Argitektuur, Industriële Ontwerp, Produkontwerp

Tegniese & toegepaste rigtings:  BEng Tegnologie (by sekere universiteite), Diploma in Ingenieurswese (via universiteite van tegnologie)

Loopbaangeleenthede

IngenieursweseSiviele ingenieur, Meganiese ingenieur, Elektriese ingenieur, Industriële ingenieur

Bou- en konstruksieArgitek, Bourekenaar (Quantity Surveyor), Konstruksiebestuurder, Eiendomsontwikkelaar

Ontwerp & tegniesIndustriële ontwerper, Produkontwerper, Tegniese tekenaar / CAD-ontwerper, 3D-modelleerder

Unieke en gespesialiseerde beroepe:  CAD-tegnikus (rekenaargesteunde ontwerp), Drafter / Tegniese tekenaar, 3D-druk- en prototipe-ontwerper, Ontwerpingenieur

Aanbevelings:  Belangstelling in tegniese en visuele ontwerp, goeie konsentrasie en deursettingsvermoë.   Vir meeste ingenieursrigtings is Wiskunde en Fisiese Wetenskappe noodsaaklik

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

TVET Kolleges:Nasionale diplomas in – Siviele ingenieurswese, Meganiese ingenieurswese, Elektriese ingenieurswese.

Privaat instansies en aanlyn platforms:  CAD- en tekenkursusse:  AutoCAD, SolidWorks, Revit, 2D en 3D tegniese tekeninge

Loopbaangeleenthede

Boutekenaar (Draughtsman): Werk vir argitekte en ingenieurs, maak planne en tegniese tekeninge.

Internskappe en werkservaring:  Ingenieursfirmas, Boumaatskappye en Ontwerpateljees.

Tegniese en ontwerpwerk:  CAD-tegnikus, 3D-modelleerder, Produkontwerper (entry level).

Spesialis rigtings:  Juweliersontwerp (CAD), Tandtegnikus (met verdere opleiding), Meubel- en produkontwerp.

Entrepreneurskap:  Begin jou eie ontwerp- of tekenbesigheid, Freelance CAD werk en 3D printing en ontwerp.

Onthou:  Met IGO kan jy prakties werk in ontwerp en tegnologie, tegniese vaardighede vinnig aanleer, direk die werksmark betree en jou eie besigheid begin.  Jy groei in hierdie veld deur ervaring en vaardighede baie werkgewers kyk na jou portefeulje (tekeninge) eerder as net kwalifikasies.

Inligtingstegnologie (IT)

Hoekom Inligtingstegnologie (IT)? 

Fokus op tegnologie, data en probleemoplossing, Ontwikkel logiese en kritiese denke, Leer hoe sagteware en stelsels werk en ontwikkel.  Baie waardevol in die moderne, digitale wêreld.

Wat leer jy?

Programontwikkeling (kodering), Kommunikasie- en internettegnologieë, Data- en inligtingsbestuur, Stelseltegnologie en sosiale implikasies.

Studierigtings

IT-grade: BSc Inligtingstegnologie (IT), BSc Rekenaarwetenskap (Computer Science), BCom Inligtingstelsels (Information Systems)

Sagteware & ontwikkeling:  BSc Sagteware-ingenieurswese, BSc Rekenaar- en Inligtingstelsels

Data & analise: BSc Datawetenskap, BSc Statistiek (met IT-komponente)

Gespesialiseerde IT-rigtings: Kubersekuriteit, Netwerke en Stelsels (Networks), Wolkrekenaars (Cloud Computing), Kunsmatige Intelligensie (AI)

Toegepaste & praktiese rigtings:  BEng Rekenaaringenieurswese, Diploma in IT (by universiteite van tegnologie)

Loopbaanmoontlikhede

Sagteware & ontwikkelingSagteware-ontwikkelaar / Programmeerder, App-ontwikkelaar, Webontwikkelaar

Stelsels & netwerkeNetwerkadministrateur, IT-tegnikus, Stelseladministrateur

SekuriteitKubersekuriteit-spesialis, Etiese hacker, Inligtingsekuriteitsontleder

Data & analiseData-ontleder, Datawetenskaplike, Besigheidsontleder

Moderne tegnologieWolk-rekenaar (Cloud) spesialis, AI / Kunsmatige Intelligensie ontwikkelaar, Masjienleer-ingenieur

