ROLBAL

Rolbal is ‘n dinamiese sport wat strategie, presisie en konsentrasie kombineer. Dit bied leerders die geleentheid om koördinasie, balans en spanwerk te ontwikkel, terwyl hulle deel vorm van ‘n ondersteunende en inklusiewe sportomgewing. Die sport is geskik vir leerders van alle vaardigheidsvlakke en bied ‘n uitstekende alternatief vir tradisionele spansport.

Me S van Blerk
Organiseerder
rolbal@oos-moot.co.za

Rolbal word sedert 2021 met groot sukses by Hoërskool Oos-Moot aangebied. Ongeveer 20 leerders neem tans deel, insluitend Junior-Oosies uit omliggende laerskole wat deel vorm van ons ontwikkelingsprogram.

Ons spanne neem jaarliks deel aan:

  • Pretoria Stadsbekerliga
  • Gauteng-Noord Skole Individuele Toernooi
  • Gauteng-Noord Jeugrolbaltoernooie

Ons rolbalprogram het reeds uitstekende sukses behaal.

Oefentye

  • Vrydae: 14:00 – 16:00

  • Plek: Villieria Rolbalbane

  • Vervoer: Leerders gebruik eie vervoer na en van oefeninge

  • Skoolbussie word voorsien vir vervoer na wedstryde

Bepalings 2026

31 Julie – OM1 vs Montana 1 (Wingate)
7 Augustus – OM1 vs Barbarians 1 (PHSOB)
14 Augustus – OM1 vs Waterkloof 1 (Colbyn)
21 Augustus – OM1 vs Barbarians 2 (Harlequins)
28 Augustus  – OM1 vs Waterkloof 2 (Villieria)
30 Augustus – OM1 vs Sonitas 1 (Wingate)

2025

Geskiedenis is gemaak met liga-oorwinnings in beide die A- én B-liga van die Pretoria Stadsbeker – die eerste dubbel liga-oorwinning in Oos-Moot se geskiedenis.

2024

  • B-liga: 3de plek
  • C-liga: 3de plek
  • A-liga: 4de en 5de plek

Hierdie prestasies getuig van ons spelers se deursettingsvermoë, spanwerk en toewyding.

Toerusting

Nuwe spelers ontvang tydens die aanvangsfase rolbalballe om die sport te leer ken voordat hulle besluit om permanent deel te neem.