HOKKIE

Dario Lourenco
Astrobaan bestuurder en organiseerder
astro@oos-moot.co.za

Ons Astro-bestuurder en hokkie-organiseerder Dario Lourenco is gekies vir die 2022 “Northerns” binnenshuise span.

Die skool het dogters- en seuns hokkiespanne wat aan die PUK-reeks, hokkieliga en toernooie deelneem.  Ons was in 2021 in die bevoorregte posisie om ons hokkie fasiliteite op te gradeer met ‘n ASTRO baan.  Dit is ook die enigste fasiliteit van sy soort in die Moot area. Dario Lourenco (Suid-Afrikaanse binnenshuise hokkiespeler) is aangestel as die bestuurder van die Astro en afrigter van die eerste hokkiespan.   Daar word vroeg in die seisoen begin met vaardigheidsoefeninge en proewe sodat spanne kan fokus op spanwerk en vaardigheid.  

Ons bedank ons borge:

Just Imagine Properties wat hierdie jaar die dogters se klere borg.

Die klere is op 5 April 2022 deur mnr Werner van Deventer aan die eerstespan spelers oorhandig.

Spar Queenswood wat hierdie jaar die jaar ‘n “kit” vir die 1ste span seuns borg. 

Die “kit” is op 25 April aan die spelers oorhandig.

 

HOOFBORG – 1ste span (dogters)

 

HOOFBORG – 1ste span (seuns)