Unieke en moderne beroepeGame developer (speletjie-ontwikkelaar), UX/UI ontwerper (gebruikerservaring), Blockchain-ontwikkelaar, DevOps-ingenieur

Entrepreneursgeleenthede:  Begin eie IT-besigheid, Freelance programmering / webontwikkeling, Tegnologie-konsultant

Aanbevelings:  Wiskunde is ‘n vereiste (± 60%+), goeie taalvaardighede, toegang tot ’n rekenaar en gereelde tyd vir praktiese werk.

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kolleges & kort kursusse:  Programmering, webontwikkeling, data-analise

Aanlyn leer: Platforms soos Coursera, Udemy, GetSmarter

Internskappe & werkservaring: Begin as IT-ondersteuning of junior ontwikkelaar

Sertifikate:  Microsoft, Cisco, CompTIA. 

Freelance & entrepreneurskap:  Webtuistes bou, apps ontwikkel, tegniese dienste

Aanbevelings:  Wiskunde is ‘n vereiste (± 60%+), goeie taalvaardighede, toegang tot ’n rekenaar en gereelde tyd vir praktiese werk.

Lewenswetenskap

Hoekom Lewenswetenskappe?

Studie van lewe en die menslike liggaam, help jou om gesondheid en welstand beter te verstaan, ontwikkel analitiese en navorsingsvaardighede.  Dinamiese vak met nuwe ontdekkings en praktiese werk.

Wat leer jy?

Selle en molekulêre lewe, lewensprosesse in plante en diere, evolusie en biodiversiteit en ekologie en menslike impak.

Studierigtings

Algemene Lewenswetenskappe:  BSc Lewenswetenskappe, BSc Biologie, BSc Biodiversiteit, 

Medies & Gesondheid:  MBChB (Geneeskunde), BSc Fisioterapie, BSc Arbeidsterapie, BSc Dieetkunde, BSc Verpleegkunde

Biologiese spesialisrigtings:  BSc Mikrobiologie, BSc Biochemie, BSc Genetika, BSc Biotegnologie

Omgewing & Natuur:  BSc Ekologie, BSc Natuurbewaring, BSc Omgewingswetenskappe

Dier- en landboufokus:  BVSc (Veeartsenykunde), BSc Dierkunde (Zoologie), BSc Landbou

Ander verwante rigtings:  BSc Sielkunde (met biologiese fokus), BEd (Onderwys – Lewenswetenskappe)

Loopbaanmoontlikhede

Medies & GesondheidDokter (Geneeskunde), Verpleegkundige, Fisioterapeut, Arbeidsterapeut, Dieetkundige

Wetenskap & navorsingMikrobioloog, Biochemikus, Genetikus, Biotegnoloog, Navorser / Wetenskaplike

Diere & natuurVeearts, Dierkundige (Zoologist), Natuurbewaarder, Wildbestuurder

Omgewing & bewaringEkoloog, Omgewingsbestuurder, Bewaringsbeampte, Klimaatveranderingspesialis

Onderwys & opleidingOnderwyser (Lewenswetenskappe), Lektor / dosent

Unieke beroepe:  Forensiese wetenskaplike (misdaadondersoeke), Genetiese raadgewer, Mariene bioloog, Epidemioloog (siektes en verspreiding)

Aanbevelings:  Sterk belangstelling in biologie en die natuur, goeie werksetiek en deursettingsvermoë, Wiskunde en Wetenskap is ’n voordeel.

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kolleges & kursusse:  Verpleegkunde assistent, noodhulp, fiksheid

Kort kursusse:  Voedselhantering, omgewingsopleiding

Werkservaring:Laboratorium assistent (entry-level) en werk by wildplase, reservate of klinieke

Entrepreneurskap:  Fiksheid, welstand of natuur-gebaseerde dienste

Aanbevelings:  Sterk belangstelling in biologie en die natuur. Goeie werksetiek en deursettingsvermoë.  Wiskunde en Wetenskap is ’n voordeel.

