WORD DEEL VAN DIE OOSIE-FAMILIE!

Fotokrediet:  Aktiwiteitsfotograaf Luca Kruger

TOELATING TOT HOËRSKOOL OOS-MOOT

Onderrigtaal
Die amptelike onderrigtaal van Hoërskool Oos-Moot is Afrikaans.

Akademiese vereistes:
By inskrywing moet ‘n leerder ‘n bevredigende skolastiese rekord voorlê en voldoen aan die akademiese standaard wat deur die skool gestel word.

Benodigde dokumentasie:
Die volgende dokumente moet tydens inskrywing ingedien word:

  • ‘n Afskrif van die leerder se identiteitsdokument of geboortesertifikaat

  • ‘n Oorplasingskaart van die vorige skool

  • Die mees onlangse rapport van die vorige skool

  • ‘n Afskrif van die identiteitsdokument van die ouer/voog wat vir finansies verantwoordelik is

Skoolreëls en gedragskode:
Alle leerders wat by Hoërskool Oos-Moot ingeskryf word, stem in om die skool se gedragskode ten volle te aanvaar en getrou na te kom. Dit beteken:

  • Om kennis te neem van en gehoor te gee aan die bepalings van die gedragskode.

  • Om altyd respek en samewerking te toon.

  • Om verantwoordelikheid vir eie gedrag te aanvaar.

Skoolfonds:
Skoolgeld word jaarliks vasgestel tydens die Algemene Ouerjaarvergadering.

  • Dit is jaarliks betaalbaar.

  • Ouers ontvang maandelikse rekeningstate vir betaling.