KULTUURAKTIWITEITE

Me L Bouwer
Kultuurhoof
kultuur@oos-moot.co.za

Me Bouwer se liefde vir kultuur het op ‘n vroeë ouderdom begin. Sang was nog altyd ‘n groot liefde. Sy was lid van verskeie kore, vir ‘n paar jaar lid van die Grafsteensangers en as student deel van die Alabama Studentegeselskap. 

Haar leuse is:  “Kultuur is nie net my passie nie …, Kultuur is my HARTKLOP!

Wat is kultuur?” – Op die oog af nou nie juis die tipe vraag wat jou gaan laat kopkrap nie… maar hoe langer jy daaroor dínk, beslis ook nie ‘n eenvoudige een om te beantwoord nie. Wat is kultuur vir my?

Kultuur is KREATIEF, Kultuur is TROTS, Kultuur is KUNS, Kultuur is SAMESYN, Kultuur is DEELNAME, Kultuur is PRET, Kultuur is KLEURVOL, Kultuur is MUSIEK, Kultuur is MENSWEES.

By Hoërskool Oos-Moot is kultuur nie net ‘n PASSIE nie… Kultuur is ons HARTKLOP!

 

BEKENDE OUD-OOSIES