Fotokrediet:  Aktiwiteitsfotograwe me Louise Esterhuizen en mnr Jaco Redelinghuys

MATRIEKUITSLAE 2024 - BESTE SKOOL IN DIE TSHWANE NOORD DISTRIK!

Skool met die meeste "Bachelors" (224) en 100% slaagsyfer vir die derde opeenvolgende jaar!

ONS NUWE HOOF
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Me. Susan Theron amptelik ons nuwe hoof is!

Nog meer spesiaal – sy is die eerste vroulike hoof in Oos-Moot se geskiedenis. Baie geluk, Me. Theron!  Ons Oosies verwelkom u met ope arms en sien uit na ‘n blink toekoms saam met u aan die stuur.  Me. Theron is ‘n trotse Moot-inwoner en ‘n oud-Oosie-ouer, wat beteken sy ken en verstaan ons gemeenskap. Sy is regtig opgewonde om deel te wees van ons skool se volgende hoofstuk. Met die ondersteuning van ons personeel, beheerliggaam, leerders, ouers en die hele Moot-gemeenskap, glo ons dat Oos-Moot net sterker gaan word.

Me. Theron, sterkte met die groot taak wat voorlê. Ons sien uit na ‘n fantastiese tyd saam met u as ons leier!

BOODSKAP VAN ONS NUWE HOOF
Ek is opgewonde om vanaf 1 Maart 2025 amptelik as hoof van die skool aangestel te wees.  Dit is vir my ’n groot eer en voorreg, en ek wil opreg dankie sê vir die vertroue wat in my gestel is. Ek is vasberade om my bes te doen en om die hoë standaarde van uitnemendheid wat ons skool nastreef, te handhaaf.

Dit is wonderlik om deel te wees van ’n span wat nie net na uitnemendheid streef nie, maar dit ook daagliks uitleef. Die geleenthede wat ons skool bied, is werklik inspirerend, en ek sien uit na alles wat ons as span gaan bereik.

Cover for Hoërskool Oos-Moot - Amptelik
5,076
Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool in die Moot-area van Pretoria.

