HOKKIE

Fotokrediet:  Rudi Cornelius (Oosie Mediaspan)

Linde Steyn
Organiseerder
hokkie@oos-moot.co.za

Hokkie by Hoërskool Oos-Moot: Groei in gees en geleenthede

Hokkie is aan die groei by Hoërskool Oos-Moot – en nie net in getalle nie, maar ook in kwaliteit, prestasie en infrastruktuur.

Met spanne vir beide seuns en dogters wat jaarliks aan die NWU-reeks, plaaslike ligas en verskeie toernooie deelneem, is hokkie besig om ‘n trotse deel van die Oos-Moot-sportkultuur te word.  Sedert 2024 het ons spelers ook die geleentheid gehad om  teen spanne uit Skotland en Swaziland kragte te meet.  ‘n Hoogtepunt op ons kalender.

‘n Fasiliteit wat presteerders kweek

In 2021 het Oos-Moot sy hokkie-infrastruktuur op ’n nuwe vlak geneem met die aanlê van ’n moderne ASTRO-baan – die enigste van sy soort in die hele Moot-area. Hierdie fasiliteit stel ons in staat om spelers op ‘n topvlak te ontwikkel en bied geleenthede vir verskeie vorme van die sport – insluitend tradisionele 11’s, 8’s, binnenshuise hokkie en die dinamiese Hockey 5s-formaat.

Die seisoen begin vroeg met vaardigheidsontwikkeling en proewe, wat ons in staat stel om gefokus te werk aan spanwerk en individuele tegniek. Hokkie by Oos-Moot is dus lankal nie meer net ‘n wintersport nie – dit is ‘n sport vir die hele jaar.

2025 – Nuwe afrigtingstalent versterk die toekoms

In 2025 verwelkom ons met groot opgewondenheid Earl Kim-Fley as hoofafrigter van Oosie Hokkie en die Oosie Junior Akademie. Mnr. Kim-Fley bring meer as 20 jaar se ervaring as speler, afrigter, skeidsregter en spanbestuurder na ons sportprogram. Hy en mnr. L. Letebele (o.16-seunsafrigter) is albei aangestel by die Northerns Blues se afrigtingspanne vir onderskeidelik die o.18B en o.14A-seuns – ‘n bewys van hul kennis en respek in die sport.

Afrigters wat Uitblink

Mnr. Earl Kim-Fley
Spanbestuurder van die o.18B Noord-Gauteng Seunspan.
Hy het ook as speler vir die Noord-Gauteng Stallions aan die SA Meesterstoernooi deelgeneem, waar hy gekies is vir die SA Meestershokkie-oefengroep (bo 45).

 

Mnr. Lesego Letebele
Spanbestuurder van die o.14A Noord-Gauteng Seunspan, asook spanbestuurder van die o.16B Noord-Gauteng Indoor Seunspan wat in Desember aan die eerste SASHOC Indoor-toernooi gaan deelneem.

Mej. Thandeka Mkolo
Spanbestuurder van die Noord-Gauteng o.16A dogterspan én die o.14B Noord-Gauteng Indoor Dogterspan, beide op pad na die eerste SASHOC Indoor-toernooi in Desember.

Me. Linde Steyn
Spanbestuurder van die Suid-Gauteng o.16A dogterspan.

Mnr. Auwke Theron
Gekies vir die Noord-Gauteng Senior A-span wat aan die SA kontreidistrikte (SADC) toernooi deelgeneem het.


2025 Oos-Moot vier hokkieprestasies!

Baie geluk aan al ons hokkiespanne wat hierdie seisoen met trots en deursettingsvermoë gespeel het!

🟦 Seunshokkie:

Ons seunshokkiespanne het uitstekend gevaar in die Northerns Boys Hockey Tweede Liga:

  • Die seunshokkie-afdeling is as algehele wenners van die liga aangewys!

  • Die o.16-span het hul liga gewen en die eerste plek behaal.

  • Die o.14- en 1ste span het tweede geëindig in hul onderskeie ligas.

🟩 Dogtershokkie:

Ons dogtershokkiespanne het deelgeneem aan die Northerns Girls Hockey Grootskole Groep 2 en het pragtige resultate behaal:

  • Die o.15B-span het hul liga gewen – 1ste plek.

  • Die o.14B- en 2de span het tweede geëindig.

  • Die o.15A-span het ‘n derde plek in hul liga behaal

🟦 Provinsiale spelers

  • Karla van Wyk is gekies vir die Noord-Gauteng o.16 C dogterspan wat aan die streekstoernooi deelgeneem het.
  • Elmar Theron is gekies vir die Noord-Gauteng Ontwikkellingspan wat in September aan ’n toernooi deelgeneem en gewen het.   

Eerstespan Hokkiedogters – Mylpaalprestasies

Baie geluk aan ons talentvolle eerstespan hokkiedogters wat ongelooflike mylpale hierdie seisoen bereik het:

50 wedstryde:
Helaney Steyn, Liya Steyn, Tayle Purcell, Bronwyn Botha, Charmoné Momberg, Abigail Bloom

75 wedstryde:
Chloe Norman

Julle toewyding, spanwerk en trots vir Oos-Moot maak ons almal ongelooflik trots!

Ons is ongelooflik trots op elke speler en afrigter – jul harde werk en spanpoging word raakgesien en waardeer! Hou aan om met trots vir Oos-Moot te speel!

2024 ‘n sterk seisoen vir ons dogterspanne

In 2024 het Oos-Moot deelgeneem aan die Grootskole Groep 2-afdeling van Northerns Dogtershokkie. Ons spanne het ‘n uitstekende seisoen beleef:

🔹 o.15B-span – LIGAWENNERS
🔹 o.15A-, o.14B- en 2de span – elk 2de plek
🔹 1ste span – 3de plek, én gekwalifiseer vir die Noordvaalkompetisie

Verder het verskeie van ons dogterspanne die unieke geleentheid gekry om teen internasionale toerspanne van Swaziland en Skotland te speel – waardevolle ervaring wat hul spelvlak en selfvertroue versterk het.

2023 – Seunshokkie groei van krag tot krag

Na ‘n suksesvolle 2023-seisoen in die 3de liga, is ons seunspanne in 2024 opgeskuif na die sterker 2de liga. Hulle het hul staal gewys:

🔹 o.14-seuns – 2de plek
🔹 1ste span – 5de plek
🔹 o.16-span – 8ste

Die sport groei vinnig onder ons seuns. In 2022 het ons net twee spanne gehad (ongeveer 30 spelers), maar teen die einde van 2024 het ons 51 aktiewe spelers gehad – ’n betekenisvolle groei in belangstelling en deelname. Twee van ons afrigters het ook Oos-Moot verteenwoordig by die SASHOIC (South African Schools Hockey Interprovincial Challenge) in Junie – ‘n prestasie waarop ons baie trots is.

Oosie-Junior Hokkie: Bou aan die toekoms

Met die eerste en enigste ASTRO-baan in die Moot nooi ons jong hokkiespelers van laerskole uit om aan te sluit by die Oosie-Junior Hokkie Akademie. Hier word spelers reeds op laerskoolvlak blootgestel aan die tegniek, vaardighede en spelinligting wat later in hoërskool van hulle verwag word.

Een van ons grootste uitdagings bly die graad 8-leerders wat eers in hoërskool met hokkie begin – en dan vinnig moet opvang. Deur ons junior akademie wil ons hierdie gaping verklein en van vroeg af bou aan sterk, vaardige spelers.

Oosie Junior Hokkie

Afrigters