E-SPORT

In die afgelope paar jaar het e-sport ‘n indrukwekkende groei by Oos-Moot beleef. Dit is deels te danke aan die groeiende belangstelling in digitale platforms en die toenemende rol wat tegnologie in die jongste geslag se lewe speel. Deur die insluiting van e-sport as amptelike sport, het Oos-Moot die kans gegun om ‘n nuwe generasie van sportlui aan te moedig wat nie net hul tegnologiese vaardighede wil ontwikkel nie, maar ook samewerking, strategiese denke, en sportmanskap wil beoefen.

Mnr E Louwrens
Organiseerder
esport@oos-moot.co.za

2026

Drie Oosie-seuns, Mandre Vorster, Nathan du Toit en Marnus Jonck, het onlangs aan die Rocket League-kompetisie deelgeneem tydens die Rand Show Boost Cup Hoërskoolkampioenskappe en uitgestaan as die wenners van die dag!

Hierdie kompetisie vorm deel van die bekende Rand Show se e-sport-aanbiedinge, waar leerders van verskeie skole en die publiek die geleentheid kry om hul vaardighede in ’n hoogs kompeterende en energieke omgewing te toets. Die Rocket League Boost Cup is ’n vinnige, span-gebaseerde speletjie waar spelers strategies moet saamwerk, vinnige besluite neem en uitstekende tegniese vaardighede toon om doele aan te teken met gemotoriseerde voertuie.

Ons Oosie-span het met uitstekende spanwerk, fokus en deursettingsvermoë gespeel en hul plek boaan die kompetisie verdien – ’n merkwaardige prestasie teen sterk mededinging.

2025

Ons E-sportspanne het aan die RGB Gaming kompetisie by Comic Con Africa 2025 deelgeneem en mooi prestasies gelewer.

HSEL – 4de Plek
Ons talentvolle span het ’n 4de plek in hierdie nasionale liga behaal: Marnus Jonck, Joshua Kok en Shane Swanepoel

RGB Gaming – 2de Plek
In die meer gevorderde RGB-toernooi het ons ’n 2de plek ingepalm – ’n groot prestasie teen sterk mededinging: Marnus Jonck, Nathan du Toit en Mandré Vorster

Fortnite RGB Toernooi
Ons span het ook aan die Fortnite-toernooi deelgeneem, waardevolle wedstryd-ervaring opgedoen en baie geleer vir volgende seisoene: Nicole van Blerk, Maija Badenhorst en Damon du Bruyn

In Julie het Oos-Moot se talentvolle e-sportspanne aan die African Gaming Championship 2025 (AGC 2025) in Kaapstad deelgeneem. Ons is trots om aan te kondig dat verskeie spanne puik prestasies gelewer het teen van die land se sterkste mededingers.

Spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het:

  1. Rocket League (Alpha-span)

  2. Rocket League (Bravo-span)

  3. Valorant-span

  4. Fortnite-span

Prestasies

  • Rocket League (Alpha) het die finaal gehaal en met groot mededinging tweede geëindig teen Edgemead High School.

  • Valorant-span het ook die finaal bereik en die tweede plek behaal teen Hoërskool Zwartkop.

  • Die Rocket League (Bravo) – en Fortnite-spanne het dapper deelgeneem, maar het ongelukkig nie in die topplasings geëindig nie.

Rocket League (Alpha) – 2de plek:  Marnus Jonck, Shane Swanepoel en Joshua Kok

Valorant – 2de plek: CJ Cocklin, Adley du Toit, Jeandré Kroukamp, Marnu van Niekerk en Kyle Rademan