BERGFIETSRY

'N OOSIE DOGTER IS EEN VAN DIE TOP DRIE PROVINSIALE MEISIERYERS WAT GAUTENG VERTEENWOORDIG BY DIE CYCLE LAB ASOOK 'N SEUNSSPAN!

Mihandie Topper is een van die top drie provinsiale meisiesryers in die o.18-afdeling wat gekies is om Gauteng te verteenwoordig by die Cycle Lab Schools MTB Nasionale Finaal asook die die volgende seunsspan wat kwalifiseer: Leam van Veenhuyzen, Hanro Jordaan, Alexander Prinsloo, Emile Lourens, Jason Nieuwoudt en Dillin Scholtz.

Mnr R Groenveld
Organiseerder
bergfietsry@oos-moot.co.za

🏁 Bergfietsry by Oos-Moot

Bergfietsry is vir Oos-Moot meer as net mededinging — dit bou karakter, spanwerk en ‘n passie vir die buitelewe. Ons is trots op elke ryer wat op en van die roete groei en leer. Meer as net ‘n sport — dit is ‘n avontuur!

Bergfietsry by Oos-Moot bied leerders die geleentheid om:

  • hul fisieke grense te toets

  • selfvertroue en deursettingsvermoë te ontwikkel

  • ‘n liefde vir die buitelewe te kweek

  • hul probleemoplossingsvaardighede te slyp op tegniese roetes

Vir baie is dit ook ‘n ontsnapping uit die alledaagse en ‘n kans om nuwe uitdagings in die natuur aan te pak.

🚴‍♀️ Hoe dit alles begin het

  • 2015: Bergfietsry word ‘n amptelike sport by Oos-Moot

  • Slegs 6 leerders neem toe deel aan die Spur Mountain Biking League

  • 2017: Lionel Sholtz word afrigter

  • Binne 2 jaar: Vyf leerders bereik nasionale vlak

🌟 Reekse en Deelname

Oos-Moot neem sedert 2022 deel aan die:

  • Gauteng Hoërskole Bergfietsreeks (onder Schools Cycling South Africa)

  • Gauteng North Schools Series

  • King Price Trailseeker Series

  • Cowhouse Gauteng North Series

🎯 Hierdie reekse bied leerders die kans om punte vir die skool te verdien én moontlik hul provinsiale kleure te verwerf.

🚵‍♂️ 2025 ‘n nuwe seisoen

Ons eerste bergfietsryspan vir 2025 is Leam van Veenhuyzen, Dillin Scholtz, Jason Nieuwoudt, Emile Lourens, Hanro Jordaan en Mihandie Topper.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na ʼn dinamiese en suksesvolle seisoen saam met julle!

🚵‍♂️Klein Sport, Groot Uitslae

Bergfiets mag dalk ’n kleiner sportsoort wees, maar ons fietsryers trap uitstaande prestasies los!

Hulle het met ywer en vasbyt aan die Gauteng Schools Cycling MTB Series deelgeneem, en ná vyf uitdagende wedrenne het ons fantastiese nuus ontvang.

🌟 Top Prestasies

Mihandie Topper, is as een van die top drie provinsiale meisiesryers in die o.18-afdeling gekies om Gauteng te verteenwoordig by die Cycle Lab Schools MTB Nasionale Finaal.

Ons seunsspan wat gekwalifiseer het sluit in:
Leam van Veenhuyzen, Hanro Jordaan, Alexander Prinsloo, Emile Lourens, Jason Nieuwoudt, en Dillin Scholtz.

Baie geluk aan al ons fietsryers – julle vasbyt en talent maak Oos-Moot trots! 

Ons Oos-Moot-atlete het ongelooflike prestasies gelewer tydens die MTB Nationals! 🚵‍♂️💨

MTB Nationals 2025

Dag 1 Uitslae

  • 🚴‍♂️ Mihandie Topper – 10de van 20

  • 🚴‍♂️ Alexander Prinsloo – 51ste van 72

  • 🚴‍♂️ Leam van Veenhuyzen – 29ste van 72

  • 🚴‍♂️ Dillin Scholtz – 40ste van 68

  • 🚴‍♂️ Jason Nieuwoudt – 54ste van 68

  • 🚴‍♂️ Emile Lourens – 41ste van 68

  • 🚴‍♂️ Hanro Jordaan – 22ste van 41

Spanprestasie: Oos-Moot het 42ste plek uit 126 skole behaal – ’n sterk vertoning!

Dag 2 Uitslae

  • 🚴‍♂️ Mihandie Topper – 11de van 18

  • 🚴‍♂️ Alexander Prinsloo – 57ste van 70

  • 🚴‍♂️ Leam van Veenhuyzen – 18de van 70

  • 🚴‍♂️ Dillin Scholtz – 52ste van 63

  • 🚴‍♂️ Jason Nieuwoudt – 41ste van 63

  • 🚴‍♂️ Emile Lourens – 47ste van 63

  • 🚴‍♂️ Hanro Jordaan – 21ste van 39

Baie geluk, Oosies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk maak ons ongelooflik trots. 🌟

🏆 2024: ‘n Jaar van Hoogtepunte

  • 🥉 3de plek behaal by die NWU Kleinsportfees (senior seuns)

  • 🚴‍♂️ Cycle Lab-reeks: Ryers verbeter hul prestasies na elke wedren

  • 🌟 Shanica Maré verteenwoordig Oos-Moot by die Nasionale Kampioenskappe en behaal 4de plek in Gauteng

 

Lionel Scholtz
Afrigter