HENGEL

Armand Juta
Organiseerder
hengel@oos-moot.co.za

🎣 Varswaterhengel by Hoërskool Oos-Moot

🎯 Waarom Hengel?

Varswaterhengel ontwikkel:

  • Fokus en konsentrasie

  • Tegniese vaardighede

  • Geduld en volharding

  • Bewustheid van en respek vir die natuur

Hoërskool Oos-Moot is trots daarop om hierdie sport aan te bied en geleenthede te skep waar leerders hulle talent op nasionale vlak kan uitleef.


🐟 Agtergrond

Varswaterhengel is ‘n unieke en ontspannende sportsoort wat tegniese vaardigheid, geduld, en ‘n liefde vir die natuur vereis. Hierdie aktiwiteit leer leerders waardevolle lesse soos deursettingsvermoë, strategiese denke en respek vir die omgewing.

Hoërskool Oos-Moot het reeds in 1992 gespog met ’n hengelspan wat aan skolekompetisies deelgeneem het. Twee lede van daardie span het Noord-Transvaal erekleure verwerf. Die 1992-span het bestaan uit: Bernadette Porteous, Johnny Steyn, Jan Kockt, Stephen Porteous, Onderwyser: Martin Kapp, (Afwesig op spanfoto: Daphne Botes) en die spanbestuurder: Mnr. Fanie Steyn.


🌍 Wat is die Skoleliga?

Sedert 2023 neem Oos-Moot deel aan die Gauteng-Noord Varswater Oewerhengel Skoleliga. Hierdie liga val onder die sambreel van SAFBAF (South African Freshwater Bank Angling Federation), wat hengel as ’n georganiseerde skolesport bevorder en spanne die kans bied om tot op nasionale vlak te vorder.

In hierdie kompetisie kwalifiseer die top 2 spanne in die liga vir die Kampioen van Kampioene-toernooi, waar hulle teen ander provinsiale topspanne meeding.

Meer oor SAFBAF: www.safbaf.org.za


🏆 Prestasies

2025 – ’n Rekordjaar

  • Die 1ste hengelspan eindig 2de in die liga – ’n historiese prestasie.

  • Vir die eerste keer ooit word ’n Oos-Moot-span gekies om aan die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe deel te neem.

  • Meisies maak ook golwe:  Tracey Lee Homan behaal 2de plek in die B-afdeling vir meisies.

  • 🎣 Individuele uitsonderlike prestasies:  Tracey Lee Homan – 1ste in Liga 1, Juandré Coetzee en Reuben van Blerk – 2de in Liga 1 en beide gekies vir Kolgooi SA’s.

  • SA Hengelkampioenskap-span (Oos-Moot):  Eben Koen, Migual Schoeman, Reuben van Blerk en Juandré Coetzee.

2023

Oos-Moot se gemengde spanne dring deur na die Kampioen van Kampioene-toernooi en die volgende leerders verwerf provinsiale kleure:  Christo Badenhorst, Eben Koen, Reuben van Blerk, Bianca Grundlingh, Lunette Calitz, Corlene Coetzee en Juandré Coetzee.