Mnr H Badenhorst
Organiseerder
gholf@oos-moot.co.za
⛳️ Gholf by Hoërskool Oos-Moot
Welkom by ons gholfbladsy!
In Oosie-land bied ons nie formele gholfafrigting aan nie, maar ons skep waardevolle geleenthede vir leerders wat reeds vaardig is in gholf om hul passie vir die sport verder te ontwikkel. Ons spelers neem jaarliks deel aan die NWU-reeks (2de kwartaal) en liga (3de kwartaal), wat hulle kans gee om hul vaardighede op ’n kompeterende vlak uit te bou.
Ons is trots om ’n junior- en seniorspan aan te bied, en is toegewyd daaraan om vir ons spelers ’n platform te skep waar hulle kan groei en kompeteer.
🎯 Waarom Gholf?
Gholf is ’n unieke sportsoort wat:
-
Tegniese vaardighede vereis en in ’n rustige omgewing beoefen word.
-
Spelers leer om spanning te bestuur, doelwitte te stel en te bereik.
-
’n Lewenslange passie kan word wat dissipline en deursettingsvermoë bou.
🏆 Liga-deelname in 2024
In 2024 neem ons spelers in die B- en D-ligas deel:
B-liga deelnemende skole:
-
Overkruin (1)
-
Pretoria-Noord (1)
-
Montana (1)
-
Menlopark (3)
-
Garsfontein (1)
D-liga deelnemende skole:
-
Waterkloof (8)
-
Centurion (4)
-
Oos-Moot (2)
-
Menlopark (12)
-
Midstream (4)