Die skoleliga begin in die derde kwartaal, en bestaan uit vier ligawedlope, asook ’n +2km Dash-item. Deelname vind plaas in die volgende vier kategorieë:
-
Junior Seuns: o/14 en o/15
-
Junior Meisies: o/14 en o/15
-
Senior Seuns: o/16 tot o/19
-
Senior Meisies: o/16 tot o/19
2025
Al het die skoleliga nog nie begin nie, het Oos-Moot se landlopers reeds in April 2025 indrukwekkende werk gelewer in die NWU 4km-reeks:
-
Senior Seuns- en Dogtersspanne: 4de algeheel
-
Junior Seuns- en Dogtersspanne: 5de algeheel
-
Oos-Moot Landloopspan: 5de plek algeheel in die reeks
Noordvaal-Kompetisie
Ons landloopdogters het met trots aan die Noordvaal-kompetisie deelgeneem en puik resultate behaal:
Spanprestasies:
-
Span 1: 9de uit 29 skole
-
Span 2: 18de plek
Individuele Uitblinkprestasie:
Suid-Afrikaanse Kampioenskappe
Chanel Groenewald het op 6 September aan die landloop SA’s in Middelburg deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
– 2de plek ( silwer) in die 2 km Dash.
– 5de in die 4 km dogters 16 jaar.
Na afloop van al die ligas van hierdie seisoen het Chanel Groenewald tweede algeheel in haar ouderdomsgroep in die hele Pretoria geëindig en gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe! Dit is ’n ongelooflike prestasie aangesien sy teen van die top skole in Pretoria meegeding het.