OOSIE-INK DIGBUNDEL

Shakespeare? Keats? Picasso? Of dalk is dit ‘n oorspronklike Oosie! Die Oosie Ink is Hoërskool Oos-Moot se jaarlikse kunstebundel wat ons kreatiewe leerders die geleentheid bied om hulle talente behoorlik te laat skyn. Die Oosie Ink stel ons leerders se digkuns, skryfkuns, fotografie en visuele kuns ten toon, en word ook deur die leerders self beplan en geredigeer. Die bundel verskyn jaarliks en is ‘n ware Oosie meesterswerk!

Die bundel is in harde kopie en elektronies op hierdie webbladsy beskikbaar.