Wat jy in ag moet neem wanneer jy vakke kies
🔹 Jou belangstellings: Waarvan hou jy regtig? Wat laat jou opgewonde voel? Jou vakke moet iets wees wat jy geniet en waarin jy belangstel.
🔹 Jou sterkpunte en vaardighede: Is jy goed met syfers? Hou jy van tale, sport, of dalk kook en bak? Jou sterk punte kan jou help om ‘n vakkeuse te maak wat by jou pas – en dalk selfs jou toekomstige beroep vorm.
🔹 Loopbaanrigtings: Sommige van julle het dalk al ‘n duidelike idee van wat julle ná skool wil doen, terwyl ander nog onseker is – en dis heeltemal reg so! Dit is slim om jou vakke só te kies dat jy steeds verskillende opsies oop hou. As jy byvoorbeeld oorweeg om iets in die mediese rigting te doen, kies vakke wat vir daardie moontlikheid werk.
Wat moet jou keuse nie beïnvloed nie
❌ Wat jou vriende neem: Moenie ‘n vak kies net omdat jou vriende dit neem nie. Julle mag dalk later in verskillende klasse wees, en dan sit jy met ‘n vak waarvan jy nie hou nie.
❌ Watter vak makliker is: Maklike opsies is nie altyd die beste vir jou toekoms nie. Enige vak verg harde werk, en dis ‘n goeie gewoonte om nou al die regte ingesteldheid te hê.
⚠️ Onthou: Al jou vakke (behalwe Lewensoriëntering) tel vir universiteitstoelating. Sekere kursusse het spesifieke vakke nodig, so maak seker jy doen betyds jou navorsing!
Watter vakke word aangebied en watter vakke kan jy kies?
Verandering van vakke
Vakverandering
Dit gaan ‘n uitdaging wees om in graad 11 of graad 12 vakke te verander, aangesien jy dan reeds agter gaan wees met die vakinhoud. Probeer sover moontlik die regte keuse van die begin af maak deur jou belangstellings, aanleg en die loopbane waarin jy in belangstel in ag te neem.
Wat moet jy in ag neem?
Jy sal die geleentheid kry om jou vakke (uitsluitend die verpligte vakke) te kies uit die keusevakke wat die skool aanbied. Oordink en oorweeg jou keuse dus baie goed.
Graad 10 en 11
- ‘n Leerder mag ‘n maksimum van twee vakke verander in die tydperk van graad 10 en 11.
- Die sluitingsdatum vir vakveranderings is soos volg: 30 Junie (graad 10) en 31 Maart (graad 11).
- In uitsonderlike gevalle mag ‘n graad 11-leerder een vak aan die einde van graad 11 (voor 15 Desember) verander.
Graad 12
Geen vakveranderings.
Onthou dat die onderwyser die reg het om op grond van hul kennis van die vak, wat dit vereis en of dit volgens hulle moontlik is vir jou om die agterstallige werk in te haal, jou toegang tot die vak kan weier.