OOSIE MEDIA 

Mnr J Redelinghuys
j.redelinghuys@oos-moot.co.za

📸 Oosie Media – Ontwikkel. Skep. Inspireer.

By Hoërskool Oos-Moot glo ons daarin om leerders nie net akademies en sportief te ontwikkel nie, maar ook om hul kreatiewe vaardighede te ontgin en te versterk. Wat begin het as ’n groep leerderfotograwe wat die skool se amptelike fotograaf bygestaan het tydens akademiese, kulturele, sport- en sosiale aktiwiteite, het in 2025 ’n nuwe identiteit en rigting gekry.

Onder leiding van mnr. J. Redelinghuys en met trots geborg deur Outdoorphoto, staan hierdie dinamiese groep nou bekend as Oosie Media.

Oosie Media bied leerders ‘n unieke geleentheid om hulself in die wêreld van fotografie en videografie te verdiep. Lede sal nie net waardevolle ervaring opdoen deur aktiwiteite by die skool vas te vang nie, maar kry ook die kans om professionele werksessies en kursusse by te woon wat deur kundiges in die bedryf aangebied word.

🎥 Waarom is dit belangrik?

Die fotografie- en videografiebedryf het die afgelope dekade wêreldwyd gegroei. Met die opkoms van digitale media, inhoudskepping, sosiale platforms en kommersiële produksie is daar ‘n toenemende vraag na talentvolle visuele storievertellers. Van sport- en troufotografie tot dokumentêre, advertensiemaak en inhoud vir digitale bemarking – die moontlikhede is eindeloos.

Vir ons leerders is Oosie Media ’n waardevolle eerste tree – ‘n plek waar hulle hul vaardighede kan slyp, ’n portefeulje kan begin opbou en reeds op hoërskoolvlak blootstelling kry aan wat moontlik ‘n toekomsgerigte loopbaan kan word.

Ons is trots daarop om ‘n platform te bied waar jong kreatiewe denke floreer – en waar elke klik van die kamera ‘n nuwe geleentheid ontsluit.

📸 Deur die lens van Oosie Media
Soos ‘n kameralens wat elke unieke oomblik vasvang, bring ons Oosie Media-span die stories van Oos-Moot tot lewe met hul puik fotografie. Die foto’s wat op hierdie webwerf vertoon word, is slegs ‘n voorsmakie van die volledige versameling wat beskikbaar is. Hierdie kosbare herinneringe kan ook deur ouers, leerders en ondersteuners direk by die fotograaf aangekoop word.

Mediaspan

Luca Kruger
Gr12

Tuane Weber
Gr12

Rudi Cornelius
Gr12

La-Rochelle Mynhardt
Gr12

Anri Venter
Gr12

André Winter
Gr10

Divan Summers
Gr10

Bernice de Vries
Gr9

Jewan Gouws
Gr9

Nicole Galetti
Gr9

Marco Lombaard
Gr8

Adaya Coetzee
Gr8

Luca Kruger (gr.12)
 
 
Tuane Weber (gr.12)
 
Rudi Cornelius (gr.12)
 
 
 
La-Rochelle Mynhardt (gr.12)
Anri Venter (gr.12)
André Winter (gr.10)
Bernice de Vries (gr.9)
Jewan Gouws (gr.9)
Nicole Galetti (gr.9)
Marco Lombaard (gr.8)