KULTUURAKTIWITEITE
Ons glo kultuur speel ‘n kernrol in die ontwikkeling van selfvertroue, kreatiwiteit en karakter. Kultuur is vir ons ‘n lewenslange passie, ‘n alledaagse avontuur, ‘n stil verslawing en ‘n bron van oneindige vreugde. Ons bied ‘n ryk verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan waarin elke leerder ‘n platform kry om hul unieke talente te ontdek en te ontwikkel.
















