RUGBY

Rugby by Hoërskool Oos-Moot is ’n groeiende en dinamiese program waar spanwerk, deursettingsvermoë en trots sentraal staan. Ons spanne neem jaarliks deel aan gevestigde kompetisies soos die Noordvaal- en NWU Skolesportreekse, waar hulle hulself teen sterk opponente meet.

Oos-Moot se rugbyspanne toon deurgaans hul mededingendheid en veggees, met indrukwekkende oorwinnings wat hul potensiaal en ontwikkeling onderstreep. Met toegewyde afrigting en ’n fokus op karakterbou, bied Oos-Moot aan elke speler die geleentheid om te groei — nie net as sportman nie, maar ook as gebalanseerde jong mens.  Ons beskik oor ’n toegewyde span buite-afrigters wat bestaan uit ervare rugbymense met ’n passie vir ontwikkeling en prestasie. Hul bring ’n kombinasie van praktiese speelervaring, tegniese kennis en ’n diep begrip van die spel na ons program. 

2027

Ons is baie trots op ons Oosie-rugbyspelers en -afrigters wat vir 2027 by die Blou Bulle betrokke is. 

  • Michael Bhuda is vir die Blou Bulle o.17 sewesspan gekies.
  • Mnr B Pretorius (Sporthoof) is aangestel as die Blou Bulle o.18 Cravenweek-hoofafrigter, asook Blou Bulle Hoëprestasie-bestuurder.
  • Mnr D du Plessis (afrigter) is aangestel as die Blou Bulle o.15 Afri Week-A-assistentafrigter.  

2026

NWU-reeks

Drie rugbyspanne (eerstespan, tweedespan en o.16A-span het gekwalifiseer vir die halfeindronde van die prestigeryke NWU Skolesportreeks. Hierdie spanne het op 11 April teen Hoërskool Menlopark meegeding vir plekke in die eindronde.  

Die eerstespan sluit die NWU-reeks af met ‘n 3de plek algeheel, nadat hulle Nelspruit met 31–14 verslaan het in die uitspeelwedstryd vir die derde plek.  Die NWU Skolesportreeks se finale plasings word op Check-e-Log gepubliseer. 

12e NMI Toyota Noord-Suidtoernooi

Die o.19-span is vir die eerste keer uitgenooi na hierdie toernooi, een van Suid-Afrika se mees gesogte skolerugbytoernooie.  Ons span eindig onoorwonne met oorwinnings van 24–21 teen Hugenote en 33–18 teen Strand. Teen van die land se sterkste rugbyprogramme het ons spelers hul vaardigheid, karakter en veggees gewys. Hierdie prestasie bevestig die groei en gehalte van die Oos-Moot-rugbyprogram en dien as ‘n uitstekende fondament vir die res van die 2026-seisoen.

Noordvaal-toernooi 

Ons rugbyspanne neem in die Noordvaal Plaat-afdeling deel, wat die B-Liga van die Noordvaal-struktuur waar ons teenstanders die volgende skole insluit:  Montana, Nelspruit, HTS Middelburg, Kempton Park, Transvalia, Wesvalia, Zwartkop en Klerksdorp.

Volgens die jongste promosie-/relegasielog is ons spanne huidiglik 5de in die plaatafdeling (5 wedstryde gespeel met 102 punte op die gesamentlike log).  Hierdie log word nie net deur die eerstespan bepaal nie, maar deur die prestasie van al die A- en B-spanne in die onderskeie ouderdomsgroepe.

Hoërskool Oos-Moot se O.16A-rugbyspan het hul Noordvaal Beker-veldtog op ’n hoogtepunt afgesluit deur as Noordvaal Plaat-wenners gekroon te word.

In die semi-finaal het die O.16A’s ’n uitstekende vertoning gelewer en Wesvalia met 36–19 geklop om hul plek in die eindronde te bespreek. Die 1ste span se bekerwedloop het in die semi-finaal tot ’n einde gekom ná ’n nederlaag van 8–45 teen Zwartkop. Ons is trots op die span se harde werk, deursettingsvermoë en goeie gees gedurende die seisoen.

Die o.16A-span het in die eindronde by Hoërskool Zwartkop in Centurion teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom en met ’n uitstekende 31–17-oorwinning die Noordvaal Plaat-titel verower.

Eindtelling:  Oos-Moot 31–17 Nelspruit

Oos-Moot se puntemakers:
Drieë: Meldon Bredenhann, Kurtley Barendse, Willie van Niekerk en Dillan Lubbe
Doelskoppe: Jordan Liebenberg (4)
Strafdoel: Jordan Liebenberg

’n Seisoen van harde werk en deursettingsvermoë is op gepaste wyse met ’n Noordvaal Plaat-titel bekroon.

