SKAAK

'N OOSIE KWALIFISEER VIR EN EINDIG 7DE TYDENS DIE VIR DIE SOUTH AFRICAN JUNIOR CLOSED CHESS CHAMPIONSHIP 2025 MET 'N MOONTLIKHEID OM SA IN 2026 BY DIE COMMON WEALTH GAMES TE VERTEENWOORDIG!

Oosies se skaakspan verower die silwermedalje tydens die 2025 NWU-reeks en twee van ons spelers word aangewys as bordwenners!

Bonicia du Toit (gr.11) lewer uitstekende skaakprestasies met ‘n uitnodiging na die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe (SAJCCC) waar sy 2de in Gauteng, en eerste in Tshwane vir o.20 meisies eindig. Met haar deelname aan die SAJCCC eindig sy 7de in die o.20 meisiesafdeling en ontvang haar nasionale kleure.  Sy kom ook in aanmerking om deel van die nasionale span te wees wat in 2026 aan die Statebondspele (Common Wealth Games) in Glasgow, Skotland gaan deelneem

Lees die artikel oor Bonicia du Toit in die Pretoria Moot Rekord gedateer 28 Februarie 2025 (bladsy4)

NWU-reeks silwer medalje vir Oos-Moot – Artikel in die Citizen

Mnr A Stolp
Organiseerder
skaak@oos-moot.co.za

♟️ Skaak by Hoërskool Oos-Moot – Strategie, fokus en uitnemendheid op elke bord

Skaak is veel meer as net ’n bordspeletjie – dit is ’n intellektuele sport wat logiese denke, probleemoplossing, konsentrasie en selfdissipline ontwikkel. By Hoërskool Oos-Moot groei skaak jaarliks in gewildheid én in prestasie. Ons trotse skaakprogram weerspieël die skool se strewe na uitnemendheid, of jy nou ’n nuweling of ’n meester-in-wording is.


🧠 ’n Passievolle afrigter is die dryfkrag agter die sukses – Christiaan Linde oud-Oosie ploeg terug!

Ons skaakspelers se uitsonderlike prestasies het nie vanself gekom nie. Die enjin agter hierdie opbloei is die afrigter Christiaan Linde (trotse oud-Oosie) en sy afrigtingspan.  Christiaan het ‘n onafhanklike skaakonderneming Yes4Chess gestig en rig weekliks sowat 300 leerders af. Hoewel sy onderneming by verskeie hoërskole en gespesialiseerde instellings soos Unica – skool vir leerders met outisme betrokke is, beskou Christiaan sy alma mater, Hoërskool Oos-Moot, as sy vlagskipprojek – die plek waar hy skool gegaan het en nou met trots terugploeg.

Christiaan en sy span fokus ook op die ontwikkeling van skaak in verskeie skole in die omgewing, insluitend Laerskool Villieria, Voorpos, Pierneef en Eduplex – belangrike voedingskole vir Oos-Moot.  Hy is sedert sy matriekjaar betrokke by skaakafrigting en het onlangs ‘n lang gekoesterde droom verwesenlik deur ‘n jeugprogram tot stand te bring by die Pretoria Skaakklub – die oudste van sy soort in Suid-Afrika. Hier bied hy en sy span gevorderde, individuele aandag aan jong spelers in ‘n omgewing waar toewyding en entoesiasme hand aan hand gaan.

Yes4Chess se afrigters is jonk, idealisties en gee doelgerigte aandag aan elke leerder, maar sonder om die emosionele welstand van die kind prys te gee. Christiaan glo vas dat die vreugde wat beide afrigter en leerder uit skaakonderrig put, die geheime wapen van hul sukses is.

Die ondersteuning van die skoolgemeenskap, asook die betrokkenheid van ouers en voogde, speel ‘n onmisbare rol in die sukses van skaakontwikkeling.

🌐 www.yes4chess.co.za


Oefentye

Dae : Dinsdae en Donderdae

Tyd : 14:00 tot 16:00

Plek : K81


🏆2025: ’n Veelbelowende seisoen

In April 2025 het Hoërskool Oos-Moot geskiedenis gemaak toe die skool sy eerste nasionale skaakspeler opgelewer het. Skaars twee weke later het Oos-Moot se skaakspan ‘n silwermedalje verower by die gesogte NWU-reeks in Potchefstroom – ‘n toernooi waaraan van die top hoërskole in die land jaarliks deelneem. Verskeie bekende skaakskole moes dié keer die knie buig voor Oos-Moot se nederige, maar uiters bekwame span.

Reeds vroeg in die 2025-seisoen is Oos-Moot se skaakprestasies indrukwekkend:

  • ♟️ Bonicia du Toit (Gr. 11) kwalifiseer vir die South African Junior Closed Chess Championship 2025 en eindig 7de algeheel – ’n uitsonderlike prestasie.

  • 🏅 Bonicia ontvang nasionale kleure en staan ’n moontlike verteenwoordiging by die 2026 Commonwealth Games te wag.

  • 🥈 Tydens die 2025 NWU-reeks behaal die skaakspan ’n silwermedalje.

  • 🏆 BordwennersBonicia du Toit (Gr. 11) en Ryan Berry (Gr. 9)

‘n Artikel oor hul sukses verskyn selfs in The Citizen.


🏅 2024: Volgehoue groei en prestasie

Die 2024 NWU-reeks bevestig Oos-Moot se posisie as ‘n sterk skaakskool:

  • 🥈 2de plek in Groep A met 28 uit 40 punte

  • 🥉 3de plek in die uitspeelrondtes, agter Waterkloof (1ste) en Menlopark (2de)

Individuele toekennings:

  • 🏆 Steven Acker – Beste speler op Bord 8

  • 🏆 Bonicia du Toit (Kaptein) – Beste speler op Bord 5

🥇 Gauteng Inter-streekkampioenskappe

Oos-Moot se skaakspelers het besonder goed presteer tydens die Gauteng Inter-streekkampioenskappe, waartydens ses streeks- en ouderdomspangevegte oor vyf rondtes plaasgevind het.

🏅 Goue medaljes – 1ste plekkeSteven Acker (o.16), Eduan Wolfaardt (o.16), Tiaan Stolp (o.16), Albert Durand (o.18), Brendo van Zyl (o.18)

🥈 Silwermedalje – 2de plekBonicia du Toit (o.18)


🎓 Waarom skaak?

Skaak is ’n unieke sport wat intellektuele vaardighede kweek wat leerders in alle aspekte van hul akademiese en persoonlike ontwikkeling bevoordeel:

  • 🧩 Logiese en kritiese denke

  • 🧘‍♀️ Fokus en geduld

  • 🗣️ Etiese mededinging en respek vir teenstanders

  • 👥 Bevordering van spanidentiteit en samewerking tydens spanligas


By Hoërskool Oos-Moot is skaak ’n sport wat denkvermoë vier, en ons spelers bewys jaarliks dat Oosies nie net op die sportveld nie, maar ook op die skaakbord die voortou neem.

Skaakspan:  Eduan Wolfaardt, Bonicia du Toit, Henri Coetzee, Tiaan Stolp, Steven Acker, Nathen van Deventer, Ryan Berry, Larochelle Jordaan, Charne Raubenheimer en Johannes le Roux.  Afrigter – Christaan Linde.