WOLKSKOOL

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn nie-winsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte Afrikaanse onderrig te help verseker.

Besoek gerus: https://skole.co.za

DIE WOLKSKOOL

Die skool het besluit om vanaf 1 September 2021 gebruik te maak van Die Wolkskool en dat AL ons leerders voortaan toegang sal kry.  Die Wolkskool vervang nie die rol van die onderwyser by die skool nie, maar word as ʼn aanvullende hulpmiddel vir al ons leerders en veral die wat akademiese tyd verloor het, beskikbaar gestel.  Die skool dra die koste vir die leerder se registrasie op hierdie platform.

Die Wolkskool is ʼn aanlynplatform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met videolesse, werkkaarte en assesserings wat deur professionele onderwysers ontwikkel is.  Die platform maak van die nuutste tegnologie gebruik om u kind ʼn veilige, stabiele en vinnige aanlyn leerervaring in Afrikaans te bied.

Ons onderwysers speel ʼn kernrol in die sukses van Die Wolkskool, omdat die platform juis tot sy reg kom wanneer onderwysers dit inspan om leemtes in kennis en begrip by u kind te identifiseer en betyds aan te spreek.  Verskeie van ons eie onderwysers is ook betrokke by Wolkskool.

 Wat behels Die Wolkskool

  • Die Wolkskool bied u kind die geleentheid om video lesse oor en oor te kyk totdat hy/sy dit verstaan, teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd.
  • U as ouer ontvang ook weekliks ʼn elektroniese verslag (e-pos) wat u op hoogte van u kind se vordering sal hou.

Kostes

  • GRATIS.  Die skool dek die koste vir die leerder.
  • Elke leerder ontvang 2 GIG GRATIS data per maand. Dit is egter net vir gebruik op Die Wolkskool.

Hoe om te registreer

  • Die leerders moet self ‘n account create en al die stappe volg. 
  • Dui die skool as “Oos-Moot” aan om die skool se afslagkode te aktiveer.
  • ‘n Eie unieke e-posadres word hiervoor benodig – nie die leerder se skool e-posadres nie.

 

Mnr D Snyman
Wolkskoolregistrasies
h.snyman@oos-moot.co.za