Ontwerp

Hoekom Ontwerp?

Fokus op kreatiewe probleemoplossing en innovasie, ontwikkel estetiese en funksionele produkte, bou vaardighede in beplanning, navorsing en uitvoering, bevorder kreatiewe, kritiese denke en visuele geletterdheid.

Wat leer jy?

Ontwerpproses en konsepontwikkeling, gebruik van materiale en tegnieke, ontwerpteorie en geskiedenis, besigheidsaspekte van ontwerp.

Studierigtings

Grafiese & Visuele OntwerpBA Grafiese Ontwerp, BA Visuele Kommunikasie-ontwerp, BA Digitale Ontwerp

Mode & Tekstiel: BA Modeontwerp, BA Tekstielontwerp

Interieur & Ruimtelike Ontwerp: BA Interieurontwerp, BSc Interieurargitektuur

Produk & Industriële Ontwerp: BSc Industriële Ontwerp, BDes (Produkontwerp)

Multimedia & Digitale OntwerpBA Multimedia, BA Animasie, BA Film- en Visuele Effekte

Argitektuur (verwant): BArch (Argitektuur), BSc Argitektuur

Loopbaangeleenthede

Grafiese en Digitale Ontwerp:  Grafiese Ontwerp, Visuele Kommunikasie, Digitale Ontwerp, Multimedia Ontwerp – Fokus op logos, advertensies, branding, webontwerp.

Interaktiewe en Tegnologie-ontwerp:  UX/UI Ontwerp, Webontwerp en -ontwikkeling, Interaksie-ontwerp – Fokus op Apps, webtuistes en gebruikerservaring.

Mode en Tekstiel: Modeontwerp, Tekstielontwerp – Fokus op Klere, materiaal en tendense.

Ruimtelike Ontwerp:  Interieurontwerp, Argitektuur (met aanvullende vakke) – Fokus op binne-ruimtes, geboue en leefomgewings.

Produk- en Industriële Ontwerp: Produkontwerp, Industriële Ontwerp – Fokus op ontwerp van alledaagse produkte (meubels, tegnologie, verpakking).

Spesialis Ontwerp: Juweliersontwerp, Keramiekontwerp, Illustrasie.

Media en Kreatiewe Ontwerp:  Animasie, Film- en visuele effekte, Digitale illustrasie – Fokus op Film, speletjies en media.

Besigheid en Ontwerp: Ontwerpbestuur, Kreatiewe ondernemings – Kombineer Ontwerp + besigheid

Spesialisrigtings: Keramiekontwerp, Illustrasie, Tekstielontwerp, Juweliersontwerp

Unieke en moderne beroepe:  UX/UI ontwerper (apps en webtuistes), Animasiekunstenaar / digitale ontwerper, Produkontwerper, Visuele handelsmerkspesialis, Voedsel- of produkstilis, Kreatiewe entrepreneur (eie ontwerpbesigheid)

Belangrik:  Kies óf Ontwerp óf Visuele Kuns

Slaagvereistes:  2 vakke teen 40% of 3 vakke teen 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kolleges & kursusse: Grafiese ontwerp, mode, fotografie

Aanlyn leer: Adobe, UX/UI, animasie (Coursera, Udemy)

Internskappe: Ontwerpateljees en bemarkingsfirmas

Freelance werk:  Logos, sosiale media, webtuistes

Entrepreneurskap:  Begin eie ontwerp- of kreatiewe besigheid

Loopbaanmoontlikhede

Grafiese ontwerper (freelance of junior), Sosiale media ontwerper / inhoudskepper, Webontwerper (self-geleer of kort kursusse), Fotograaf of videograaf, Mode- of produkontwerper (kleinskaal), Juweliersontwerper, Digitale illustreerder, Druk- en uitlegontwerper (printing/design studios), Handgemaakte produk-ontwerper (markte / aanlyn verkope)

Onthou:  Jou portefeulje (jou werk) is baie belangriker as kwalifikasies.  Jy kan groei deur ervaring, vaardighede en kreatiwiteit.

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Waarom RTT?

