RASIELEIERS

OOSIE RASIELEIERS BEHAAL TWEEDE PLEK TYDENS IFAA FINAAL EN VERWERF SA KLEURE 2025!

Me Z Jv Rensburg
Organiseerder
z.jansevanrensburg@oos-moot.co.za

Oosies se Rasieleiers!

Wat is Rasieleiers?

Die Rasieleiers van Hoërskool Oos-Moot is die skool se offisiële cheerleaders – ’n energieke en talentvolle groep jong meisies en seuns wat ons skool se gees en trots oral waarneem. Hulle kombineer dans, akrobatika en spanwerk om by sport- en kunsgeleenthede op te tree, en hul doel is om entoesiasme, motivering en spangees aan leerders en toeskouers oor te dra. Rasieleiers is dus nie net dansers nie, maar ambassadeurs van skooltrots en kultuur.

Oor die Rasieleiers

Die Rasieleiers bestaan sedert 2012 en het oor die jare hul plek by Oos-Moot gevestig. Die groep het oorspronklik net uit dogters bestaan wat ’n passie vir dans gehad het, en was daarom van die begin af sterk dansgeoriënteer. Seuns is intussen ook by die span gevoeg en so het hul ‘n hele nuwe baadjie aangetrek.

Dit is ’n borrelende groep jong meisies en seuns wat ons skool se naam hoog hou. Hulle sit heelwat tyd en moeite in voorbereiding, en ons is ongelooflik trots op hulle en hul afrigters.

2025 Prestasie

Ons Rasieleiers het weer bewys wat harde werk en dissipline kan bereik:🌟 IFAA-finaal 2025 – behaal ons die 2de plek en verwerf Suid-Afrikaanse kleure

✨ Hierdie indrukwekkende prestasie is die vrug van ure se harde werk, dissipline en lang kompetisiedae.