SPORT
Kultuur in Oos-Moot is ‘n lewenslange passie, ‘n alledaagse avontuur, ‘n stil verslawing en ‘n bron van oneindige vreugde. Die kultuuraktiwiteite wat aangebied word, is ‘n uitdaging vir ieder en elk, van skaakspeler tot rugbyspeler is betrokke. Oos-Moot is een van die min skole in die Moot wat kan spog met ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite waar ‘n ieder en elk hul kan uitleef.
[/spb_text_block] [spb_divider type=”standard” text=”Go to top” top_margin=”0px” bottom_margin=”30px” fullwidth=”no” width=”1/1″ el_position=”first last”] [/spb_column] [spb_column width=”1/1″ el_position=”first last”] [spb_text_block animation=”none” animation_delay=”0″ padding_vertical=”0″ padding_horizontal=”0″ width=”1/1″ el_position=”first last”]
KULTUURHOOF EN ORGANISEERDERS
[/spb_text_block] [spb_text_block animation=”none” animation_delay=”0″ padding_vertical=”0″ padding_horizontal=”0″ width=”1/6″ el_position=”first”]Me Elsa van Zyl
Kultuurhoof
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Gene Barkhuizen
Mnr en Mej Oos-Moot
Musiekblyspel
barkg@oos-moot.co.za
Me Elsa van Zyl
Revue/All Stars
Rasieleiers
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Crisna Bezuidenhout
Redenaars/Debat
ATKV
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Tinkie Stolp
Mootgenoot
stolpt@oos-moot.co.za
Me Marga Koelman
Fotografieklub
koelmanm@oos-moot.co.za
Mnr Danie Smith
Ligte Musiekorkes
smithd@oos-moot.co.za
Me Isobet Oberholzer
Koor
Feitevrate
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Mia Snyman
Oosie-Ink
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Maria du Plessis
Idols
Kultuurdinee
Musiek/Ligte sang
duplessism@oos-moot.co.za
Me Tasmin Jordaan
Spelbye
vanzyle@oos-moot.co.za
Me Lee Bouwer
Kosprojek
vanzyle@oos-moot.co.za
ALL STARS
Dit is ‘n kleiner groep Revue-lede (ongeveer 59) wat as die “All Stars” bekend staan. Die groep verteenwoordig die sal die skool vanaf 2017 in kompetisies verteenwoordig. Oos-Moot se “All Stars” revue-groep is die 2017 Suid-Afrikaanse Revue Kampioene.
ECO-OOSIES
Vir die leerders wat ‘n passie vir die natuur en ekosisteme het, is daar verskeie projekte wat jaarliks geloods word.
FEITEVRATE (VASVRA-GROEP)
Feitevrate het ten doel om leerders se algemene kennis uit te brei en om hul aan te moedig om kennis te neem van plaaslike en internasionale nuusgebeure. Kompetisies is gewoonlik in spanverband en bied die geleentheid om mekaar en ander skole se leerders beter te leer ken. Daar is ‘n paar gevestigde vasvrakompetisies waaraan deelgeneem word en nuwe geleenthede duik ook gereeld op.
FOTOGRAFIEKLUB
Die fotografieklub kom reg deur die jaar bymekaar en leer meer oor verskillende tegnieke om kwaliteit foto’s te neem. Leerders kry teoretiese lesse en doen ook prakties om die tegnieke in te oefen. Ons probeer om jaarliks ‘n portefeulje vir elke leerder saam te stel waaruit hulle foto’s kan kies om aan ons kompetisie aan die einde van die jaar deel te neem.
IDOLS
Die IDOLS-kompetisie was die inisiatief van Me du Plessis en word tweejaarliks gehou. Ons talentvolle Oosies kry tydens hierdie kompetisie die geleentheid om hul talente ten toon te stel. Die oudisies begin vroeg in die jaar en na die finaliste aangewys is, word ‘n video-opname van ‘n liedjie deur elke finalis op YouTube geplaas.
Leerders kry dan die geleentheid om te stem vir hul gunsteling junior en senior Idol wat ook tydens die finalé as die Oosie-Mosie toekennings aangewys word. Hierdie stemme word gebaseer op die meeste “likes” wat ‘n finalis se YouTube video op die skool se facebook gehad het. Die 2017 Idolskompetisie het afgeskop met ‘n nuwe toekenning, (die “Wat-kyk-jy-toekenning”) vir die finalis wie se YouTube video die meeste “views” gehad het.
JUNIOR STADSRAAD
Die Junior Stadsraad is ‘n nie-winsgewende organisasie. Dit het ten doel om samewerking onder die jeug te bevorder deur diensbaarheid aan die breër gemeenskap. Daar is tans 31 skole wat hierby betrokke is en word deur ‘n graad 10- en 11-leerling verteenwoordig. Die Junior Stadsraad bestaan tans uit vyf kompetisies naamlik Jeugsake, Vitae, Sport, Kultuur en Kunste. Hulle bied talle projekte aan om fondse in te samel ter ondersteuning van die organisasies of instellings aan wie hulle finansiële hulp verleen. Twee van die skool se leerders dien as verteenwoordigers op dié Raad en lewer direkte insette oor die stad en sy inwoners. Dit sluit in deelname aan die Stadsraadbal, Letterkundekompetisies en vele meer.
