____________________________________________

ADDISIONELE VAKKE

____________________________________________

Wat om in ag te neem wanneer jy addisionele vakke wil neem

ʼn Leerder wat ʼn addisionele vak/ke wil neem moet in Graad 9 en daarna deurgaans ʼn gemiddeld van 85% behaal. 

Die vakke moet vanaf graad 10 tot graad 12 geneem word.  (Geen jaar mag oorgeslaan word nie.  Leerders mag dus nie voor hul matriekjaar die vakke as matriekvakke afskryf nie

Alle portefeuljewerk en assesseringsvereistes is ook net so op die addisionele vakke van toepassing soos wat dit op die vakke wat in die gewone roosterure geneem word, van toepassing is. 

Navrae kan aan die onderskeie vakke se departementshoofde gerig word vir kostes en vereistes.  E-posadresse vir die departementshoofde is op hier beskikbaar.