Tanika Ferreira
sagtebal@oos-moot.co.za
🥎 Sagtebal by Hoërskool Oos-Moot – ’n Spel van vaardigheid, spanwerk en groeiende sukses
Sagtebal is ’n dinamiese spansport wat spoed, vaardigheid, koördinasie en strategiese denke vereis. Oorspronklik ontwikkel in die VSA as ’n veiliger alternatief vir bofbal, het sagtebal vandag wêreldwyd gegroei tot ’n gewilde sport onder jongmense, veral in skole en universiteite. In Suid-Afrika vorm dit deel van verskeie skolesportligas en ontwikkelingsprogramme, en bied dit vir meisies ’n uitstekende geleentheid om hulself sportief uit te leef in ‘n kompetisiegedrewe, maar inklusiewe omgewing.
📈 Sagtebal se groeiende impak by Oos-Moot
Die sagtebalprogram by Hoërskool Oos-Moot toon jaar na jaar merkwaardige groei. Die toewyding van ons afrigters en spelers het daartoe gelei dat Oos-Moot gereeld in die voorste linies van die ligas en kampioenskappe meeding. Ons spanne het nie net in die Tshwane Kampioenskappe en Stadsbeker-finaal uitgeblink nie, maar verskeie Oosie-speelsters is jaarliks opgeneem in die Tshwane-verteenwoordigende spanne – ’n bewys van hul talent en harde werk.
🌟 Waarom sagtebal?
Sagtebal bied aan leerders – veral dogters – ’n ruimte om:
-
🧠 Besluitneming en konsentrasie te ontwikkel
-
🤝 Spanwerk en kommunikasie te verbeter
-
💪 Fisieke vaardighede soos spoed, gooi, vang en slaan te bemeester
-
🏆 Erkenning te ontvang deur deelname aan plaaslike en provinsiale spanne
Dit is ook ’n sport wat selfdissipline en volharding aanmoedig – eienskappe wat ver buite die sportveld voordelig is.
Hoërskool Oos-Moot se sagtebalprogram is een van ons spogsportaktiwiteite en ons sien uit na nog seisoene vol toewyding, groei en oorwinnings.
🌟 2025: ’n Seisoen van Uitmuntende Prestasie!
2025 was ’n uitsonderlike jaar vir Oosie Sagtebal
🏆 Gauteng Kampioene!
Baie geluk aan ons O/15A– en O/19A-sagtebalspanne wat vandag as die Gauteng Kampioene gekroon is! 💙💪
O/15A Uitslae:
-
🥎 Wen ESSA (Benoni High) met 10–4
-
🥎 Wen JSA (Trinity House) met 22–0
O/19A Uitslae:
-
🥎 Wen ESSA met 15–1
-
🥎 Wen JSA met 12–1
Ons Oosie-harte bars van trots oor hierdie ongelooflike prestasie! 🎉
. By die Tshwane Sagtebal Liga-uitspele op 25 Oktober by Crafford, het ons spanne weer gewys hoekom Oos-Moot met trots op die diamant staan.
-
O/15A-span: 🌟 Ligawenners én Goudmedalje-wenners na ’n oortuigende 7–0 oorwinning teen Hoërskool Zwartkop. Hulle dring nou deur na die Gauteng Kampioenskappe, wat hierdie Saterdag op eie bodem plaasvind.
-
Eerstespan: 🥇 Wen hul finaal teen Afrikaans Hoër Meisies Pretoria met 7–4 — ’n kragmeting van uitstekende sagtebal en spanwerk. Ook hierdie span kwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe.
-
O/16A-span: 💪 Eindig vierde nadat hulle in die bronsfinaal teen Hoërskool Montana te staan gekom het.
Hoërskool Oos-Moot eindig algeheel tweede in die TSSA-liga — ’n merkwaardige prestasie wat spreek van toewyding, talent en trots.
’n Groot dankie aan ons afrigters, spelers en ouers vir hul ongelooflike ondersteuning. Jul harde werk en geesdrif maak die verskil.
🥎 Splinternuwe baadjie vir ons oefenhokke
Ons sagtebal-oefenhokke het onlangs ’n splinternuwe baadjie gekry! Danksy die ongelooflike spanpoging van ons toegewyde sagtebalouers, spog die area nou met nuwe sementblaaie en pragtige kunsmatige gras. Die verbeterings skep ’n moderne en professionele oefenruimte waarop elke Oosie trots kan wees.
“Twee vaar beter as een; hulle inspanning kom tot iets.” – Prediker 4:9–12
Ons is opreg dankbaar vir ouers en gemeenskapslede wat saamstaan om Hoërskool Oos-Moot tot nóg hoër hoogtes te neem. Jul betrokkenheid en ondersteuning maak werklik ’n verskil. 🌟
🥎 Sagtebalprestasie – 2024
Sagtebal by Hoërskool Oos-Moot het in 2024 besondere hoogtepunte behaal. Ons spanne het nie net op liga-vlak uitgeblink nie, maar ook hul merk gemaak in die Gauteng-uitspele.
🌟 Liga-prestasies – Tshwane
-
O.14A-span – 1ste plek in Tshwane
-
O.15A-span – 1ste plek in Tshwane
-
O.16A-span – 2de plek in Tshwane
-
O.19A-span – 2de plek in Tshwane
🏆 Gauteng-uitspele
-
Die O.15A-span het albei hul wedstryde gewen en is aangewys as beste span in Gauteng – ‘n uitmuntende prestasie!
💪 B-spanliga (Tshwane Topliga)
-
Oos-Moot se B-spanne het die liga gewen, wat hulle posisioneer as die topspanne in die B-spanliga van Tshwane.
-
Beide die O.14B– en O.19B-spanne het trofeë verower – ‘n bewys van die skool se diepte en talent op alle vlakke.
BORG






