23/2019

16 Augustus 2019

---
---

ONGELOOFLIKE BORGSKAP

Ons het op 15 Augustus 2019, die voorreg gehad om Werner Stolze, "The Piano Whisperer" van WS Piano's in persoon te ontmoet. Die skool se vleuelklavier is 'n paar maande gelede afgehaal en vervang met 'n NUWE, GEBORGDE vleuelklavier (waarde R1.2 miljoen+) wat op 15 Augustus 2019, by die skool afgelewer is.

Ons opregte dank aan Werner en Naomi Stolze van WS Piano's vir hierdie ongelooflike borgskap. Ons waardeer jul belangstelling in ons skool en sien daarna uit om 'n lang en suksesvolle kultuurpad saam met julle te stap.

Jul het ons droom verwesenlik om die Oosies weer die ryk en suiwer klanke van 'n nuwe vleuelklavier te laat beleef en te kan bespeel. Bekendes wat in die verlede hierdie klavier bespeel het was: Coenie de Villiers, André Zwarts en Rocco de Villiers.

Ons is werklik bevoorreg om hierdie klavier in ontvangs te kon neem. Maestro Danie (Ligte Musiekorkes) is in die wolke.

---

GELUKWENSE

Vlieglisensie

Lené Hurter (gr12) het haar vlieglisensies vir die Piper Cherokee en Cessna 172 vliegtuie geslaag. Sy het op 6 Augustus haar strepies en vlerkies op die ouderdom van 18 jaar, tydens 'n formele oorhandigingsplegtigheid, by Eagle Air, ontvang. Baie geluk. Oosies is super trots op jou!

---

Perdry

Corné Bezuidenhout (met sy perd Great Dane) het sy SANESA, Noord-Gautengkleure behaal in die volgende items: Working Hunter, Dresseer en Show Jumping. Hy het op 10/11 Augustus aan die SANESA finaal by Misty Meadows deelgeneem. Baie geluk!

---

Rugby

VIRSEKERBEKER FINAAL - SKILDAFDELING
Baie geluk en sterkte aan ons 0/15A-span wat deurgedring het na die finaal. Ons is ongelooflik trots op julle. Laat die Oosie-Golf Saterdag rol!

---

Oosies van die maand

Die Oosies van die maand is die 0/17A Netbalspan wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem en 9de in die land geëindig het.  Spelers:  Melani vd Merwe, Mené Louw, Salome Smit, Luné Els, Jana Dreyer, Nadine Steenberg, Michelle Marais, Tanja Smith en Chloe Geldenhuys.

---

AKADEMIE

ADMATHS TOETSE EN EKSAMEN

• Graad 8 tot 11 ingeskrewe Admathsleerders skryf op 19 Augustus vanaf 17:00 toets en die graad 12-leerders skryf Rekordeksamen.

GRAAD 9-VAKKEUSEVORMS

Die graad 9-vakkeusevorms moes reeds op 14 Augustus ingehandig gewees het.

GRAAD 12-REKORDEKSAMEN

Leerders moet hul asseblief vergewis van die reëlings ten opsigte van die eksamen wat nou begin.

---

SOMERSDRAG

Leerders dra vanaf Maandag, 2 September die skool se amptelike somersdrag.

---

VOLG DIE SKAKEL EN GAAN "LIKE" DIE FACEBOOK

---
---

SPORT

Besoek ons onderskeie sportwebbladsye vir inligting aangaande ons verskillende sportsoorte, wedstrydprogramme, uitslae ens

---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

TN KOTZÉ (Wnmd Skoolhoof)

---