22/2019

8 Augustus 2019

---
---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders wat prestasies op verskeie gebiede behaal het. Oosies is trots op julle!

---
---

TOP 10

Ons leerders wat in die tweede kwartaal Akademies presteer het, is soos volg: 

---
---
---
---
---

Goju Ryu Karate

Raynhard Robinson, (Gr10) het sy Suid-Afrikaanse kleure in Goju Ryu Karate verwerf. Hy gaan Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe (15 tot 24 September 2019) in Kuala Lumpur, Malaysia verteenwoordig. Baie geluk en sterkte!

"Paintball"

Kyle Pretorius (Gr9) het sy Nasionale Kleure in Paintball ontvang. Hy gaan Suid-Afrika (0/16-ouderdomsgroep) by die Wêreldkampioenskappe in Nederland verteenwoordig (September 2019). Baie geluk en sterkte!

---

AKADEMIE

TWEEDE KWARTAAL: AKADEMIESE TOP 10-LEERDERS

Die Top 10-ete is op 5 September om 18:30 in die skool se restaurant.  Die betrokke leerders het uitnodigings ontvang.

GRAAD 9-VAKKEUSES

Die graad 9-leerders se vakkeusevorms moet op 14 Augustus by hul voogonderwysers ingehandig word.

REKORDEKSAMEN

Daar is geen bloktyd voor die eksamen nie.

---

NUWE SKOOLREËLS

Leerders se skooldagboeke

Die leerders ontvang aan die begin van die jaar 'n skooldagboek waarin hul persoonlike besonderhede in die binneblad voltooi word.  Hierdie inligting en die uittekenblad (prosedure) is kernbelangrik in gevalle van nood en dien as die leerder se uittekenrekord vir die jaar. 

Leerders MOET elke dag hul leerderdagboek by die skool hê. 

Leerders wat uitgeteken moet word en nie hul skooldagboek by die skool het nie, sal NIE UITGETEKEN WORD NIE.

Selfone

Leerders se selfone MAG GLAD NIE in SKOOLURE SIGBAAR wees nie (bv. nie tydens klaswisseling, in die kantoorblok, op stoele of tafels, skool se ontvangsarea, ensovoorts). 

Selfone mag slegs VOOR SKOOL, tot die klok vir begin van skoolure lui, GEDURENDE POUSE en NA SKOOL (sodra die laaste klok vir skoolsluiting lui) gebruik word.

Leerders wat krisisse ervaar MAG OUERS NIE SELF kontak nie en moet by die skool se ontvangs aanmeld waarvandaan die skool die ouers sal kontak.

---

KOOROUDISIES VIR 2020

Dogters wat volgende jaar in die skoolkoor wil wees, kan 'n oudisie kom aflê op die volgende geleenthede:

Maandag 12 Augustus en Dinsdag 13 Augustus vanaf 14:00 tot 16:00.  Hierdie oudisies is vir huidige graad 7's wat volgende jaar wil koor sing.

Maandag, 19 Augustus om 14:00 en Dinsdag, 20 Augustus (gedurende pouse) vir huidige Oosies. 

Navrae kan gerig word aan me Isobet Oberholzer (oberholzeri@oos-moot.co.za).

---

REVUE 2019

Die Revue beloof om hierdie jaar weer 'n skouspel te wees. Die optredes is vanaf 13 tot 17 Augustus 2019 in die skoolsaal. Die koste per kaartjie is R100 per persoon.  Kontantaankoop van kaartjies het op 9 Julie geopen en kan gedurende pouses by kamer 17 gedoen word.

 

---

KAMP

Die jaarlikse graad 10-veldskool is vanaf 27 tot 30 Augustus 2019 te Kwaggasrus. Ons wil graag dat al die graad 10-leerders die kamp bywoon.  Indien u enige probleme ondervind, kontak gerus die skool, sodat ons alternatiewe reëlings kan tref. Kliek op die advertensie vir meer inligting.

---
---

SPORT

Besoek ons onderskeie sportwebbladsye vir inligting aangaande ons verskillende sportsoorte, wedstrydprogramme, uitslae ens

---
---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

TN KOTZÉ (Wnmd Skoolhoof)

---