Rekenaarvaardighede is noodsaaklik in ’n digitale wêreld.  Help leerders om digitale toestelle doeltreffend te gebruik.  Praktiese vaardighede in Word, Excel, PowerPoint en ander tegnologieë.  ’n Groot voordeel vir verdere studie en die arbeidsmark.  Let wel:  RTT maak nie ’n spesifieke beroep vir jou oop nie — dit maak baie deure oop.

Studierigtings

  • RTT is relevant vir alle studierigtings
  • Help met universiteit se rekenaarvaardigheidstoetse
  • Bou ’n sterk grondslag vir akademiese sukses

Loopbaanmoontlikhede

Tegnologie & Ontwerp: Web-, grafiese en produkontwerpers

Media & Kreatief: Fotograaf, modeontwerper, media- en advertensiebestuur

Besigheid: Kantooradministrasie, data-ontleding, IT-ondersteuning

Wat leer leerders?

Gebruik van rekenaarsagteware vir probleemoplossing, basiese kennis van rekenaarstelsels, netwerke en kommunikasie, iternet en hoe dit werk, inligtingverwerking en datahantering, etiese en veilige gebruik van tegnologie.

Aanbevelings:  Toegang tot ’n rekenaar by die huis, gebruik skoolfasiliteite vir oefening, vereis goeie tydsbestuur en harde werk, kombinasie van teorie en praktyk.

Samevatting:  RTT bied akademiese én werksgeleenthede en is ‘n uitstekende keuse vir die moderne digitale wêreld.

Slaagvereistes: 2 vakke 40%, of 3 vakke 30%

Rekeningkunde

Waarom Rekeningkunde?

Bou ’n sterk grondslag vir finansiële studies en loopbane.  Help jou om finansiële konsepte en praktyke te verstaan.  Gee ’n voorsprong vir B.Com-studies (Rekeningkunde en Ekonomie is verpligtend).  Ontwikkel analitiese en probleemoplossingsvaardighede.

Wat leer jy?

Versamel, groepeer en boekstaaf finansiële data, ontleed en interpreteer inligting, identifiseer en los probleme op, bestuur persoonlike finansies verantwoordelik, tree eties en met goeie oordeel op.

Studierigtings 

Kern rekeningkunde-gradeBCom Rekeningkunde, BCom Finansiële Rekeningkunde

Gespesialiseerde rigtingsBCom Bestuursrekeningkunde, BCom Belasting (Taxation), BCom Finansiële Bestuur

Gevorderde professionele rigtingsBCom (CA-stream – Geoktrooieerde Rekenmeester), BCom Honneurs in Rekeningkunde, CTA (Certificate in the Theory of Accounting)

Verwante finansiële gradeBCom Beleggingsbestuur, BCom Bankwese, BCom Risikobestuur

Loopbaangeleenthede

Gespesialiseerde rigtingsGeoktrooieerde Rekenmeester (CA), Oudit, Aktuariële Wetenskappe, Finansiële Analise / Beleggingsbestuur

Data & Analitiese rigtings: Statistiek, Data-analise / Datawetenskap (met verdere studie)

Besigheid & BestuurBCom (Algemeen), Bemarking, Ondernemingsbestuur, Ekonomie

Ander rigtings:  Onderwys (Rekeningkunde as vak), Regte (met finansiële agtergrond as voordeel),  Finansiële beampte / klerk, Boekhouer / Rekenmeester, Batebestuurder.

Unieke en gespesialiseerde beroepe:  Geoktrooieerde Rekenmeester (CA), Ouditeur, Aktuaris, Statistikus, Akademikus

Hierdie beroepe is hoogs gespesialiseerd en in aanvraag, veral aktuariële en CA-rigtings.

