Fotokrediet:  Oosie Media – Luca Kruger, Anri Venter, Bernice de Vries, Rudi Cornelius,  me Louise Esterhuizen en mnr Jaco Redelinghuys

MATRIEKUITSLAE 2024 - BESTE SKOOL IN DIE TSHWANE NOORD DISTRIK!

Skool met die meeste "Bachelors" (224) en 100% slaagsyfer vir die derde opeenvolgende jaar!

ONS NUWE HOOF
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Me. Susan Theron amptelik ons nuwe hoof is!

Nog meer spesiaal – sy is die eerste vroulike hoof in Oos-Moot se geskiedenis. Baie geluk, Me. Theron!  Ons Oosies verwelkom u met ope arms en sien uit na ‘n blink toekoms saam met u aan die stuur.  Me. Theron is ‘n trotse Moot-inwoner en ‘n oud-Oosie-ouer, wat beteken sy ken en verstaan ons gemeenskap. Sy is regtig opgewonde om deel te wees van ons skool se volgende hoofstuk. Met die ondersteuning van ons personeel, beheerliggaam, leerders, ouers en die hele Moot-gemeenskap, glo ons dat Oos-Moot net sterker gaan word.

Me. Theron, sterkte met die groot taak wat voorlê. Ons sien uit na ‘n fantastiese tyd saam met u as ons leier!

BOODSKAP VAN ONS NUWE HOOF
Ek is opgewonde om vanaf 1 Maart 2025 amptelik as hoof van die skool aangestel te wees.  Dit is vir my ’n groot eer en voorreg, en ek wil opreg dankie sê vir die vertroue wat in my gestel is. Ek is vasberade om my bes te doen en om die hoë standaarde van uitnemendheid wat ons skool nastreef, te handhaaf.

Dit is wonderlik om deel te wees van ’n span wat nie net na uitnemendheid streef nie, maar dit ook daagliks uitleef. Die geleenthede wat ons skool bied, is werklik inspirerend, en ek sien uit na alles wat ons as span gaan bereik.

Artikel in Rekord 2025

Cover for Hoërskool Oos-Moot - Amptelik
5,113
Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool in die Moot-area van Pretoria.

