
Toegang tot Die Wolkskool
Die Wolkskool is ‘n aanlyn leerplatform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) wat aan al ons leerders beskikbaar gestel word. Die platform bied videolesse, werkkaarte en assesserings wat deur ervare onderwysers ontwikkel is en volledig in Afrikaans beskikbaar is.
Die Wolkskool is ‘n aanvullende hulpmiddel en vervang nie die rol van ons onderwysers nie. Dit help leerders om werk te hersien, gemiste inhoud in te haal en teen hul eie tempo te leer.
Voordele vir ons leerders
Registrasie
Leerders wat nog nie geregistreer is nie, kan ‘n profiel skep by https://wolkskool.co.za/sluit-aan met hul skool-e-posadres. Gebruik die leerder se korrekte ID-nommer tydens registrasie om die profiel aan Hoërskool Oos-Moot te koppel.
Toegang op jou selfoon
Besoek https://vraagbank.wolkskool.co.za/v2/teken-in, meld aan en voeg Die Wolkskool by jou tuisskerm vir vinnige toegang.
Hulp benodig?
Vir enige navrae of hulp met registrasie of toegang, kontak wolkskool@skole.co.za.
Saam bou ons aan sterker akademiese selfvertroue en sukses!
Mej J Geldenhuys
Wolkskoolregistrasies
s.geldenhuys@oos-moot.co.za
Werk en Oorwin
Ons omgee-uitleefskool waar ons met passie potensiaal ontsluit