Aanbeveling:  Wiskunde –  50% of hoër

Slaagvereistes:  2 vakke 40%, of 3 vakke 30%

Geleenthede sonder universiteitsopleiding

TVET-kollegesNasionale Sertifikate en Diplomas

Privaat kolleges: Damelin, Boston, Varsity College)

Professionele instansies:  ICB (Institute of Certified Bookkeepers), CIMA (Chartered Institute of Management Accountants – sertifikate), Sage / Pastel-opleidingskursusse

Loopbaanmoontlikhede

Boekhouer (Junior/Senior), Finansiële / Rekenkundige klerk, Debiteure- en Krediteureklerk, Loonadministrateur (Payroll), Kasboekklerk, Administratiewe assistent (finansies)

Werksgeleenthede

Rekenmeestersfirmas, Besighede in alle sektore, Skole en organisasies, Klein en medium ondernemings.  Begin gewoonlik in ’n junior posisie met groeikans.

Vaardighede wat belangrik is

Excel en rekenaarvaardighede, Boekhou-sagteware (bv. Sage, Pastel), Akkuraatheid en aandag aan detail, Betroubaarheid en etiese optrede.

Groeimoontlikhede:  Kort kursusse en sertifikate (bv. ICB), Bevordering na senior boekhouer, kantoorbestuurder of freelance boekhouding

Belangrik:  Jy kan ’n stabiele loopbaan bou sonder universiteit en verdere opleiding help met bevordering en beter salarisse

Toerisme

Waarom Toerisme?

Een van die vinnigste groeiende bedrywe in Suid-Afrika.  Speel ’n belangrike rol in die ekonomie.  Bied wye werksgeleenthede.  Praktiese vak met toepasbare vaardighede en ideaal vir leerders wat van mense, reis en nuwe ervarings hou.

Wat leer jy?

Toerisme as ’n geïntegreerde bedryf, volhoubare en verantwoordelike toerisme, toerisme-geografie en wêreldlandmerke, kliëntediens en kommunikasievaardighede, Toerisme-tendense en bemarking. Ekonomiese, sosiale en omgewingsinvloede.

Studierigtings

Kern toerisme-gradeBCom Toerismebestuur, BA Toerisme, Diploma / Graad in Toerismebestuur

Gasvryheid & verwante rigtingsBCom Gasvryheidsbestuur, Hotelbestuur, Oord- en restaurantbestuur

Geleentheid- en gebeurtenisbestuurBA / BCom Geleentheidsbestuur, Konferensie- en funksiebestuur

Reis & lugvaart (verwant)Lugvaartbestuur (by sekere instellings), Reis- en toerismebestuur

Ander verwante gradeBCom Bemarking (met toerismefokus), BCom Ondernemingsbestuur, BA Geografie (met toerisme as fokus)

Loopbaangeleenthede

Algemene beroepe: Reisagent, Hotel- en oordbestuur, Toeroperateur, Restaurateur, Entrepreneur

Unieke en opwindende beroepe: Lugwaardin / Kajuitpersoneel, Toergids, Reisjoernalis / Blogger, Konferensie- en geleentheidsorganiseerderHierdie beroepe bied dikwels reisgeleenthede en internasionale blootstelling

Slaagvereistes:  2 vakke 40%, of 3 vakke 30%

Studiegeleenthede sonder universiteitsopleiding

TVET-kollegesNasionale Sertifikaat en Diploma in Toerisme / Gasvryheid

Privaat kollegesToerisme- en Gasvryheidsbestuur, Reis- en lugvaartopleiding

Gespesialiseerde opleidingLugwaardin / Kajuitpersoneel, Toergids-sertifisering, Reisagent-stelsels (Amadeus / Galileo)

Kort kursusseGeleentheidsbestuur, Kliëntediens, Toerismebemarking, Entrepreneurskap

Loopbaangeleenthede

Algemene beroepeReisagent, Toeroperateur, Hotel- / gastehuispersoneel, Restaurant- en gasvryheidsbestuur, Ontvangsdame / Front office

Unieke en opwindende beroepe:  Lugwaardin / Kajuitpersoneel, Toergids / Safari-gids, Reisleier (tour leader), Reisjoernalis / Blogger.  Hierdie beroepe bied dikwels reisgeleenthede en internasionale blootstelling.

AnderKonferensie- en geleentheidsorganiseerder, Trou- en funksiekoördineerder

EntrepreneursgeleenthedeBegin eie toerismebesigheid, Reisbeplanner / konsultant, Gastehuis / B&B bestuur

Belangrik:  Fokus op praktiese vaardighede en ervaring

Verbruikerstudie

Waarom Verbruikerstudies?