OOSIES | ONS GROETOns neem afskeid van me A du Plessis, ’n gewaardeerde personeellid wat ’n nuwe hoofstuk by Akademia aanpak. Ons bedank haar opreg vir die tydperk wat sy deel van ons Oosie-personeelkorps was en vir haar waardevolle bydrae tot ons akademie, sowel as die verskeie ander aktiwiteite waarin sy betrokke was. Mag hierdie nuwe geleentheid vir haar net voorspoed en vervulling inhou – ons wens haar alles van die beste toe vir die pad vorentoe.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | AKADEMIEOns Gr 8 leerders het hul kreatiwiteit gewys in Kuns en Kultuur deur nuwe Oosiedrag te ontwerp. Kyk net hoe oulik is ons leerders! 💙🤍💛#trotseoosie #laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | NETBAL24 April was ‘n baie koue en nat dag, maar ten spyte daarvan het Oosies ‘n puik netballiga teen Hoërskool Eldoraigne gehad. Dit was ook hul eerste ligawedstryd vir die seisoen. Ons uitslae was as volg:14A - 15-34 Verloor14B - 6-19 Verloor14C - 13-17 Verloor14D - 10-7 *Wen* 15A - 22-14 *Wen*15B - 15-23 Verloor15C - 12-13 Verloor15D - 9-5 *Wen*16A - 35-14 *Wen*16B - 14-14 Gelyk16C - 21-6. *Wen* 16D - 16-0 *Wen*17A - 25-13 *Wen*17B - 15-1 *Wen*19A - 28-20 *Wen*19B - 11-20 VerloorOos-Moot wen 9 en 1 gelyk op uit 16 wedstryde. Oosies ons kan nie wag vir die res van die seisoen nie. #trotseoosies #laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | RUGBYOns skop die Noordvaal rugbyseisoen op ‘n hoë noot af. Ten spyte van koue en nat weerstoestande het ons rugby teen HTS Middelburg voortgegaan. Al ons rugbymanne het hard gespeel en Oos-Moot het hul staal gewys.Ons uitslae is as volg:14A verloor 11-1814B verloor 17-3015A wen 17-1215B wen 5-016A wen 15-716B verloor 5-1919C verloor 7-3819B verloor 17-2319A wen 23-21Oosies wen die dag 12 punte teen 10 op die liga log.Ons sien uit na die res van die seisoen.#trotseoosies#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | RUGBYWhat a cracker of a game! HS Oos-Moot manages to narrowly beat 2024 SDC Noordvaal Cup Plate Division champions, HTS Middelburg, after the game was stopped with 7 minutes to go due to bad weather. Well done to both teams for putting some incredible schoolboy rugby on display!Made possible by the SDC Group, Toyota SA, Thompsons Security Group, Arrie Nel Apteekgroep, PNA, Jacaranda FM, Van Deventers Incorporated, Nutricon and Provantage Sport. 🤝 #SDCNoordvaalCup #WhereLegendsAreMade #BePartOfTheLegacy ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | Wêreldboekedag 2025Vandag is Wêreldboekedag en ons Oosie Onnies het aangetrek vir die okkasie. Vandag is die perfekte weer as jy jou neus in ‘n boek wil druk en verlore wil raak tussen die bladsye. Mag al die boekwurms julle dag baie geniet. #trotseoosie #laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | ATLETIEKSarel Boshoff se atletiek seisoen sluit af met 'n persoonlike hoogtepunt. Hy is in die AGN senior atletiekspan ingesluit vir die 2025 ASA senior kampioenskappe. Sy seisoen het in Januarie begin met 'n huissport rekord van 7.03m, daarna het hy byeenkoms na byeenkoms begin verbeter en is uiteindelik vir die AGN 0/20 span sowel as Gauteng Skole span gekies. Sarel en sy afrigter, Salie Gerber het baie hard gewerk en geoefen om sy tegniek te verbeter. Sy 7.24m (silwer medalje) in die Groenpunt stadion was 'n hoogtepunt en het hom vir Senior SA's laat kwalifiseer. Die PB van 7.43m die daaropvolgende week in Bloemfontein was egter nie net 'n goue medalje vir hom as SA skole kampioen nie, maar ook 'n droom wat bewaarheid word. So ook hierdie week waar hy saam en teen atlete na wie hy opkyk, gaan spring. Sarel gaan groot en laat die blougolf rol!!Ons Oosies staan agter jou.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | BUITESPORTOosie gimnaste vaar uitstekend op hul eerste Trampolien kompetisie vir 2025.Adrian Maxwell en Nadia van Aardt, wat natuurlik ons eie Junior Sringbok Gimnaste is, het met hul eerste kompetisie uitstekend gevaar. Beide het eerste geeïndig in hul ouderdomsgroepe op ‘Double mini’ sowel as ‘Euro tramp’, Hul neem deel in vlak 9.Lian van der Merwe het ook ‘n uitmuntende kompetisie gehad en is eerste op ‘Double mini’ asook ‘Euro tramp’. Hy Neem deel in vlak 6.Ons is baie trots op ons Oosie Gimnaste se mooi prestasies. Baie sterkte vir die volgende reeks kompetisies.#trotseoosies#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | HENGEL2025 is 'n besondere jaar vir die hengelspan. Die 1ste hengelspan het tweede in die liga geëindig en is, vir die eerste keer in die geskiedenis van Oos-Moot, gekies vir die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe. Die dogters staan nie terug wanneer dit by visvang kom nie en Tracey Lee Homan behaal die tweede plek in die B-afdeling vir meisies.Individuele prestasies:Tracey Lee Homan (1ste in Liga 1).Juandre Coetzee en Reuben van Blerk (2de in Liga 1). Albei is ook gekies vir die Kolgooi SA's.Die volgende Oosies is in die eerste span wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe: Eben Koen, Migual Schoeman, Reuben van Blerk en Juandre Coetzee.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook