📚 Hoe werk dit by Oos-Moot?
-
Toegang tot klasse: Elke leerder word deur die verskillende vakke se onderwysers uitgenooi om die aanlynklas te aanvaar. Sommige klasse is per wisselklas, en sommige klasse is per graad – dit hang af van die onderwyser, maar dit sal aan die leerders in die klasse gekommunikeer word.
-
Toegang tot die platform: Leerders kan op hul rekenaar (laptop), selfoon of beide aanteken vir Google Classroom.
-
Aanmelding: Leerders teken aan met hul skool e-posadres wat saamgestel is uit hul toelatingsnommer gevolg deur @oos-moot.co.za. Geen ander e-posadres word aanvaar nie. Die toelatingsnommer is ‘n 6-syfer getal en is beskikbaar op die d6-toep.
-
Wagwoorde: Leerders moet asseblief nie hul wagwoorde (OMleerder) verander nie.
📌 Belangrike punte vir Oosies
-
Toegang: Leerders moet hul skool e-posadres gebruik om aan te meld.
-
Wagwoorde: Moet asseblief nie die standaardwagwoord verander nie.
-
Toestelle: Toegang is beskikbaar via rekenaar, selfoon of beide.
-
Kommunikasie: Onderwysers sal kommunikeer oor hoe klasse gestruktureer is (per wisselklas of per graad).
🎥 Hulpbronne
Volg die skakels (blou knoppies) vir video’s en notas om jou te help om op Google Classroom in te teken.