Veelsydige vak met praktiese én teoretiese vaardighede, fokus op verantwoordelike verbruikersgedrag, help met ingeligte besluite oor geld, kos, klere en behuising, ontwikkel lewensvaardighede en entrepreneurskap, meer as net prakties – voorbereidend vir verskeie loopbane.

Wat leer jy?

Verbruikersregte en finansiële bestuur, Voeding en gesonde leefstylkeuses, Evaluering van produkte en verskaffers, Ontwerp (klere en interieur), Hulpbronbestuur en volhoubare gebruik, Basiese entrepreneurskap en produkontwikkeling.

Praktiese komponent

Voedselvoorbereiding en produkontwikkeling, Toepassing van bemarking en entrepreneurskap, Ontwikkel vaardighede vir alledaagse lewe en besigheid.

Studierigtings

Verbruikers- en huishoudelike wetenskappeBSc Verbruikerswetenskap, BSc Huishoudkunde (by sekere universiteite)

Voedsel & VoedingBSc Voeding, BSc Dieetkunde, BSc Voedselwetenskap

Kleding & ModeBA Modeontwerp, BA Tekstielstudies, BSc Kleding- en Tekstielwetenskap

Behuising & InterieurBA Interieurontwerp, BSc Behuising / Huishoudelike omgewing

Gasvryheid & ToerismeBCom Gasvryheidsbestuur, Diploma / Graad in Toerismebestuur

Besigheid & EntrepreneurskapBCom Ondernemingsbestuur, BCom Bemarking

Loopbaangeleenthede

Voedsel & GasvryheidVoedselprodukontwikkelaar, Kwaliteitsbestuurder, Restaurant- / gasvryheidsentrepreneur

Kleding & Mode: Mode-aankoper / bemarker, Produk- en kwaliteitsbestuurder

Ontwerp & BehuisingInterieurontwerper, Behuisingskonsultant

Ander:  Verbruikersadviseur, Verbruikersnavorser, Vaardigheidsopleier, Entrepreneur

Slaagvereistes:  2 vakke 40%, of 3 vakke 30%

Studiegeleenthede sonder universiteitsopleiding

TVET-kolleges: Voedselvoorbereiding en Gasvryheid, Kookkuns (Culinary studies), Kleding- en Tekstielstudies, Gasvryheidsbestuur

Privaat kolleges: Sjef-opleiding / Professionele kookkuns, Modeontwerp en kledingkonstruksie, Interieurversiering / basiese ontwerp, Gebeurtenis- en funksiebeplanning

Kort kursusse en sertifikate: Bak en voedselproduksie, Voedselveiligheid en higiëne, Naaldwerk en kledingontwerp, Kleinbesigheid / entrepreneurskap, Kliëntediens en kleinhandel

Loopbaangeleenthede

Sjef / kok / bakker, Naaldwerker / mode-assistent, Interieurversierder (prakties), Gasvryheidswerker

Entrepreneur:  Tuisbakery / kosbesigheid, Kleremaak / ontwerp, Dekor- of funksiebesigheid

 

Visuele Kuns

Waarom Visuele Kuns?

Fokus op selfuitdrukking en kreatiwiteit, ontwikkel 2D- en 3D-kunswerke, leer om idees, emosies en sosiale kwessies visueel uit te beeld, bevorder probleemoplossing en kritiese denke, bou estetiese en visuele geletterdheid.

Wat leer jy?

Kreatiewe en analitiese denke, Tegniese kunsvaardighede en konseptualisering, Gebruik van verskeie materiale en tegnieke, Kritiese beoordeling van kuns, Tydsbestuur en selfdissipline, Kommunikasie deur visuele media.

