d6 COMMUNICATOR
(Administratiewe stelsel)

OOSIE-NUUS
(Weeklikse nuusbrief)

Die d6 Connect App is ‘n kragtige skakel tussen die skool en ouers. Dit is beskikbaar vir selfoon én rekenaar, en is volledig geïntegreer met Oos-Moot se administratiewe stelsel.

Toepassing verandering

d6 het ʼn d6 toepassing (App) verandering gemaak.

Die d6 Communicator (blou toepassing) word voortaan die enigste toepassing (App) vir skoolkommunikasie vanaf d6.

Voordele van d6 Communicator:

  • Sien jou kind se afwesighede, punte en dissiplinêre inligting

  • Toegang tot die skoolkalender, sport- en kultuuraktiwiteite, eksamenroosters en meer

  • Jou gesin se skoolfonds-familiekode en toelatingsnommer.

Laai dit af:

Gratis af vanaf die Google Playstore of Apple App Store en registreer met jou kind se toelatingsnommer.

Hulp en Ondersteuning

 

Ons weeklikse nuusbrief, die Oosie-Nuus, is ‘n belangrike bron van inligting en word weekliks gedeel via:

  • E-pos aan ouers/voogde

  • Die d6 Connect toepassing

  • Die skool se webtuiste onder die afdeling Kommunikasie/Nuusbriewe

Hierdie nuusbrief bevat belangrike datums, skoolaktiwiteite, prestasies, administratiewe kennisgewings en advertensies. Maak seker jy bly op hoogte!

OOSIE-NUUSBRIEWE 2026