7’s Rugby

Ons sewesspanne presteer tydens die onderskeie 7’s toernooie.  Die o.17A-span het puik presteer tydens die Montana toernooi waar hulle onoorwonne as 7’s bekerwenners uit die stryd getree het.

2025

  • Die o/16A-span het hulself gevestig as een van die top presterende spanne in die Noordvaal Plaat-afdeling.
  • Die Tweedespan en Derdespan lewer deurgaans sterk vertonings samel waardevolle ligapunte vir ons in.
  • Die Eerstespan het teen gevestigde rugbyskole soos Wesvalia en Transvalia belangrike oorwinnings behaal.

Ons rugbyprogram toon goeie diepte aangesien verskeie ouderdomsgroepe mededingend teen die sterkste skole in die Plaat-afdeling is.

Afrigterprestasie

‘n Besondere hoogtepunt is die aanstelling van ons sporthoof en eerstespan-afrigter, Mnr Braam Pretorius, as hoofafrigter van die Blou Bulle o.18 Cravenweekspan vir 2026. Hierdie prestasie is ‘n besondere erkenning van die kwaliteit afrigting en rugbyontwikkeling wat by ons plaasvind.

Blou Bul Skolespanne

Oosies maak geskiedenis met die aantal rugbyspelers wat vir Blou Bulle-spanne gekies is.

o.18 Cravenweek:  Riyaan Wilson en Thando Telelo. o.18 Akademieweek:  Brian Jacobs, Bradley Jacobs en Michael Bhuda.  o.18 XV: Jayden Meintjies en Sinawo Stengana.  o.17A: Tyrese Adams (o.17A).  o.16 Noordvaal A: Tumelo Maphaha.  o.15A:  Kurtley Barendse.

Eduan Swart (Oud-Oosie 2018)

Posisie: Haker

  • Begin sy professionele loopbaan by die Pumas (2021-2023)
  • Maak sy debuut 2020-2021 in die Currie Cup (ongeveer 39 wedstryde)
  • 2023-2024 sluit aan by Scarlets 2023-2024 
  • Terug by die PUMAS in 2024
  • 2025 – sluit aan by die Sharks en speel verskeie wedstryde URC en Champions Cup
  • 2026 – Gekontrakteer deur die SHARKS

👉 ’n Kragtige voorspeler wat vinnig besig is om naam te maak in professionele rugby.

 

Marithy Pienaar (Oud-Oosie 2009)

Posisie: Openside flank (7’s)

  • Voormalige Springbok Women’s Sevens speler
  • Verteenwoordig Suid-Afrika by Wêreldreeks-toernooi
  • Verteenwoordig Suid-Afrika by die 2018 Statebondspele (Commonwealth Games)
  • Kaptein van SA Women’s Sevens by ’n Dubai-toernooi
  • SA Rugby Women’s Achiever of the Year (2016)
  • Betrokke by hoëprestasie-afrigting
  • Gekies vir Women’s Sport Leadership Academy (IOC)

👉 Van internasionale speler tot mentor en ontwikkelaar van jong talent in rugby.

Yolanda Meiring (Oud-Oosie 2000)

Posisie: Heelagter
Hoogtepunte:

  • Deel van 2006 en 2010 Wêreldbekertoernooie
  • Internasionale wedstryde teen topnasies
  • Springbok Vrouespeler

👉 ’n Ware pionier van vrouerugby by Oos-Moot.

Edmund Ludick (Oud-Oosie 2016)

Hoogtepunte:

  • Debuut vir Southern Kings in Pro14 (2020)
  • Internasionale loopbaan by Strela Kazan (Rusland)
  • Deel van 2023/2024 kampioenskapseisoen

👉 ’n Speler wat sy loopbaan suksesvol internasionaal uitgebrei het.

Johan Lamprecht (Oud-Oosie)

Posisie: Flank

  • 101 wedstryde vir Noord-Transvaal
  • Eerste nie-Springbok met 100+ wedstryde
  • Deel van legendariese lostrio
  • 3× Curriebeker-wenner

👉 Een van die grootste name in Blou Bul rugbygeskiedenis.

Hennie du Rand (Oud-Oosie)

Posisies: Losskakel / Senter / Heelagter (1966 tot 1976)

  • Noord-Transvaal vanaf ouderdom 18
  • 50 provinsiale wedstryde
  • 3× genooi na Springbok-proewe

👉 ’n Veelsydige speler wat reeds op jong ouderdom uitgeblink het.