KRIEKET – DOGTERS

Me L de Bruin
l.debruin@oos-moot.co.za

Dogterskrieket het ‘n ryk geskiedenis in Oos-Moot.  Ons is vol vreugde oor die deelname van ons dogters aan hierdie opwindende sport, selfs al het ons tans slegs ‘n 1ste span met sowat 20 toegewyde spelers. 

Ons streef na die persoonlike groei van ons dogters, fokus op die fundamentele beginsels soos spanwerk, dissipline, en krieketstrategie. Dogterskrieket dien as ‘n kragtige platform vir fisiese fiksheid, uithouvermoë, en koördinasie, wat nie net die spelers se krieketvaardighede bevorder nie, maar ook ‘n algemene verbetering van hul gesondheid en welstand bewerkstellig.

In die jaar 2023 het ons ‘n opwindende stap geneem met ‘n Titans damesafrigter wat ons spelers die nuutste krieketstyl en -vaardighede kon leer.   Hoewel meeste van ons spelers reeds ‘n krieketagtergrond het, leer hul van vooraf krieket speel.  Ons oefeninge en proewe vind tradisioneel in Augustus plaas, terwyl die ligawedstryde hoofsaaklik in die vierde kwartaal aangebied word en ons tussen 4 tot 6 wedstryde speel.

In 2023 is daar ‘n krieketakademie begin waar leerders kan aansluit om hul individuele vaardighede te verbeter. 

In 2024 beplan ons om meer krieketgeleenthede vir hierdie spelers te skep, hul vaardighede en liefde vir die sport te ontwikkel en te verbeter.