🏊♂️ Swem by Hoërskool Oos-Moot
By Hoërskool Oos-Moot is ons toegewyd daaraan om swemmers geleenthede te bied om te groei, ervarings op te doen en hul volle potensiaal te bereik. Gedurende die eerste en vierde kwartaal neem ons aktief deel aan vriendskaplike byeenkomste, wat waardevolle blootstelling bied en die ideale platform skep vir vaardigheidsontwikkeling.
Swem is ’n unieke sport – dit verg individuele dissipline, maar funksioneer binne ’n spanstruktuur. Elke swemmer tree as individu op, waar jou naam, nie net ’n nommer nie, met trots verteenwoordig word. Vir dié paar sekondes in die water dra jy jou skool se naam en trots op jou skouers – elke slag, elke asem, is tot eer van jouself én Oos-Moot.
Elke individuele prestasie is ‘n bousteen in die span se sukses. Meer as net ’n kompetisie, is swem by Oos-Moot ook ’n kultuur van kameraadskap, ondersteuning en deursettingsvermoë. Swemmers leer om mekaar aan te moedig, saam te werk en as ‘n eenheid uit te blink.
🥇 Interhoër 2025 – B-Bond Swemprestasies
Na ’n uitstekende 2024-seisoen het Hoërskool Oos-Moot se swemmers ook in 2025 tydens die B-Bond Interhoër besonder goed presteer. Verskeie individue en spanne het podiumplekke behaal, wat getuig van die harde werk en toewyding van beide swemmers en afrigters.
🌟 Individuele Prestasies:
-
Gert Gelderblom – 🥈 2de plek, 100m vryslag o.19
-
Armand Smit – 🥉 3de plek, 100m vryslag o.16
-
Carmen Stapelberg – 🥉 3de plek, 100m rugslag o.15 én 🥉 3de plek, 50m rugslag
-
Wian Minnaar – 🥉 3de plek, 50m borsslag o.14 én 🥉 3de plek, 50m vlinderslag
-
Megan Kemp – 🥈 2de plek, 50m vlinderslag o.19
🏅 Spanprestasie:
Interhoër 2024 – Uitsonderlike Prestasie
In 2024 het ons swemspan, bestaande uit 24 seuns en 24 dogters, deelgeneem aan die C-liga Interhoër. Die resultate spreek van harde werk, toewyding en passie:
-
Oos-Moot eindig 1ste algeheel in die C-liga met die hoogste puntetelling van die dag.
-
Dogtersspan – 1ste plek algeheel
-
Seunsspan – 2de plek algeheel
-
15 podiumplekke behaal uit die 21 aflos-items!
As gevolg van hierdie puik prestasie sal ons swemspan in 2025 aan die B-Bond deelneem – ‘n groot stap vorentoe!
🌟 Leierskap en Inspirasie
Ons 2024-span is met trots gelei deur:
Hulle het nie net as leiers nie, maar ook as individuele swemmers uitmuntend presteer. Hulle is ware rolmodelle vir elke Oosie wat daarvan droom om in die water uit te blink.