KOOR
Koorsang is lank reeds ‘n deel van Hoërskool Oos-Moot se kultuurkalender. Wat aanvanklik net ‘n informele sanggroep was, het gegroei tot ‘n dogterskoor en vanaf 2009 is dit ‘n gemengde koor. Die koor skop 2018 as ‘n dogterskoor af. Die voordele van koorsang is legio. Daar is blootstelling aan verskillende musiekstyle en sosiale interaksie met ander wat ook passievol oor sang en musiek is. Stemme word ontwikkel en tegniek word aangeleer.
Die koor hou in Augustus en September oudisies vir nuwe koorlede en daar is elke jaar gedurende Februarie of Maart ‘n koorkamp. Die koor tree gereeld by koorfeeste, kunswedstryde en derglike geleenthede op.
KOSPROJEK
Die kosprojek voorsien maandeliks ‘n kospakkie aan ons behoeftige gesinne in ons skool. Hierdie kospakkies bestaan uit onder andere bederfbare en nie-bederfbare voedsel, toiletware, sowel as skoonmaakmiddels. Kosinsamelingsprojekte word dwarsdeur die jaar geloods.
LIGTE EN KLASSIEKE SANG
Verskeie van ons leerders neem aan Kunstefeeste en Eisteddfods deel.
LIGTE MUSIEKORKES
‘n Ligte musiekorkes is in 2017 by die skool gestig. Die orkes bestaan tans uit 27 lede wat viole, dwarsfluite, trompette, altsaksofone, trombone, ‘n tuba, ‘n tenoorsaksofoon, ‘n elektriese kitaar, klavier en ‘n dromstel bespeel. Die orkes het in 2017 by Laerskool Voorpos se Diamantfees, by Taptoos te Springs en Sekunda, die skool se Kerskonsert en die Kultuurdinee opgetree. Na slegs 6 maande se oefen het die orkes die Ope-afdeling van die SA’s van die Suid-Afrikaanse Skole Orkesvereniging in 2017 gewen. Die orkes gaan nog heelwat uitgebrei word en oudisies word jaarliks gedoen
MOOTGENOOT (Skoolkoerant)
Die koerant is ‘n geleentheid vir die leerders om hul skryftalent te ontwikkel. Die Mootgenoot is ‘n kleurvolle koerant wat drie keer per jaar uitgegee word. Pragtige foto’s en berigte oor sport-, kultuur- en akademiese prestasies word ook geplaas.
MNR EN MEJ OOS-MOOT
Die jaarlikse kompetisie bied ons leerders die geleentheid om hul sosiale vaardighede te ontwikkel. Dié geleentheid dien ook as fondsinsameling van die skool.
MUSIEKBLYSPEL
Die musiekblyspel bestaan uit ‘n groep uitgesoekte seuns en meisies (oudisies) wat met hul vaardigheid in toneelspel en sang in toneelstukke soos “Beauty and the “Beast” en “Fame” na die verhoog bring.
OOSIE-INK
Met Oosie-Ink kry leerders die geleentheid om hul skryftalent (poësie, stories, grappies, ens) in Engels of Afrikaans te ontwikkel. Die bundel verskyn een keer per jaar.
OOSIE-JEUG
Die Oosie-Jeug is ‘n Christelike inisiatief waar elke leerder verwelkom is en verskeie projekte soos uitreikaksies. DVD-aande, kampe, sprekers en aanbiddingsaande meemaak.
RASIE-LEIERS
‘n Groep van ongeveer 30 leerders word jaarliks gekeur vir dié groep. Hul tree by verskeie sportgeleenthede op en neem aan kompetisies deel.
REDENAARS/DEBAT
Die Redenaars gee ons leerders die geleentheid om hul sê te sê. Die Debat daarenteen gee die leerders met vroue- en mannemoed die geleentheid om te debatteer oor aktuele sake. Hulle moet op hul voete kan dink en logies oor ‘n saak debatteer en redeneer.
REVUE
Die Revue vind tweejaarliks onder leiding van me Wilna Kalp plaas. Dit is ‘n skouspel van musiek waraan ‘n uitgesoekte groep seuns en meisies deelneem. Die revue word elke tweede jaar aangebied en buiten die gewone optredes neem hul ook aan die Tshwane Jeugfees, SA Revue kompetisie ens. deel.
SPELBYE
Die spelbye gee ons leerders die geleentheid om hul taalkundigheid toe te pas. Daar is verskeie kompetisies teen van die top skole in Pretoria.
TROTS OOSIE
Trots Oosies laat elke leerder hul waardes en kwaliteite uitleef. Ons wil ‘n groter persoonlike en gemeenskaplike trots by ons leerders aanwakker en ‘n positiewe leerklimaat by ons skool bevorder.
[/spb_text_block] [/spb_column]