2026
Met verskeie toere en indrukwekkende vertonings tydens die NWU-reeks het ons spanne van die begin af gewys dat hulle gereed is om teen die beste mee te ding.
Gauteng Kampioenskappe
o/14A-span: Die span eindig eerste in hul poel (6 uit 6 wedstryde gewen) waarna hul deurgedring het na die uitspeelrondtes en die 6de plek uit 28 skole in Gauteng behaal het volgens die finale rangordewedstryde.
1ste-span: Die eerste span het tydens hul eerste dag uitspele 3 uit hul 4 wedstryde gewen en met slegs 4 punte teen AHMP verloor in die 4de wedstryd. Hul behaal die 7de plek in Gauteng volgens die finale rangorde.
Die spelers het deur die hele kampioenskap karakter, deursettingsvermoë en ware Oosie-gees gewys.
Tshwane uitspele
Die o.14A-span skitter by die Tshwane uitspele en verseker as wenners in hul ouderdomsgroep hul plek onder die streek se topspanne wat deurdring na die Gauteng Netbal-Uitspele, wat op 15 en 16 Junie 2026 by Hoërskool EG Jansen aangebied word.
Met vasberadenheid, spanwerk en ware Oosie-gees het die span deur die dag indrukwekkende oorwinnings behaal in die poelwedstryde, in die semi-finaal teen H/S Waterkloof (23 – 20) en in die finaal teen H/S Montana (19 – 16).
NWU-reeks
Oos-Moot se netbalspanne lewer sterk vertonings in die NWU-reeks teen skole soos: Menlopark, Waterkloof, HTS Middelburg, Piet Retief, Ben Vorster, Eldoraigne, Transvalia, EG Jansen, Nelspruit. Die NWU Skolesportreeks se finale plasings word op Check-e-Log gepubliseer.
Tshwane Jubilee Liga
Oos-Moot se eerstespan neem deel aan die Tshwane Jubilee Liga, wat een van die belangrike netballigas in die Pretoria/Tshwane-omgewing is. Ons eerstespan klop vir Hoërskool Waterkloof met 31–30 in ‘n wedstryd wat terselfdertyd as ‘n Tshwane Jubilee Liga-wedstryd getel het.
Suzuki Netball Power Series
Ons spanne neem ook deel aan die nuwe Suzuki Netball Power Series, waar top netbalskole teen mekaar meeding. Die oorwinning teen Waterkloof het ook deel van hierdie reeks gevorm.
Hoogtepunte van die seisoen
Drie Oosie-netbalspelers in dieselfde seisoen tot Gautengspanne verkies: Lané Hay (Gr.10), Mia Steenkamp (Gr.11) en Skylar Vraagom (Gr.9).
- o.14A-span dring deur na die Tshwane Netbaluitspele.
- o.19A-span kwalifiseer vir die Gauteng Netbalkampioenskappe.
Fast Five Netbaltoernooi – Hoërskool Montana
Twee Oosie-spanne behaal podiumposies.
- o/15 Geelspan – 1ste plek
- o/17 Senior Geelspan – 3de plek
Die toekoms van Oosie-netbal lyk blink!
Fast Five Gauteng
Die o.17 Seniorspan het Oos-Moot tydens die Gauteng-uitspele verteenwoordig en ‘n uitstekende agtste plek in Gauteng behaal.
2025
Die seisoen het afgeskop met opwindende mylpale: ’n rekordgetal Oosie-spelers het vir die eerste keer in ons geskiedenis die finale rondte van die Gauteng-proewe gehaal. Die o.16A-span tree vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners van die NWU-reeks uit die stryd en word vir die eerste keer na die gesogte Wildeklawer-toernooi in Kimberley genooi. Hul eindig as naaswenners in ‘n naelbyt eindstryd teen Helpmekaar Kollege wat hul slegs een punt klop (24–23).
Gauteng en SA Kampioenskappe
Die o.16A-span is Gauteng Kampioene in hul ouderdomsgroep en eindig hul seisoen in die sesde plek tydens die SA Kampioenskappe.
Fast 5
Die o.15- en o.18-spanne het met uitmuntende spel hul plek in die Fast5-distrikuitspele verseker, deurgedring na die Tshwane-uitspele by Hoërskool Menlopark waar die o.18 span derde geëindig het en gekwalifiseer het vir die Fast Five Gauteng uitspele.