EKONOMIE

Wat sê ons leerders van die vak

 

Waarom Ekonomie in graad 10 tot 12 as ‘n vak neem?

Ekonomie is ‘n vak wat nie net die vaardighede bied om die komplekse werking van markte te verstaan nie, maar ook help om sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Dit gee leerders die besigheidsvaardighede wat hulle nodig het om suksesvol in die professionele wêreld te wees. Ekonomie is nie net nuttig in die sakewêreld nie, maar is ook voordelig vir beroepe in verskeie ander sektore.

Daarom is Ekonomie ‘n uitstekende vak om in graad 10-12 te neem, aangesien dit leerders voorberei vir die akademiese uitdagings wat hulle op universiteit en in die werklike wêreld sal teëkom.

Watter studierigtings kan gevolg word met hierdie vak?

Ekonomie is die sleutel tot verskeie BCom-rigtings, insluitend:

Beleggingsbestuur
Bemarking
Rekeningkunde
Regte
Landbou-ekonomie
En ander finansiële en besigheidsgeoriënteerde studierigtings.

Daar is egter ook ander studierigtings wat nie direk verband hou met die sakewêreld nie, soos:

Filosofie
Politiek
Omgewingsvolhoubaarheid

Watter opwindende loopbane kan jy volg in hierdie vakrigting?

Ekonomie stel jou in staat om te werk in ‘n wye verskeidenheid van loopbane, insluitend:

Finansiële bestuurder
Beleggingsbestuurder
Ekonomiese konsultant
Aktuaris
Bemarkingsbestuurder
Finansiële analise
Ekonomie onderwyser
En nog vele meer loopbane wat in beide die publieke en private sektor voorkom.

Watter onderwerpe word in hierdie vak gedek?

In Ekonomie verken ons die mikro- en makro-ekonomie in detail. Enkele basiese onderwerpe sluit in:

Die sakesiklus
Publieke sektor
Markte
Fiskale- en monetêre beleide

Watter tipe leerder geniet gewoonlik hierdie vak?

Leerders wat ‘n belangstelling het in besigheid, politiek en wêreldgebeure, sal goed in Ekonomie vaar. Die vak is ideaal vir leerders wat van debate en ingeligte klassprekings hou. Dit is ook vir leerders wat praktiese, werksgerigte leerervarings waardeer, insluitend interessante uitstappies.

Watter tipe assessering word in hierdie vak gedoen?

Die assessering sluit beide teoretiese en praktiese projekte in, wat leerders se insig in relevante wêreldkwessies toets, soos die effekte van internasionale handelsoorloë op die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Aanbevelings vir leerders wat hierdie vak wil neem

Leerders wat groot hoeveelhede teorie kan onthou en daarvan hou om begrip van komplekse idees te toets, sal goed vaar in Ekonomie. Dit is ook ‘n vak wat goeie analitiese vaardighede en die vermoë om groot inligtingstegels te hanteer vereis.

Slaagvereistes

Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40% of drie ander vakke 30%