2026 – Bou aan ‘n trotse krieketerfenis
Krieket by Hoërskool Oos-Moot beleef tans ‘n opwindende tydperk van groei en ontwikkeling. Die 2026-seisoen het reeds op 4 Januarie afgeskop toe verskeie spanne op voorseisoentoere vertrek het om hul voorbereiding vir die jaar te begin. Die eerste span het uitstekend gevaar tydens die gesogte Kovsie Smash, waar hulle hul beste prestasie nóg behaal het deur vyfde uit 18 deelnemende skole te eindig.
‘n Belangrike mylpaal vir Oos-Moot Krieket was die eerste span se eerste deelname aan die Daisy Cup gedurende die tweede kwartaal. Die span het deurgaans uitstekende karakter, deursettingsvermoë en spanwerk getoon en die halfeindronde gehaal – ‘n besondere prestasie wat die positiewe ontwikkeling van die krieketprogram bevestig.
Die skool beskik tans oor ses krieketspanne – drie junior- en drie seniorspanne – met altesaam 75 spelers wat die sport beoefen. Hierdie sterk deelname skep ‘n gesonde ontwikkelingspyplyn waar spelers geleentheid kry om hul vaardighede te ontwikkel, wedstrydervaring op te doen en geleidelik deur die ouderdomsgroepe te vorder. Hoërskool Oos-Moot neem gedurende die derde kwartaal in die B-afdeling van die krieketliga deel, waar daar teen Hoërskool Montana, Hoërskool Centurion, Hoërskool Zwartkop en Midstream College meegeding word.
Oosie Bash
Een van die grootste hoogtepunte van die jaar was die bekendstelling van die Oosie Bash. Die eerste interne T20-kriekettoernooi van sy soort in die Moot-omgewing. Die toernooi is ontwerp om spelers, afrigters en ouers op ‘n unieke manier bymekaar te bring en terselfdertyd ‘n professionele franchise-atmosfeer te skep.
Altesaam 61 spelers het aan die Oosie Bash toernooineem aan die toernooi deel en word deur middel van ‘n speler- en afrigtersveiling aan vier franchises toegewys. Ouers tree as spaneienaars op en dra by tot die besondere ervaring. Die franchises – Moot Mavericks, Rietfontein Ratels, Queenswood Capitals en Villieria Super Kings – bestaan elk uit ‘n gebalanseerde groep o.14-, o.15- en senior spelers wat oor vyf dae in ‘n T20-formaat meeding. Die toernooi word jaarliks gedurende die laaste week van Junie aangebied en het reeds ‘n hoogtepunt op die Oos-Moot sportkalender geword.
Die eerste Oosie Bash was ‘n groot sukses en het ‘n week van opwindende krieket, gesonde kompetisie en uitstekende skoolgees opgelewer. Die Villieria Super Kings het geskiedenis gemaak deur die eerste Oosie Bash-titel te verower met ‘n oorwinning oor die Rietfontein Ratels in die eindstryd.
Aiden Thijs is as Bouler van die Toernooi aangewys nadat hy agt paaltjies gedurende die week geneem het, terwyl Marnus Broodryk met 278 lopies in vyf wedstryde die toekennings vir Kolwer van die Toernooi én Speler van die Toernooi ontvang het.
Die Oosie Bash het hom reeds as ‘n hoogtepunt op die Oos-Moot sportkalender gevestig en ons sien met groot afwagting uit na volgende jaar se toernooi.
‘n Hartlike woord van dank aan al ons ouers, leerders, personeel en borge – Donato Logistics, Koopkrag en Centurion Cricket Company – wie se ondersteuning hierdie onvergeetlike week moontlik gemaak het.
Oosie-krieket bou sterk momentum
Ons krieket toon goeie groei en sterk vorm, met verskeie spanne wat gedurende Augustus uitstekende oorwinnings behaal het. Wat veral opval, is die diepte van ons krieketprogram – van die o/14- en o/15-spanne tot die senior spanne. Die uitslae in Augustus sluit oortuigende oorwinnings met beide paaltjies en lopies in, wat getuig van ’n goeie balans tussen ons kolf- en boulwerk.
Die o/14A-span se oorwinning met 166 lopies, asook verskeie oorwinnings met vyf of meer paaltjies, beklemtoon die positiewe momentum wat tans binne Oosie-krieket heers. Met jong talent wat reeds sterk na vore tree en spanne wat konsekwent kompeteer, lyk die toekoms van ons krieket besonder belowend.
Uitblinker spelers
Verskeie spelers het reeds gedurende die seisoen uitstekende vertonings gelewer. Marnus Broodryk en Liam du Preez van die eerste span tel onder die voorste presteerders met indrukwekkende lopie- en paaltjiestatistieke. Marnus het reeds in 2025 provinsiale erkenning ontvang toe hy vir die Titans o.15-span gekies is.
Afrigtingspan
Die sukses van Oos-Moot Krieket word ondersteun deur ‘n ervare en toegewyde afrigtingspan. Die hoofafrigters is:
- Mnr J Redelinghuys – Vlak 2-afrigter met internasionale afrigtingservaring.
- Mnr L Booysen – Tweemalige Noordvaal-wenafrigter.
- Mnr J Boshoff
- Mnr J Neethling – Vlak 2-afrigter en voormalige Lions-provinsiale afrigter.
- Mnr F Massyn – Vlak 2-afrigter.
Die program word verder versterk deur buite-afrigters mnre J de Bruyn, D Corbett, E Visagie, T Gouws (voormalige Titans Colts-speler met internasionale ervaring in Engeland en Noord-Ierland), R Spies en S Oosthuizen, wat vanaf die derde kwartaal by die afrigtingspan aansluit.
Met sterk leierskap, groeiende deelname, uitstekende prestasies en innoverende projekte soos die Oosie Bash, is Hoërskool Oos-Moot se krieketprogram besig om hom as een van die voorste ontwikkelende krieketprogramme in Pretoria te vestig. Die toekoms van Oos-Moot Krieket lyk besonder belowend.
2025
Die 2025-krieketseisoen het vanjaar vroeg afgeskop, met die eerste wedstryd reeds op 4 Januarie. Die jaar het die vooruitgang van Oos-Moot se krieket duidelik gewys – ons het groot wenne behaal en die algehele prestasies het die groei van die program beklemtoon. Meer seuns sluit jaarliks by die sport aan, wat ons krieketprogram steeds versterk.
Prestasies
- o.15-groep wen die Finbury-reeks aan die begin van die jaar met die uitblinkers M Broodryk, I Labuschagne en C van Heerden.
- M Broodryk is die eerste Oos-Moot Titans o.15-speler wat verkies is vir die provinsiale week in Desember.
- M Broodryk en I Labuschagne het ingeskakel by die eerste span waar M Broodryk as top scorer en I Labuschagne as o.15 bowler van die jaar aangewys is (meer as 40 paaltjies).
- Eerste span wen die Finbury-reeks asook die promosie\relugasiewedstryd teen Hoërskool Linden wat beteken dat ons in 2026 teen sterker kompetisie deelneem.
- Eerste span eindig tydens die Kovsie Smash 9de uit 20 skole.
Uitblinkers
-
Beste Senior Speler: D Corbett
-
Beste Junior Speler: M Broodryk
-
Beste Senior Kolwer: R Spies
-
Beste Junior Kolwer: M Broodryk
-
Beste Senior Bowler: E Theron
-
Beste Junior Bowler: I Labuschagne