Sedert 2023 neem Oos-Moot deel aan die Gauteng-Noord Varswater Oewerhengel Skoleliga. Hierdie liga val onder die sambreel van SAFBAF (South African Freshwater Bank Angling Federation), wat hengel as ’n georganiseerde skolesport bevorder en spanne die kans bied om tot op nasionale vlak te vorder.
In hierdie kompetisie kwalifiseer die top 2 spanne in die liga vir die Kampioen van Kampioene-toernooi, waar hulle teen ander provinsiale topspanne meeding.
Meer oor SAFBAF: www.safbaf.org.za
2026
Die eerste kwartaal was ’n besonder suksesvolle en opwindende begin vir Oos-Moot se hengelspan, met uitstekende deelname en belowende prestasies.
Ons het ’n rekordgetal deelname tydens die proewe beleef, met 24 leerders wat deelgeneem het, die meeste nog in Oos-Moot se geskiedenis. Hierdie sterk opkoms het gelei tot die samestelling van 5 spanne, bestaande uit 4 seunspanne en 1 dogterspan.
Liga
Die 2026-seisoen het belowend afgeskop met Oos-Moot se eerste hengelspan wat tydens Liga 1 by Steyns en Roslee ‘n uitstekende 3de plek uit 8 deelnemende skole behaal het. Reuben van Blerk het boonop die kompetisie oorheers deur die 1ste plek individueel te verower.
Oos-Moot se hengelaars het hul goeie vorm voortgesit. Tydens Liga 2 op 19 April eindig JJ Erasmus algeheel 2de onder seuns o.19. AB Joubert (14de) en Eben Koen eindig (16de). Eben Koen is ook vroeër die jaar genomineer om Noordwes Provinsie tydens die Kampioen van Kampioene toernooi te verteenwoordig. Onder die dogters eindig Alicia Kruger (11de) en Chene Smith (18de).
Ons eindig 3de in die liga en Reuben van Blerk word as Victor Ludoum aangewys (meeste visse en gewig vir die liga).
‘n Opregte dankie aan Mirua Solar, wat as borg ‘n waardevolle bydrae tot die span se uitrusting en ontwikkeling lewer.
Gauteng Varswater Hengel
Oosie-hengelaars verteenwoordig Gauteng Varswater Oewerhengelspanne: Reuben van Blerk (Junior o.19 A-span, Alisha Grundlingh (Junior Jong Dames C-span) en JJ Erasmus (Junior O.19 Ontwikkelingspan). Chené Smith (Gr.9) is op die kortlys vir spanseleksie geplaas is.
2025
-
Die 1ste hengelspan eindig 2de in die liga – ’n historiese prestasie.
-
Vir die eerste keer ooit word ’n Oos-Moot-span gekies om aan die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe deel te neem.
-
Meisies maak ook golwe: Tracey Lee Homan behaal 2de plek in die B-afdeling vir meisies.
-
Individuele uitsonderlike prestasies: Tracey Lee Homan – 1ste in Liga 1, Juandré Coetzee en Reuben van Blerk – 2de in Liga 1 en beide gekies vir Kolgooi SA’s.
-
SA Hengelkampioenskap-span (Oos-Moot): Eben Koen, Migual Schoeman, Reuben van Blerk en Juandré Coetzee.