SKOOLDRAG EN VOORKOMSREËLS
By Hoërskool Oos-Moot glo ons dat ons skooldrag deel vorm van wat dit beteken om ‘n Oosie te wees. Dit skep trots, versterk ons gevoel van samehorigheid en herinner ons daaraan dat ons elke dag die waardes en goeie naam van ons skool uitdra. Duidelike riglyne word gegee oor hoe ons skooldrag gedra moet word en watter voorkomsstandaarde van leerders verwag word. Deur hierdie standaarde na te kom, dra ons almal by tot ‘n netjiese, positiewe en gedissiplineerde skoolomgewing waarop elke Oosie trots kan wees.




