WOLKSKOOL

Toegang tot Die Wolkskool: ’n Aanvullende Hulpmiddel vir Akademiese Sukses

Wat is Die Wolkskool?

Die Wolkskool is ’n gevorderde aanlyn leerplatform, ontwikkel deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), en is sedert September 2021 beskikbaar aan al ons leerders by die skool.

Die platform bied:

  • 🎥 Videolesse

  • 📄 Werkkaarte

  • 📝 Assesserings
    Al die inhoud is deur ervare en gekwalifiseerde onderwysers ontwikkel, en is volledig in Afrikaans beskikbaar.

🔹 Belangrik: Die Wolkskool vervang nie die rol van ons onderwysers nie. Dit dien as ’n aanvullende hulpmiddel, veral vir leerders wat akademiese tyd verloor het of konsepte wil hersien.


BELANGRIKE KENNISGEWING – 30 MEI 2025

Beste Wolkskoler
Ons wil jou graag inlig dat die Wolkskool-toepassing (App) op 30 Mei 2025 gestaak sal word. Maar moenie bekommerd wees nie — ons het opwindende verbeteringe aan ons webwerf aangebring wat jou leerervaring verder sal verryk. Die webweergawe gebruik net soveel data soos die app, en bied boonop meer voordele.

Ons verstaan dat jou kind se veiligheid en leerproses vir jou uiters belangrik is – dit is vir ons ook. Daarom het ons nie net dieselfde hoë sekuriteitstandaarde gehandhaaf nie, maar dit selfs verder versterk op die webblad. Julle kan met volle gemoedsrus weet dat ons stelsel voldoen aan streng databeskermingsmaatreëls en ’n veilige, kindervriendelike leeromgewing bly.

Waarom ons die app afskakel en oorgaan na die webwerf:

  • ✅ Die webwerf bied meer funksionaliteite as die toepassing

  • 📱 Dit is volledig mobile friendly, wat beteken jy kan dit maklik op enige toestel gebruik

  • ⚙️ Dit verseker ‘n meer naatlose leerervaring sonder opdaterings of tegniese beperkings van die toepassing

Ons nooi jou uit om nou reeds oor te skakel na die webweergawe en sonder onderbreking aan te hou leer. Teken eenvoudig in met jou bestaande gebruikersnaam en wagwoord by:

👉 https://vraagbank.wolkskool.co.za/v2/teken-in

Volg hierdie eenvoudige stappe vir die beste ervaring op jou selfoon:

  1. Besoek https://vraagbank.wolkskool.co.za/v2/teken-in in jou selfoon se webblaaier

  2. Teken in met jou bestaande besonderhede

  3. Voeg Wolkskool by jou tuisskerm:

    • 📱 iPhone/iOS: Klik op die Share icon en kies “Add to Home Screen”

    • 📱 Android: Klik op die  Menu icon en kies “Install App” of “Add to Home screen”

Hulp nodig?
Ons is hier om te help! Kontak ons gerus by wolkskool@skole.co.za met enige vrae of onsekerhede.

Dankie dat jy deel is van die Wolkskool-gemeenskap. Ons sien uit daarna om jou leerreis op die webweergawe voort te sit!

Vriendelike groete

Die Wolkskool-span


Rol van die Skool en Onderwysers

  • Die skool betaal die volle koste vir elke leerder se registrasie.

  • Onderwysers gebruik Die Wolkskool aktief in hul klaskamers om leemtes in kennis te identifiseer en daarop te fokus.

  • Sommige van ons eie onderwysers dra by tot die inhoud op die platform.


Voordele vir Leerders

  • Leerders kan lesse herhaal soveel keer as nodig.

  • Werk teen hul eie tempo, op hul eie tyd en vanaf enige plek.

  • Ouers ontvang weeklikse vorderingsverslae per e-pos, wat insig gee in hul kind se gebruik en prestasie.


Koste en Data

  • 💰 Geen ekstra koste vir ouers nie – die skool dra die volle bedrag.

  • 📱 Elke leerder ontvang 2 GB gratis data per maand, slegs vir gebruik op Die Wolkskool.


Registrasieproses

Indien ’n leerder nog nie ’n profiel het nie, volg asseblief hierdie stappe:

  1. Besoek https://wolkskool.co.za/sluit-aan

  2. Kies “Leerder” as jou rol.

  3. Voltooi die leerder se:

    • Naam en van

    • E-posadres (gebruik die leerder se skool-e-pos)

    • Wagwoord (minstens 8 karakters, met ten minste 1 hoofletter, 1 spesiale karakter en 1 nommer)

  4. Klik op “Skep rekening”.

  5. Voltooi al besonderhede op die volgende skerm:

    • Leerder se inligting

    • Ouer/voog se inligting

    • Kies graad

  6. Vul asseblief die korrekte ID-nommer van die leerder in, soos dit op die geboortesertifikaat verskyn. (Hierdie ID-nommer word gebruik om die leerder met die skool te koppel.)

🎥 Let wel: Die video’s wat in die klaskamer gebruik word, is te vinde onder:
“Inhoud” > “Wiskunde vir die omgekeerde klaskamer”


Belangrik

Leerders moet hul eie e-posadres en wagwoord onthou. Dit is nodig vir elke aanmelding op die platform.


Laat weet gerus indien u hulp benodig met registrasie of toegang. Saam bou ons aan sterker akademiese selfvertroue en sukses!

Mnr D Snyman
Wolkskoolregistrasies
h.snyman@oos-moot.co.za