NETBAL

Mnr K de Wet
Organiseerder/Afrigter
dewetk@oos-moot.co.za

Die sestien Oosie-netbalspanne is ʼn magtige druppel in die Oosie Blou Golf.  Spangees, kwaliteit afrigting, motivering, deelname en ondersteuning dryf Oosie-netbal.  Ons spanne neem deel aan die PUK-reeks wat as uitstekende voorbereiding vir die ligaseisoen beskou word.

Oos-Moot het ‘n skitterende 2019 netbalseisoen gehad, en vele briljante prestasies gelewer.

Die 0/15A & B, 0/16A & B en 0/17B-spanne het gedurende die Aprilvakansie na Zwartkloof getoer, die 1ste- en 0/17A-spanne na George en die 0/14A-span het deelgeneem aan die Waterklooffees.  Die 1ste-span het eerste geëindig by die George toernooi.

Die PUK-reeks dra by die tot ons voorbereiding vir die seisoen en in 2019 is dié reeks deur vier skole beslis:  Oos-Moot,  Centurion, Klerksdorp en Frikkie Meyer.  Ons het algeheel, eerste in die reeks geëindig.

Ons spanne het hierdie jaar in die Jubilee A-afdeling deelgeneem teen 8 topskole ( AHM, Waterkloof, Zwartkops, Menlopark, Garsfontein, Eldoraigne en PHSG)  en gemiddelde uitslae gelewer.

Al die A-spanne het aan die Tshwane Kampioenskappe deelgeneem.  Die 0/17A-span het 4de by die Tshwane en Gauteng Kampioenskappe geëindig en deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe waar hul 7de (hul ouderdomsgroep) in die land geëindig het.

Twee spelers:  J Dreyer (0/17) en A Visser (0/15) is in Gautengspanne opgeneem.

Laerskole netbalontwikkelingsprogram
Ons het in 2013/2014 begin met ʼn jaarlikse laerskole netbalontwikkelingsprogram waar individuele spelers se algemene vaardighede ontwikkel word.   Die program strek van Augustus tot September en word deur Kobus de Wet aangebied.

EERSTE NETBALSPAN

VLNR:  Uzaan Roets, Johandri vd Walt, Fébé Wessels, Ulricke Portwig, Anje Visser,                    Danae Jv Rensburg, Janine Coertzee, Simoné Roux, Ilonka van Breda