Die geliefde MootGenoot, ons eie skoolkoerant, is terug met ’n splinternuwe baadjie!
Kom lees meer oor Foonvry Oos-Moot, ontmoet ons paartjie van die uitgawe, en vind uit wat alles in Oos-Moot se kosblikke skuil. Hierdie uitgawe is propvol interessante onderhoude met ons onderwysers en leerders – én jy kan groot wen!
Neem deel aan ons MootGenoot-kompetisie en staan ’n kans om ’n Oosie Kafeteria-geskenkbewys ter waarde van R150 te wen!
Sport, kultuur, akademie, praktiese raad – en natuurlik ’n paar goeie grappies – ons het dit alles!
Moet dit nie misloop nie – lees die elektroniese weergawe!