🔊 Calling all schoolboy rugby enthusiasts! The official 2025 edition of the Blue Bulls High Schools' Rugby Association Digital Magazine is 𝗢𝗨𝗧 𝗡𝗢𝗪!! This must-have publication is packed with exclusive insights, including the Blue Bulls Schools' fixtures, exciting Easter Rugby Festivals, various tournaments, essential school contacts, and the SA Rugby Youth Weeks 💥 It's a must-have for parents, players, and supporters alike 🏉📲 Grab your 𝗙𝗥𝗘𝗘 copy of their 2025 rugby season edition here: tinyurl.com/55v6kr4e#pegasuspublishing I #bluebullsschools I #SchoolsRugby I #2025rugbyseason I #rugbydigitalmag I #OfficialMediaPartner ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | NETBALOns 1ste netbalspan se klereoorhandigingseremonie is gehou op 7 Maart 2025.Baie dankie aan Gys Pitzer Motoring wat vir die tweede jaar in ‘n ry ons netbal hoofborg is. Dankie aan Mullerine Kruger wat die oorhandiging bygewoon het. Ons is trots om saam met julle die seisoen aan te pak.Ons 1e Netbalspan is as volg:Mieke van HeerdenAretha de Beer (Kaptein)Nicole RoosJana SteenkampMia DingelstadRené SnydersKathleen Taljaard (onderkaptein)Mischke RouxMiné Stokes (Beseer)Annelet Breytenbach (Beseer)Baie geluk aan elkeen van julle, ons sien uit na die seisoen.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | RUGBYOns 1e span truieoorhandigingseremonie het plaasgevind op 6 Maart 2025. Ons is bevoorreg om Abe Midas weer aanboord te hê as borg vir ons 2025 seisoen. Dankie aan André Potgieter (jnr) wat die seremonie bygewoon het en ook die truie oorhandig het saam met me Theron en mnr Parker. ‘n Groot dankie ook aan Ruan Nortje, Blou Bul Kaptein en Springbok, wat ook by die geleentheid was. Dit was vir almal ‘n groot voorreg en eer om jou daar te hê Ruan.Ons 1e span is as volg:• Jayden Pretorius• Dino Collinson• Drew Williams • Jeandre Venter• Royston Arendse• Tersius van der Merwe• David Joubert• Jaydon Botha (k)• Owen Basson• Clayton du Bruyn• Riyaan Wilson• Stian de Vente• Jandré de Beer• Thando Telelo• Divan du Preez• De Waal Labuschagne• Michael Nothnagel• Jason Hortel• Ulrich Gerber• Pema Bramley• Stanley Watkins• Divan Zovitzkey• Le-Jerick VaughanBaie sterkte vir die seisoen. Julle maak ons trots#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | HOKKIEHoërskool Oos-Moot Eerste Dogtershokkie“Best of the West”-toernooi te Krugersdorp High School 7 en 8 Maart 20252-0 (wen) teen Kingsmead CollegeDoele:Chloe NormanKarla van Wyk0-1 (verloor) teen Heronbridge College 1-0 (wen) teen Redhill SchoolDoel:Helaney Steyn3-0 (wen) teen Jeppe High School for GirlsDoele: Wirnette DoveAbigail BloomTayle Purcell#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | HS Oos-Moot vs HS WaterkloofOns wintersport skop more af met die NWU reeks en ons eerste wedstryde is teen Hoërskool Waterkloof op hul tuisvelde. Kom ondersteun ons asb more by Hoërskool Waterkloof.#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | MMOM25Die Meneer en Mejuffrou Oos-Moot kaartjieverkope open op Woensdag, 12 Maart in die Kultuurkantoor.Gouesirkel kaartjies: R160 pp (geallokeerde sitplekke)Algemene kaartjies: R130 pp (ongeallokeerde sitplekke)Die gala-aand vind op Woendag, 26 Maart (18:00 vir 18:30) in die skoolsaal plaas.Moet nie hierdie "LEKKER!" geleentheid misloop nie! 🍭📸 - Mignon Crouse📍 - Tasko Sweets Loftus Park#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | SENIOR REDENAARSDie Senior Redenaars se interne gala-aand het op Donderdag, 6 Maart plaasgevind. Baie geluk aan elke deelnemer en in besonder aan die wenners van die onderskeie afdelings. Sterkte met die voorbereiding vir die kompetisies wat voorlê! Julle maak ons trots! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | JUNIOR REDENAARSDie Junior Redenaars se interne gala-aand het op Woensdag, 5 Maart plaasgevind. Baie geluk aan elke deelnemer en in besonder aan die wenners van die onderskeie afdelings. Sterkte met die voorbereiding vir die kompetisies wat voorlê! Julle maak ons trots! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | PUBLIC SPEAKINGDie Public Speaking interne gala-aand het op Maandag, 3 Maart plaasgevind. Baie geluk aan elke deelnemer en in besonder aan die wenners van die onderskeie afdelings. Julle maak ons trots! #trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook
OOSIES | PERSONEELMevrou Oberholzer het in 2005 as Afrikaansonderwyser by Hoërskool Oos-Moot se personeel aangesluit. Vir 17 jaar was sy nie net ‘n onderwyseres nie, maar het sy ook diep spore op Kultuurgebied getrap. Mevrou Oberholzer het in Januarie haar tasse in Hermanus gepak om in ‘n aflospos weer by die Oosies aan te sluit. Die aflostydperk het op Vrydag, 7 Maart tot ‘n einde gekom en daarom het die Oosies dit goedgedink om op die gepaste wyse van haar afskeid te neem. Weens die Covid-19-pandemie in 2022 kon sy nie die Oosie de Triomf se klok, met haar aftrede, lui nie. Sy het uiteindelik die geleentheid gekry! Dankie vir die tydjie wat u kom uithelp het, maar in besonder dankie vir die 17 jaar wat u, as Oosie-onderwyser, op die personeel gedien het. Dit was lekker om u vir ‘n kort rukkie weer by ons te kon hê!#trotseoosie#laatdieblougolfrol ... See MoreSee Less
Sien op Facebook