Studierigtings 

Kern kunsrigtingsBA Visuele Kunste (Fine Arts), BFA (Bachelor of Fine Arts), BA Beeldende Kunste

SpesialisrigtingsBA Skilderkuns, BA Beeldhoukuns, BA Grafiese Kuns / Drukkuns

Digitale & visuele mediaBA Digitale Kuns, BA Illustrasie, BA Multimedia

Visuele mediaBA Fotografie, BA Film- en Visuele Studies

Kunsbestuur & opvoedingBA Kunsbestuur / Kuratorskap, BEd (Onderwys – Visuele Kuns)

Loopbaangeleenthede

Kuns & kreatiewe beroepeKunstenaar (skilder / beeldhouer), Illustrator, Digitale kunstenaar

Ontwerp & mediaGrafiese ontwerper, Web- en multimedia-ontwerper, Animasiekunstenaar

Visuele mediaFotograaf, Film- en videograaf

Kunsbestuur & kultuurKunskurator, Kunsrestoureerder, Galerybestuurder

Onderwys & opleidingKunsopvoeder (onderwyser), Lektor / dosent

Unieke en moderne beroepe:  Konsep-kunstenaar (films en speletjies), NFT / digitale kuns-skepper, Muralkunstenaar, Tattoo-kunstenaar

Entrepreneursgeleenthede:  Begin eie kuns- of ontwerpbesigheid, Freelance werk (illustrasie, ontwerp, fotografie), Aanlyn verkoop van kunswerke

Belangrik:  Kies slegs een: Visuele Kuns OF Ontwerp

Slaagvereistes:  2 vakke 40%, of 3 vakke 30%

Studiegeleenthede sonder universiteitsopleiding

Privaat kunskolleges, Kort kursusse (grafiese ontwerp, digitale kuns), Aanlyn platforms (bv. design, animation, illustration), Internskappe / mentorskap

Loopbaangeleenthede

Digitale kunstenaar / NFT-kunstenaar, Konsep-kunstenaar (films, speletjies), Illustrator, Muralkunstenaar, Tattoo-kunstenaar

Belangrik

Visuele Kuns is een van die min velde waar jou werk (portefeulje) belangriker kan wees as ’n graad maar formele studie help met geleenthede en spesialisasie.

ADDISIONELE VAKKE

Wat om in ag te neem wanneer jy addisionele vakke wil neem

ʼn Leerder wat ʼn addisionele vak/ke wil neem moet in Graad 9 wees en daarna deurgaans ʼn gemiddeld van 85% behaal. 

Die vakke moet vanaf graad 10 tot graad 12 geneem word.  (Geen jaar mag oorgeslaan word nie.  Leerders mag dus nie voor hul matriekjaar die vakke as matriekvakke afskryf nie

HULP MET VAKKEUSES EN BEROEPSRIGTINGS

Wie is Eduvelopment?

EDUvelopment is ‘n aanlyn platform wat daarop gemik is om hoërskoolleerders te bemagtig om gelukkige en vervulde lewens te lei deur hulle die nodige vaardighede en leiding te gee om hul volle potensiaal te bereik.

Die platform bestaan uit drie onderling afhanklike komponente:

Doelgerigtheid: Deur middel van assesserings, werksblaaie en vraelyste help EDUvelopment leerders om hul unieke eienskappe en doel in die lewe te ontdek.

Vak- en Loopbaanleiding: Die platform bied video’s en op-datum inligting oor beroepe, studieprogramme, instellings, beurse en virtuele beroepskaduering om leerders te help met ingeligte vak- en loopbaankeuses.

Vaardigheidsontwikkeling: EDUvelopment rus leerders toe met kritieke vaardighede wat nodig is om in die toekoms se werkplek en in die lewe suksesvol te wees.

Die platform is ontwerp vir hoërskoolleerders, ouers wat hul kinders wil lei in die keuse van die regte loopbaanpad, en hoërskole wat hul leerders wil toerus met die nodige lewensvaardighede.

EDUvelopment is goedgekeur vir gebruik deur die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur van Namibië en werk saam met internasionaal erkende verskaffers soos Khan Academy en die Harvard Brain Science Initiative.

Die hoofkantoor van EDUvelopment is geleë in Pretoria, Suid-Afrika, en hulle bied ook gratis eksamenhulp aan.

Besoek gerus hul webwerf vir volledige inligting.

Hoe gebruik ek die Eduvelopment Platform?

Hier is ‘n kort video wat wys hoe die belangstellingstoets, vakkeuses en beroepskeuses op die platform gebruik kan word.