Wat sê ons leerders van die vak
Hoekom Wiskundige Geletterdheid in Graad 10-12 neem?
Wiskundige Geletterdheid is ‘n praktiese vak wat jou toerus om alledaagse situasies soos tariefstelsels, bankstate, rekeninge en inkomstebelasting te verstaan en toe te pas.
Hierdie vak help jou om wiskundige metodes te gebruik om praktiese probleme op te los, wat ‘n waardevolle lewensvaardigheid is. Dit lê ‘n stewige grondslag vir jou toekoms en berei jou voor om finansiële besluite met selfvertroue te neem.
Watter studierigtings kan jy met hierdie vak volg?
Alle rigtings behalwe mediesa, ingenieurswese en argitektuur. Tersiêre instellings organiseer studierigtings in verskeie fakulteite. Met Wiskundige Geletterdheid kan jy studeer in velde soos:
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Geesteswetenskappe
Gesondheidswetenskappe
Ingenieurswese
Regte
Natuur- en Landbouwetenskappe
Opvoedkunde
Teologie
Elke tersiêre instelling het verskillende vereistes. Doen deeglike navorsing om seker te maak jy voldoen aan die toelatingskriteria vir jou gekose rigting.
Handige webwerwe om jou te help:
Noordwes-Universiteit (Pukke): Voorgraadse programme
Universiteit van Pretoria (Tukkies): Voorgraadse programme
CPUT: Vakkombinasies en studierigtings
Universiteit Stellenbosch (Maties): Voorgraadse programme
Hierdie is slegs voorbeelde; daar is baie meer opsies beskikbaar. Neem die tyd om die regte keuse vir jou toekoms te maak.
Watter opwindende loopbane kan jy volg?
Verskillende instansies het verskillende toelatingsvereistes. Dit is belangrik om navorsing te doen en selfs in jou vakansies blootstelling aan verskeie beroepe te kry.
Van die beroepe waarvoor Wiskundige Geletterdheid relevant is:
Logistiek: Vervoer- en verskaffingskettingbestuur
Toerisme: Hotel- en gasvryheidsbestuur
Bemarking: Verkope en kliëntediens
Joernalistiek: Verslaggewing en redigering
Verpleging: Pasiëntesorg en administrasie
Grafiese Ontwerp: Digitale en drukmedia
Landbou: Bestuur van landbou-ondernemings
Vir ‘n meer volledige lys, besoek Career Planet en ondersoek beroepe wat Wiskundige Geletterdheid vereis.
Watter onderwerpe word in hierdie vak gedek?
Die vak fokus op praktiese toepassing en word in vier hoofafdelings verdeel:
Finansies: Belasting, finansiële dokumente, begrotings
Kaarte en voorstellings: Kaartskale, modelle, beplanning
Meting: Oppervlakte, omtrek, volume, temperatuur, gewig, lengte
Datahantering en waarskynlikheid: Insameling, verwerking, ontleding en voorstelling van data asook statistiese metodes soos modus, mediaan, gemiddelde en variasiewydte
Vir ‘n meer gedetailleerde beskrywing van die leerplan, raadpleeg die CAPS-dokument vir Wiskundige Geletterdheid.
Watter tipe leerder geniet hierdie vak?
Hierdie vak is perfek vir leerders wat hou van praktiese probleemoplossing en wat nie noodwendig ‘n passie vir abstrakte wiskunde het nie.
Kenmerke van ‘n suksesvolle leerder
Verkies toepaslike, werklike situasies bo teoretiese konsepte
Hou daarvan om praktiese probleme op te los
Wil beter verstaan hoe finansies en wiskunde in die regte wêreld werk
Die doel van Wiskundige Geletterdheid is om leerders toe te rus met wiskundevaardighede wat noodsaaklik is vir die daaglikse lewe, soos om begrotings te bestuur en finansiële besluite te neem.
Leerders word aangemoedig om konsekwent te werk, aangesien die vak gereeld toets-gebaseerde assessering insluit.
Aanbevelings vir leerders wat hierdie vak wil neem
- Leerders met 50% of minder vir Wiskunde in Graad 9 word aangeraai om Wiskundige Geletterdheid te oorweeg.
- Sukses in hierdie vak hang af van toewyding en begrip, nie net memorisering nie.
- Effektiewe klaskamerwerk verminder die behoefte aan ekstra ure huiswerk.
- Dit is maklik om Wiskundige Geletterdheid te slaag, maar moeilik om uitmuntend daarin te presteer—werk dus van die begin af hard.
As jy gestruktureerd en doelgerig werk, sal jy sukses behaal in hierdie vak en ‘n soliede fondament hê vir jou toekoms.
Slaagvereistes
Graad 8 en 9 – 40%
Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40 % of drie ander vakke 30%