Die Ink fokus op die samestelling en publikasie van die skool se tydskrif. Die tydskrif staan bekend as die Mootgenoot. In 2026 trek die Mootgenoot ‘n nuwe baadjie aan en word amptelike as ‘n tydskrif herontwerp, met ‘n moderne uitleg en ‘n verskeidenheid kreatiewe bydraes.
Die eerste publikasie vir 2026 is uitgereik in April en hieronder elektronies beskikbaar.
Die Mootgenoot-redaksiespan het onlangs die voorreg gehad om opleiding te ontvang van Mizanne van Wyk, ervare joernalis van Maroela Media. Tydens die sessie het die span waardevolle insigte gekry in die wêreld van joernalistiek, nuusberiggewing, onderhoudvoering, etiese verslaggewing en professionele skryfwerk.
Die geleentheid om by ‘n joernalis met uitgebreide bedryfservaring te leer, bied vir ons Mootgenoot-span ‘n unieke voordeel. Dit help hulle nie net om hul skryf- en kommunikasievaardighede verder te ontwikkel nie, maar gee hulle ook eerstehandse blootstelling aan die standaarde, verantwoordelikheid en kreatiwiteit wat met professionele joernalistiek gepaardgaan.
Ons is opgewonde oor die jaar wat voorlê en sien uit na die kreatiwiteit, entoesiasme en vars perspektiewe wat ons MootGenoot-redaksiespan na ons skool se nuus en kommunikasie gaan bring.