Mnr HJ van Aswegen
Organiseerder
atletiek1@oos-moot.co.za
By Oos-Moot is atletiek meer as net ’n sport – dit is ’n familie. Ons atlete ondersteun mekaar op en langs die baan en kompeteer met trots teen van die sterkste skole in die land. Hierdie mededingende blootstelling help ons nie net om jaarliks prestasies op provinsiale en nasionale vlak te lewer nie, maar stel ook van ons atlete in staat om internasionaal uit te blink.
Ons neem jaarliks aan ’n reeks gesogte byeenkomste deel, insluitend:
➡️ Abrie van Stadenbyeenkoms
➡️ Mootbyeenkoms
➡️ UJ Atletiekbyeenkoms
➡️ TUT Top 12
➡️ TUKS Top 10
➡️ Naboomspruitbyeenkoms
➡️ POTCH Top 30
➡️ Superinterhoër in Potchefstroom
🌟 2025 Atletiekseisoen: Nuwe Rekords en Onvergeetlike Oomblikke
🎉 Ons is trots op Roemay Korff!
Ons vier saam met Roemay Korff se ongelooflike prestasie tydens die NWU Wildeklawer Top 30 byeenkoms in Potchefstroom in September 2025!
-
Nuwe rekord: 200m dogters (14 jaar) – 24.91 sekondes 🏃♀️💨
-
Atleet: Nog ’n jong, talentvolle lid van ons skool se atletiekspan
-
Seisoen 2025: Hierdie rekord is nie haar enigste uitsonderlike prestasie nie – Roemay het deur die seisoen al ander indrukwekkende hoogtepunte behaal
Hoekom ons so trots is:
-
Die Wildeklawerbyeenkoms is een van Suid-Afrika se mees gesogte atletiekgeleenthede, met deelname van meer as 100 skole en die land se top jeugatlete
-
Om in só ’n kompetisie ’n rekord te breek, is ’n ongelooflike prestasie en ’n groot hoogtepunt vir Roemay én ons skool
2025 Interhuis rekords
-
Leandro Delport (o.17): Verspring – 7.04 m
-
Sarel Boshoff (o.19): Verspring – 7.02 m
-
Jayden Pretorius (o.19): 100 m – 10.42 s
-
Le Roux Smit: 100 m – 10.65 s
Tydens die B-Bond Interhoër op 20 Februarie het ons atlete verder uitgestyg:
-
Roemay Korff (o.14) het die 200 m-rekord (25.32 s) van 1982 verbeter en is bekroon as Junior Victrix Ludorum (1825 ASA-punte) én Beste Junior Baanatleet.
-
Leandro Delport (o.17) was een van twee atlete wat die 200 m-rekord verbeter het.
-
Die o.19-seunsaflosspan (Jayden Pretorius, David Joubert, Drew Williams en Sarel Boshoff) het hul ouderdomsgroep se aflosrekord verbeter.
🥇 Topatleet 2025: Sarel Boshoff (o.19)
Sarel Boshoff se 2025-atletiekseisoen is ‘n inspirasie vir enige jong atleet. Hy het konstant verbeter en op elke vlak presteer:
-
Interhuis: Begin die seisoen met ’n sprong van 7.02 m.
-
Gauteng Skolekampioenskappe (Maart): Stel ’n nuwe ouderdomsgroeprekord van 7.15 m op.
-
SA Skolekampioenskappe (Bloemfontein – 28 & 29 Maart):
🥇 Verower goud met ‘n persoonlike beste van 7.43 m – word SA Skolekampioen. -
ASA Jeugkampioenskappe (April):
🥈 Behaal silwer met ’n sprong van 7.24 m, wat hom kwalifiseer vir die Senior SA’s. -
ASA Senior Kampioenskappe (Potchefstroom – 25 April):
Eindig 9de met ‘n sprong van 7.25 m – ’n merkwaardige prestasie teen die land se top seniors.
Sarel se uitsonderlike vordering het hom nie net medaljes besorg nie, maar ook waardevolle ervaring en nasionale blootstelling. Hy is beslis ’n naam om dop te hou in Suid-Afrikaanse atletiek.
🌟 Ander Hoogtepunte van 2025
Sewe Oosie-atlete het Gauteng tydens die ASA Kampioenskappe verteenwoordig en puik resultate behaal:
-
Leandro Delport (o.18): 🥇 Goud in 4×100 m aflos, 4de in 200 m, 5de in 100 m
-
Iliné Botha (o.18): 🥉 Brons in 4×100 m aflos, 6de in 200 m
-
Monique Geldenhuys (o.20): 6de in spiesgooi
-
Roemay Korff (o.16): 6de in 300 m hekkies
-
Roan Joubert (o.18): 11de in gewigstoot
-
Zach Putter (o.16): 17de in diskus
🔙 Terugblik op 2024
Die 2024-seisoen het vir ons atlete spesiaal afgesluit tydens die A-Bond Interhoër, waar hulle teen Pretoria se top skole meegeding het. Die hoogtepunt van die dag was sonder twyfel die oorwinning van die o.19-seunsaflosspan (Gordon Maluleke, Ruwan Allan, Tapiwa Rwafa, Wade Williams en Nick Venter) met ’n tyd van 41.45 s. Hierdie dramatiese wen, teen alle verwagtinge, het die byeenkoms op ’n hoë noot afgesluit en sal lank onthou word as een van Oos-Moot se mees ikoniese atletiekoomblikke.







